Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
LET WEL:

MyNuus24 is 'n afdeling vir gebruikersgegenereerde inhoud op Nuus24. Die afdeling se stories word deur lesers verskaf.

 
AntonJJansen
 
Menings: 22
Artikels gelees: 871
 
 
Jongste kentekens:

 
Sien al AntonJJansen se kentekens.
 

‘Moet nie almal oor selfde kam skeer’

29 January 2013, 07:33

Ons is almal mense, en omdat ons mense is, gaan ons almal op een of ander stadium deur dieselfde struwelinge van pyn, hartseer, blootstelling aan kritiek ensovoorts. Dis net dat dit my wil voorkom asof ons uitgewekenes in die buiteland meer as ander mense hieraan blootgestel word, en daarvoor is ek nou al – om die minste op die mooiste manier beskikbaar te sê – uiters keelvol.

Sonder skroom word ons aangeval as die landsverraaiers wat nie die “punch” kan vat nie; en dat ons ons bietjie goedjies bymekaar grawe om op die eerste, beste vlug landuit te gaan. Wanneer ons ‘n simpatieke oor nodig het, kry ons dit nie sommer nie, want, sê die agtergeblewenes, ons verdien ons pyn; ons wou mos gaan soek vir groener weivelde!

Maak ons ons monde oop oor die politieke en ekonomiese aangeleenthede in Suid-Afrika, word ons vermaan dat ons maar eerder moet stil bly, want ons het ons reg tot ‘n opinie opgegee die dag toe ons met die stert tussen die bene gevlug het. Die veronderstelling is dat slegs die agtergeblewenes ‘n reg tot ‘n opinie het. Dis duidelik in koerantkommentaar hoe ons aangeval en verneder word, bloot omdat ons ‘n ander heenkome gesoek het; maar niemand verstaan (of gee om) oor ons redes nie. Vir hulle is ons verraaiers – uit en klaar!

Dan is daar diegene wat ons SAFFA’s weer aanval omdat ons nooit ons “b*kke oopmaak” om die gehawende toestande in die land onder ander se aandag te bring nie. Dit sien ek nou weer met ‘n onlangse artikel oor Charlize Theron wat Jacob Zuma (let wel, ek gebruik nie sy titel nie, want volgens my verdien hy dit nie) in Davos, Switserland tydens die Wêreld Ekonomiese Forum ontmoet het, en om dinge te vererger, nog saam met hom op ‘n foto verskyn. Mense sê sy’s kommin, sy gee nie om vir haar land nie (natuurlik gee nie een van ons landsverraaiers om vir ons land nie!), en dat sy ‘n skande vir Suid-Afrika is en nog talle ander negatiewe kommentaar volg. Verder word sy aangeval omdat sy ‘n enkel-ouer is en ‘n swart kind aangeneem het. “Hoekom nie ‘n wit kind nie?” word daar gevra. Of, “Wat probeer sy nou eintlik bewys? Daar is honderde verarmde wit Suid-Afrikaanse kinders vir wie sy kon aanneem.”

Mense is kwaad, ja! Mense is ongelukkig, ja! Mense soek rede om hulle frustrasies op ander uit te haal, ja! En, ongelukkig is ons landsverlaters die objek hiervan. Soos Apartheid blameer word vir als wat verkeerd gaan, word ons buitelandse Suid-Afrikaners oor dieselfde kam geskeer.

My vraag is: wanneer wen ons vir ‘n slag? As ons ons monde oopmaak om iets te kritiseer wat nie goed is nie, word ons uitgejou as slegte honde wat verdien om in ellende te lewe – ‘n lewe vol luise en vlooie, want ons het mos daarvoor gesoek. Aan die ander kant, as ons ons monde NIE oopmaak nie, word ons ook uitgejou en veroordeel as slegte Suid-Afrikaners wat nie welkom is in die land nie; en dat ons maar moet bly waar ons is. Die vraag is: wanneer moet ons praat, en wanneer moet ons stilbly? Van ons word verwag om op te tree as ambassadeurs van ons land, maar ons word nie ‘n ordentlike kans daartoe gegun nie.

Ek het in ‘n onlangse skrywe van my vertel van my vrees vir my komende vakansie in Suid-Afrika, en als wat daarmee gepaard gaan – veral vrees vir geweld, en selfs daar het kommentaar gewissel van “ag, dis nie so erg nie” (hoekom moet ek, Charlize of enige ander expat dan die moeite doen om ons land te verdedig?) tot “ons het nie negatiewe Suid-Afrikaners in die land nodig nie.” Dan word daar voortborduur hoe ek maar moet bly waar ek is, want ek is mos “gelukkig” hier!

Wat is die eintlike situasie dan regtig in Suid-Afrika? Moet ons as uitgewekenes ambassadeurs vir ons land wees, of moet ons eerder ons bekke hou? As ons in die buiteland toegelaat word om te stem waar ons is, sal ek sonder twyfel my kruisie gaan trek waar ek dit nodig ag. Maar wat kan ek daaromtrent doen as daar van my verwag word dat ek binne die landsgrense moet wees om te mag stem? Dis darem verregaande om van my te verwag dat ek ‘n vliegkaartjie teen R18,000 moet koop slegs om my kruisie te maak. En selfs al trek ek die kruisie, sal ek nogsteeds net ‘n buitelandse hond wees.

My gebed vir 2013 is dat mense in Suid-Afrika ons minder stief behandel, en ons ‘n regmatige kans te gee tot ‘n gelukkige lewe wat ons verdien. Ons is nie straathonde met ‘n ongeneeslike velsiekte nie!

Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.
 
Share Print

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
22 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Lees meer van ons Gebruikers

Gelaai deur
Barend
Die voortslepende drama

Corlea Botha gaan nog baie sukses beleef omdat sy ekstra moeite doen om haar musiek interessant te maak, skryf ’n leser. Lees meer...

0 menings 162 keer gelees
Gelaai deur
Tanya Jordaan
Laat geregtigheid geskied

Geen onskuldige man moet boet vir ’n daad van ander nie, maar so ook moet geen moordenaar en verkragter los kom deur swak ondersoek nie, skryf ’n leser.  Lees meer...

0 menings 126 keer gelees
Gelaai deur
Johan Jacobs
‘Bring die lat terug’

’n Pakslae in skool is soos die dood straf. Toe dit weg val toe is die kinders baas met hul eie regte, meen ’n Nuus24-leser.  Lees meer...

11 menings 334 keer gelees
Gelaai deur
Fanie.Os.Oppie.Jas
Oor die tekens van die tyd

Daar kom ‘n tyd in elke mens se lewe dat hy moet erken dat die tekens van die tyd deeglik sigbaar is... Lees meer...

9 menings 895 keer gelees
Gelaai deur
Simon Riekert
Stormers se selfgeskepte nagmerri...

Die feit dat Allister Coetzee te versigtig is om harde besluite te neem, kan sy ondergang beteken, skryf ’n leser. Lees meer...

3 menings 494 keer gelees
Gelaai deur
Morgan
Natuurrampe ’n groot tragedie

Dié leser is bly dat natuurrampe nie so gereeld hier voorkom nie en hoop dat ’n groot natuurramp SA nooit sal tref nie.  Lees meer...

5 menings 210 keer gelees

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

CCTV Controlroom Operator

Rustenburg
Bitz Technologies
Market Related

Management Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town Engineering
R750000 - R800000

VB Developer

Sandton
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!
 

dienste

Nuusbriewe Kies wat jy wil hê

RSS Nuus eenvoudig afgelewer

Blogs Jou opinie oor alles en almal.

Selfoon Nuus24 op jou selfoon

Oor Ons Ontmoet Nuus24 se span

Nuus24 op jou iPhone Kry Nuus24-inhoud op jou iPhone.

 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.