Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
LET WEL:

MyNuus24 is 'n afdeling vir gebruikersgegenereerde inhoud op Nuus24. Die afdeling se stories word deur lesers verskaf.

 
Hannes du Preez
 
Menings: 6
Artikels gelees: 819
 
 
Jongste kentekens:


 
Sien al Hannes du Preez se kentekens.
 

Middelklas sal ek bly

31 October 2012, 08:03

Jong, ‘n mens kyk nie ‘n gegewe perd in die bek nie; so het my oorle ma altyd gesê. Ek wil egter byvoeg: Daar is perke!

Gebruik jou kop. Moenie blindelings gaan na ‘n plek as jy nie weet wie of wat om te verwag nie…

Dit was juis die geval so 'n paar aande gelede toe ek en my vrou kaartjies gekry het na ‘n modeparade. Drie. Honderd. Rand. Per. Kop. Die prys alleen moes ‘n teken gewees het. Die uitnodigings was baie streng geskryf en het aangedring dat dit ‘n “Black-tie event” sou wees.

So middelklas soos wat ons is, het ons nie geweet dat ons regtig egtig ‘n das moet dra nie.

Dit het ek en my vrou ‘n week geneem om te verseker dat ons twee heel spiekeries sou lyk vir die groot aand. OK, ek het nie ‘n das nie, maar wie gaan nou regtig omgee? Reg.

Saterdag was op ons. Ons moes 18:30 vir 19:00 daar wees. Werk. Huistoe. Ek moes ietsie in my liggaam kry want soos elke Saterdag het ek my kospakkie by die huis vergeet. Hierdie oggend het ek ook, soos die toeval dit wou hê, probleme gehad met my ou tjorretjie. Dit moes ook ‘n teken gewees het.

“Hi liefie” Soentjie op die wang soos gewoonlik.

“Hi my ding!” Groet ek terug.

“Uhm, hier is nie elektrisiteit nie. Dis al heeldag af”

“Brood? Tjippies? Enigiets?”

“Nee, want jy het die beursie saamgevat werk toe.”

My vrou het empatie gehad want kyk, wanneer ons wil eet, dan wil ons eet!

“Jy al ietsie gehad?”

“Nee. Ag, dis OK, vanaand gaan ons lekker vreet!” Ek kon die opgewondenheid in my vroutjie se oë sien oor die driegang maaltyd wat ons later die aand sou verorber. Opgewonde sit en wag ons vir die krag om aan te kom, miskien sou ek darem ietsie van die Curriebeker-finaal kon sien voor ons moes reg maak. Donderweer en flitse en hongerpyne was al wat ons te siene en te hore gekry het.

“Weet jy waar is die plek?”

“Ja, so min of meer, kan nie te moeilik wees om te vind nie.” Ek het die wêreld se vertoue in my vrou se rigtingsensor.

In die kar en daar gaan ons. Altwee met hongerpynglimlaggies en dowe oë wat hoop en bid die kos is al gereed.

By die plek gekom parkeer ons tussen twee groot 4x4’s – die nuwes, daardie Toyotas met al die lekker speelgoed binne-in!

My vrou is al halfpad by die ingang terwyl ek nog die twee 4x4’s bewonder.

“Kom liefie, dit drup.” Vinnig hardloop ek na my vroutjie en gryp haar handjie vas. Sy het baie mooi gelyk. Sy kan altyd so mooi aantrek. Ek, wel, al dra ‘n aap ‘n goue ring…

Maak die deur oop…

“Liefie, is ons in die Hemel?” vra ek haar saggies.

“Nee. Hel.” kom die kortaf antwoord skielik.

“Is dit die regte plek?”

“Beep, ek hoop nie so nie.” Gebruik julle verbeelding vir beep.

“Ek het jou gesê ek moes ‘n das aantrek!”

“Watter das?!”

Uit by die deur. Sigaret in elkeen se mond. Moed geskep. Probeer weer.

Ek (die jintelman) stoot die deur weer oop sodat my vroutjie kan deurstap

“Gôie nônd” kom ‘n stem van bo “liefie ons is in die Hemel! Ek het jou gesê!”. O, dit was ‘n lang man soos in elke vrou se stoute droom.

“Du Preez” antwoord ek hom

“Nee, liefie, hy’t net gegroet.”

“Naand” sê ek maar half beskeie

“Nôm”

“Nommer elf”

“Nou moet jy jou naam sê liefie!”

“Hoe weet jy dit? Watter taal praat die man. Ek dog hy’t ‘n spraakgebrek! Ek het nie geweet jy kan ander tale praat nie. Kan ek Google Translate gebruik?” Kom al my verskonings. Ek wens mense wil in my regteroor in praat!

My vrou doen toe al die praatwerk klaar en daar word ons begelei na ons tafel.

“Nônd” sê almal by die tafel meteens. Ek wou weer sê dit is nommer elf, ek sien die kaartjienommer toe bly ek maar stil.

Soos ons sit, gewaar ek ‘n figuur met ‘n skinkbord.

“Een Castle, en een semi-soet witwyn met Sprite asseblief.”

Die mense by die tafel se oë het my bang gemaak. Wat nog erger was, was elke keer wanneer hulle gepraat het, het hulle monde tuitvormig geraak. Hulle moes seker almal deel wees van dieselfde familie. Wat anders?

Die kelner kom terug met ons goedjies. My vrou sê vir my:

“Liefie, dis ons eerste en laaste drankies.” Ek vang die versteekte boodskap toe ek net R15 kleingeld kry van ‘n R100. Ek dog toe by myself, nou kan ek ook nie eers drink nie. Ek hoop nie die Sharks verloor ook nie, want dan sou hierdie aand ‘n absolute mislukking gewees het! Min het ek geweet...

Die vertoning het begin en niemand het eers gejuig wanneer hul gunsteling op die verhoog verskyn het nie. Toe ons mensie verskyn toe wou my vrou ‘n Mexikaanse golf begin het. Die mense het ons eers erg aangekyk. Toe was ek weer bang.

“Mênse, ons begôn nôu die kôs bedién”

My vrou vryf my been en glimlag, toe weet ek die kos is oppad!

Tien minute later, niks. Twintig, dertig minute later niks!

Ek begin ‘McDonald’s McDonald’s Kentucky Fried Chicken en ‘n Pizza Hut’ neurie, na die 40ste minuut het ek en my vrou dit basies uit volle bors begin sing. Die bangmaakoë het ons weer aangegluur.

Dit het my nogal verstom, die familie wat almal so snaaks praat, praat nie juis met vreemdes soos ek en my vrou nie. Hulle almal kon tog nie net een familie gewees het nie? Dit was van die grootste families wat ek al ooit gesien het! Hoe maak hulle vriende?

Uiteindelik arriveer die kos.

Ek dink daar was ‘n smaak van hoender, en daar was aartappels wat amper soos my vrou se potato-bake gelyk het. Dit kon nie wees nie, want die spyskaart het van ander aartappels gepraat...

Die kos was nie genoeg nie. Daar was nie meer alkohol nie (en die in my yskas was ook seker nou te warm!). Ek moes vlug!

Drie ure later, na alles, oppad McDonald’s toe dink ek by myself: Ek as uitgaande mens hou van praat. Hoekom het die mense aan ons tafel niks te sê gehad vir ons nie. Was dit omdat ek nie ‘n das aangehad het nie? Hoe kon hulle die kos prys en hulle magies vryf so asof hulle te veel gehad het?

Was ons dan so kômmin omdat ons onsself wou geniet?

By die huis het die vrae my nie meer gepla nie, want: So moeilik soos wat dit was, het ek ‘n vriend ondersteun wanneer hy dit die nodigste gehad het. Dis tog al wat saak maak aan die einde van die dag – maak nie saak watter weergawe van Afrikaans jy praat nie, of hoe?

Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.
 
Share Print

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Lees meer van ons Gebruikers

Gelaai deur
ChristovdM
Waaroor die histerie?

Waarom is daar mense wat vordering op wetenskaplike gebied as ‘n aanslag op die Christendom sien?  Lees meer...

13 menings 120 keer gelees
Gelaai deur
Wouter Willemse
Waar is julle trots?

Halfkaal foto's, danse en bier. Hoe ver sal studente gaan om die beste te wees en weet ouers wat hul kinders doen? ’n Leser deel sy mening. Lees meer...

21 menings 883 keer gelees
Gelaai deur
Simon Riekert
Die Springbokke speel vir almal

Daar is verskeie tipes rugbyondersteuners, maar die Springbokke speel vir almal, skryf 'n Nuus24-leser. Lees meer...

2 menings 135 keer gelees
Gelaai deur
ChrisAkkedis
Is jy ‘n internet trol?

‘n Internet trol ‘n wrede en kwaadwillige gebruiker wat 'n aanlyn-gemeenskap besmet met haat en verdeeldheid, skryf ’n leser. Lees meer...

59 menings 650 keer gelees
Gelaai deur
pieterpompies
Ons is ’n kwesbare spesie

Ten spyte van ons eie subjektiewe opinie oor ons self, is ons maar uiters gemiddeld wat vermoëns betref...  Lees meer...

16 menings 245 keer gelees
Gelaai deur
Wouter Willemse
Kommentaar of commin-taar?

Kommentaar is die geleentheid om standpunt te deel en jou insig te toon, nie om ander aan te val nie... Lees meer...

7 menings 256 keer gelees

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!
 

dienste

Nuusbriewe Kies wat jy wil hê

RSS Nuus eenvoudig afgelewer

Blogs Jou opinie oor alles en almal.

Selfoon Nuus24 op jou selfoon

Oor Ons Ontmoet Nuus24 se span

Nuus24 op jou iPhone Kry Nuus24-inhoud op jou iPhone.

 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.