Facebook sit my af. Altans, die mense op gesigboekie sit my af.
‘n Mens kan net soveel keer hoor wanneer iemand gebollie het. Ek stel regtig nie belang of jou bollie oranje (nogal), groen, of roesbruin is nie.
Nou, kom ek verduidelik.
Ek wil nie elke aksie weet nie. Daar is goenoegsame privaatheid strukture in plek. Ja, jou eerste kind se bollie is seker cute, maar is dit regtig nodig om die kleur daarvan uit te basuin vir almal?
Ek gee nie om of jy nou in die Wimpy sit nie.
Ek gee nie om wanneer jy vassit in verkeer nie – jy moet bestuur, nie Facebook nie.
Ek is ook seker skuldig aan sommige dingetjies wat ek uitbasuin. Dis seker ook so.
Maar, ek kan darem ordentlik spel. Ek het nie ‘n graad in kriptologie nie, hoekom voel dit asof meeste mense in hiërogliewe skryf. Mxit, BBM en WhatsApp is ook groot sondebokke.
Vandat hulle in ons lewens gekom het moet ons almal nuwe tale byleer net om te verstaan dat jy nou net op die toilet was.
Dit maak ons ook luier. In plaas van om te gesels, sit en tik ons die heel tyd. Dit sit my verskriklik af as jy by my kom kuier, maar jy gesels net om jou foon, oor allerhande ditjies en datjies. Almal lyk soos zombies. Almal skryf soos invalides. Almal begin meer en meer moronies word. Is dit nie hartseer nie?
Ek hou van gesigboek, maar ek het nie genoeg vriende om almal te blok nie. Ek wil ook nie, want ek wil graag weet wat aangaan met mense wat vir my belangrik is, maar tot op ‘n punt.
Ek gaan nou bollie, en ek hoop nie dis weer mostert-geel nie...
GESELS SAAM: Het jy ’n Facebook-profiel of stel jy nie daarin belang nie? Deel jou mening hier of laai dit hier.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.