Julius Malema se optrede(s) en toesprake is kennend van die van die hedendaagse jeug.
Respek en eerbied vir die oues, die met ervaring, kennis en insig en bowenal geduld en verdraagsaamheid teenoor andere se gevoelens en opinies, word nie in berekening gebring of oorweeg, wanneer dit kom by hulle menigs en uitsprake nie.
Alles moet summier aangepak word op hulle manier of soos hulle dink dit moet, sonder dat die nagevolge van hul aksies en woorde deeglik oorweeg en oordink word. Wat dink die "oud-stryders" teen apartheid van die gedrag van Julius Malema, die geroof van regeringslui, korrupsie, bedrog en alles wat vandag (negatief) sinoniem aan die Suid-Afrikaanse regering is?
Waar is die drome of vooruitsigte; ('n Suid-Afrika wat nie so verkrag word soos dit vandag gebeur nie) waarvoor hulle geveg en gely het?
Nelson Mandela het meer as sy deel gedoen; en blykbaar het Malema en sy gevolg net so min of geen agting vir wat hy moes deurmaak, sodat hy (Malema) vandag sy groot smoel elke keer kan oopmaak en kwaad stook waar hy ookal gaan, nie.
Wat dink Cyril Ramaphosa, Jay Naidoo, Pallo Jordan, en dies meer? Al stem wat ons nou nog hoor in die woestyn van korrupsie, lieg en bedrieg, omkopery, geldwassery en wat nog, is die van emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu
Die houding van die jeug suurdeeg deur na die onderwys/ opvoeding waar die leerder(s) niks daarvan dink om hul opvoeders en selfs ouers teen te gaan en selfs fisies aan te rand nie. Tuis het ouers min of geen gesag meer oor die kind nie; (gevalle waar die kind so jonk as 10 - 12 jaar oud is, is nie meer iets nuuts nie)!
Waarom is hierdie oud-stryders so stil? Dit is waar dat dit bykans 'n onbegonne taak is om iemand te leer wat nie geleer wil word nie en Malema is duidelik so 'n soort persoon; maar iewers is/ sal daar 'n wyse gryse wees wat hom in die bek kan ruk en hom kan wys op die dwaasheid van sy wee!
Moontlik is daar van die wyse oud-stryders wat aan hom kan verduidelik waaroor hulle stryd eintlik gegaan het; want hy sit voorwaar die pot ver mis. Miskien is daar êrens iemand wat hom eenkant toe kan neem en wys op die Bybelse spreuk: "My seun luister na my raad en slaan ag op my vermanings...."
Of daar wel gehoor gegee gaan word, is weer 'n ander storie, want met die afskaffing van lyfstraf, was daar weereens bewys dat daar maar min/ geen ag geslaan op die skrifgedeelte wat dit stel: "Spaar die roede nie...."
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.