’n Leser vertel van die drama op die strand in Jeffreysbaai...
'n Sewe-en-twintigjarige onbekende man het verdrink nadat hy 'n ander vroulike swemmer gered het wat in die moeilikheid beland het in die water by die hoofstrand van Jeffreysbaai.
Die NSRI het met waterponies en swemmers alle pogings aangewend om die persoon of lyk te bereik.
Een van die persone wat die verrigtinge dopgehou het vanaf die strand was 'n lewensredder wat nog weier om te werk nadat gesprekvoering met die Kouga-burgemeester Vrydag onsuksesvol was.
"Hoe kan die burgemeester ons vra om ons salarisse aansienlik te verlaag terwyl ons reeds sukkel net om ons salarisse uitbetaal te kan kry. Dit is wat nou gebeur as daar nie lewensredders op diens is nie," was sy verbitterde kommentaar.
Hy wou nie homself bekend stel nie uit vrees vir viktimisasie.


(Foto's: chris11)
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.