Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
LET WEL:

MyNuus24 is 'n afdeling vir gebruikersgegenereerde inhoud op Nuus24. Die afdeling se stories word deur lesers verskaf.

 
Storieman
 
Menings: 3
Artikels gelees: 337
 
 
Jongste kentekens:

 
Sien al Storieman se kentekens.
 

Lewenspad na nêrens

27 February 2013, 07:15

Daardie een spesifieke lente-oggend was seker die naaste aan 'n perfekte Kalaharidag wat daar kan wees. Die lug is blouer as blou, die geelwit sonnetjie bak teen ‘n aanvaarbare temperatuur en die koelerige windjie uit die suide stoot net genoeg om jou te herinner aan die Skepper van Hemelgoed en Stofaarde se alomteenwoordigheid.

Op die winkel se stoepie draal ‘n paar vrouens rond want dis amper weer tyd vir die vroue om bymekaar te kom. Daar waar hul geknakte selfbeelde by wyse van bemoedigende woorde uit Vader se hart sonder enige druk regop gehelp word en dit terwyl die mooiste goeters uit ander se weggooidinge gemaak word.

Ek hou haar wat voorwaar heel te vroeg haar se tienerwees verloor het deur die die kantoorvenster dop. Sy dwaal doelloos en soekend rond so al asof sy verdwaal is. Haar se onversorgde kop hang skuins-skeef en eens trotse jonkwees-skouers verloor ‘n stille stryd teen die swaartekrag. Met verslete skoene laat sy sleepspore na as stille bewys van ‘n ongenaakbare wêreld wat met ‘n wrede spoor haar se binnevoering verbrysel het.

‘n Wrede spoor deurtrek van laakbare gebruike, onbedoelde woorde vol leuens en leë beloftes wat so kenmerkend eie is. Haar aanstap na my werf se kant toe, basuin oor die Kalahari-vlak dat haar kosbare lewensvreugdes deur hierdie brutale spoor vermorsel is. Nou lê waardevolle lewensdrome so ver, so onbereikbaar ver en dit terwyl sy nog ‘n jaar of drie moet wag vir mondigwording.

Die groepie vroue wat om die groot tafelblad sit, kyk verbaas op toe ek haar wys waar hulle weekliks ontmoet. Die meeste van hulle snak so half na hulle asems want niemand het ooit gedink dat sy hierheen sou wou kom nie. Die Mooiste Mooi kyk met kwaai oë na hulle en nooi haar dan vriendelik om sommer daar langs haar te kom sit. “Hopelik Vader, hopelik vandag sal alles draai, hopelik sal die lewe vandag weer vir haar begin sin maak, hopelik sal sy vandag besluit om ‘n pad vol hoop saam met Jesus te stap,” vra ek so in my se binneste-binne en stap dadelik uit.

Rustig speel die musiek in die agtergrond en die Mooiste Mooi vertel ongestoord verder van die Skepper se allesvergewende liefde en genade.

Net so voor die middaguur se uitval, dwing die nuuskierigheid my terug na die groepie toe. Haar verslaentheid en vreugdelose lewensuitkyk het die hele oggend voor my se binneste oog gedraai en ek kon haar nie uit my gedagtes kry nie. Vol verwagting stap ek nader en hoor hoe daar gekoggel en dan hartlik uit die maag vir mekaar gelag word.

Versigtig staan ek nader aan die venster en loer skelmpies na binne. Doodstil, met haar se donker oë stip gefokus, konsentreer sy om ‘n knoop aan die einde van die stringetjie kraletjies wat sy geryg het, te maak. Dan kruip ‘n breë glimlag oor haar se donkerbruin gesig toe die Mooiste Mooi oor haar eie onhandigheid kla. “Dankie, Vader vir ‘n geleentheid wat sy het om tussen ander gebrokenes gesond te word. Ek hoop van harte dat sy vandag goed sal kies. Hoop dat lewensvreugdes vandag ‘n werklikheid vir haar sal wees. Hoop dat sy vandag op ‘n pad van hoop sal besluit,” bid ek in stilte.

Sowat ‘n uur of wat later en die meeste van die vrouens het reeds weer ingeval, maar die jongvroutjie se stoel langs die Mooiste Mooi s’n is leeg toe ons daar aankom. Miskien is sy maar net so ‘n bietjie laat of dalk het haar jongste, wat nog is die doeke is, haar aandag nodig hoop ek terwyl ek besig raak met kantoorwerk. ‘n Rukkie later hoor ek ‘n geskel en ‘n gebaklei buite by die winkel. Ek kyk weer deur die kantoorvenster en is net betyds om te sien hoe sy so ‘n tree of wat nog rondslinger en toe plat in die vaalbruin stof neerslaan. En ‘n ferm koel suidewindjie waai haar leë rooiprop wynbottel saam met vergete lewensdrome wyd oor die vlak heen.

Die die prys van hoop was vir haar voorwaar net te swaar. Nou strompel sy maar steeds weerloos voort op haar eie vernietigende lewenspad na nêrens met kosbare lewensdrome wat nog steeds ... onbereikbaar ver is.

Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.
 
Share Print

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Lees meer van ons Gebruikers

Gelaai deur
Simon Riekert
‘Pierre Spies ‘n regte ysterman’

Dié Nuus24-gebruiker meen Pierre Spies ‘n regte ysterman. Op die veld doen hy sy werk en van die veld af is sy werk sy lewe... Lees meer...

0 menings 192 keer gelees
Gelaai deur
Alicia
‘Ek was amper bokveld toe…’

Haar motor het tot ‘n rukkende stilstand gekom. Toe belsuit sy om die treinspoor te volg en hulp te soek... Lees meer...

0 menings 739 keer gelees
Gelaai deur
Tanya Jordaan
Moet nie ander afjak

Elke dag is ’n stryd om liggaam en siel bymekaar te hou. So moenie mense afjak, jy weet nie watse paadjie daai persoon moes loop nie, skryf ’n leser.  Lees meer...

0 menings 517 keer gelees
Gelaai deur
Sergio Bowkers
‘Wees meer verantwoordelik’

Die lewensgehalte word verhoog en geldsake hou nie by met die vinnig groeiende verhoogde lewensstandaarde, skryf ’n Nuus24-leser.  Lees meer...

0 menings 181 keer gelees
Gelaai deur
KatrinaO
My keuse

’n Leser wonder hoekom ateïste so maklik en vinnig Christene aanval, verkleineer of verkeerd probeer bewys. Wat het geword van wedersydse respek? Lees meer...

0 menings 799 keer gelees
Gelaai deur
Fanie.Os.Oppie.Jas
Oor name, vanne, diere en dorpe

Daar skuil báie agter ’n naam. Veral as jy ’n Afrikaner in Engeland is, skryf ’n Nuus24-gebruiker Lees meer...

0 menings 793 keer gelees

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Sylvia Day se Entwined with You

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Maak onvergeetlike oomblikke joune op DVD en Blu-ray

Ongelooflike winskopie-aanbod – twee vir R99, vir ’n DVD of Blu-ray. Maak onvergeetlike oomblikke in rolprente deel van jou versameling. Koop nou!

Sensasionele besparing op speletjies, nabootsers – bespaar tot 25%

Moenie hierdie fantastiese spesiale aanbod misloop nie: vlieg vliegtuie, wees in beheer van ’n polisiemag in die grootste stede en nog veel meer. Moenie talm nie – die aanbod is net geldig vir ’n beperkte tyd en solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Uitverkoping van huisware – bespaar tot R1000

Daar kan kwalik ’n beter aanbod wees. Bespaar tot R1000 op uitgesoekte toerusting en huisware-produkte. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!
 

dienste

Nuusbriewe Kies wat jy wil hê

RSS Nuus eenvoudig afgelewer

Blogs Jou opinie oor alles en almal.

Selfoon Nuus24 op jou selfoon

Oor Ons Ontmoet Nuus24 se span

Nuus24 op jou iPhone Kry Nuus24-inhoud op jou iPhone.

 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.