Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
LET WEL:

MyNuus24 is 'n afdeling vir gebruikersgegenereerde inhoud op Nuus24. Die afdeling se stories word deur lesers verskaf.

 
barben666
 
Menings: 6
Artikels gelees: 304
 
 
Jongste kentekens:



 
Sien al barben666 se kentekens.
 

Landbou-onrus: ‘n Verspeelde geleentheid vir die ANC

06 February 2013, 12:16

Ek wou eers hierdie skrywe rig aan die minister van arbeid, maar ongelukkig is dit so dat ministers en presidente gewoonlik nie ‘n té lang raklewe het nie.

Vir groter permanensie wil ek liewer graag die ANC met goeie raad bedien, soos in die woorde van Profeet Zuma: Die ANC sal regeer tot Jesus kom!

ANC, om mense se lone vas te stel op R69 per dag terwyl julle self in die uiterste weelde leef was absoluut onverantwoordelik, om dit sagkens te stel. Dit verg nie ‘n siener om te voorspel dat so ‘n karigheid teen die agtergrond van ewigdurende prysstygings ‘n oorvloed plofbare materiaal sou verskaf aan die stoompot wat uiteindelik sy deksel afgeskiet het nie.

Toe begaan julle volgens my ‘n nog groter mistasting, deur die minimum loon vir plaasarbeiders te gaan vaspen op R105, weereens sonder enige voorgevoel vir wat die gevolge daarvan kan wees. Volgens my gaan hierdie verhoging:

- Baie marginale boere uit die besigheid dryf wat

- Boere sowel as arbeiders werkloos gaan laat.

- Groter boere gaan verplig om meer te meganiseer wat

-Tot meer werkloosheid gaan bydra.

- Voedselpryse gaan noodwendig die hoogte inskiet wat

- Inflasie gaan laat styg en

- Die voedsel in- en uitvoermarkte nadelig gaan affekteer.

- Boere en werkers verder van mekaar vervreem.

- En... en... en...

En dis nie al nie! Hoe dink julle, vir hoe lank gaan die arbeiders tevrede wees met hierdie R105? Of gaan julle maar rustig wag tot die pap-pot weer oorkook?

Een van die hoof prioriteite vir julle, die ANC, is om werk te skep vir die massas en met hierdie landbou-onrus moes julle die wegholperd aan die teuels gegryp en tot bedaring gebring het. En dit is glad nie so moeilik soos wat dit op die oog af lyk nie.

Julle moet die boere ‘n aansporing gegee het om liewers meer mense in diens te neem, as andersom. Dit sou julle waaragtiglik reggekry het indien julle die boere sou vra om net ‘n minimale verhoging van R6 tot die minimum loon by te dra om dit te neem tot by R75. Maar hier kom die kinkel in die kabel...

Die regering moet dan self ook verantwoordelikheid neem en die boere ewenaar rand vir rand om die minimum loon vir plaaswerkers so op te stoot na die R150 waarvoor hulle gevra het. Die plaaswerkers is die mense wat met hul loon moet leef en hulle weet wat hulle nodig het.

Dan moet dit gesorg word dat daardie loon tred hou met die inflasie-koers. Daar moet gesorg word dat die plaaswerkers almal gedek is met werkloosheidsversekering en dat hulle gesondheidsorg kry. Die boere moet die vergoeding aanpas van die werkers wat uit die ongeskoolde fase tree of sekere doelwitte oorskry.

En asseblief ANC, moenie julle asems intrek en “ONBEKOSTIGBAAR!” skree nie, want dit sou ‘n leuen wees en ek glo nie die ANC sal graag wil gebrandmerk word as leuenaars nie. Vir elke miljoen werkers wat op hierdie manier in diens geneem word sal dit die regering ongeveer R18000miljoen wel-besteë rande kos. Dis net ‘n kwessie van strenger fiskale waghouding en toesien dat die land se bates nie verspil word nie en dat korrupsie met hand en tand beveg word en siedaar...!

En hier kom die pluspunte. Volgens my oordeel sal so ‘n stap:

- Marginale en beginner boere ‘n hupstoot gee en aanspoor tot groter hoogtes.

- Boere gaan aanmoedig om meer arbeidsintensief te boer.

- Baie werklose ongeskooldes na die plase lok

- En werkloosheid, veral in die platteland, vir ‘n ses slaan.

- Voedselpryse sal stabiliseer wat

- Inflasie in toom sal hou.

- Die SA boere kry nou ‘n broodnodige boerdery subsidie wat

- Hulle kompeterend maak internasionaal.

- Die verhouding tussen boere en werkers sal normaliseer.

- En... en...en..

En dis nie al nie. Ek is oortuig dat hoe kleiner die werkloosheidssyfer is, hoe kleiner sal die misdaadsyfer word, want die duiwel weet hoe om ‘n goeie oorkussing te wees vir ledigheid. ‘n Stap soos hierdie sal ‘n positiewe invloed hê op al die ander sfere van regering en dit op sy beurt sal al hoe meer kiesers van alle bevolkingsgroepe oortuig dat die ANC werklik die mense kan bevry van baie meer as net armoede.

Dink net daaraan ANC, niks sal meer vir julle onmoontlik wees nie. Die Wes-Kaap sal soos ‘n ryp appel in jul skoot val en wie weet, dalk word Profeet Zuma se voorspelling nog waar: “Die ANC sal regeer tot Jesus kom!”

Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.
 
Share Print

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Lees meer van ons Gebruikers

Gelaai deur
Willem Morris
Iets moet nou gebeur

Behuising en dienslewering is ’n baie groot probleem in Suid-Afrika. Dis tyd dat politici daad by hul woord voeg, skryf ’n leser. Lees meer...

4 menings 89 keer gelees
Gelaai deur
Hannes du Preez
Om te spel of nie...

As dit kom by spelling is hy nie die beste, maar ‘n skool moet tog weet hoe om te spel, skryf ’n leser. Lees meer...

7 menings 297 keer gelees
Gelaai deur
Morgan
Geen einde aan debat oor stadion

Die Stad Kaapstad sukkel so met die stadion, maar met WP Rugby aan die stuur kan die stadion vir minstens 10 maande in die jaar gebruik word.  Lees meer...

2 menings 290 keer gelees
Gelaai deur
Elmarie Badenhorst
Kinders het te veel regte

As kinders minder regte het en meer pak kry sal skole baie meer gedissiplineerd wees, skryf ’n leser. Lees meer...

15 menings 455 keer gelees
Gelaai deur
Vlam
Die jaloerse kêrel

Marie het ’n probleem... Sy sit met ’n kêrel wat baie jaloers is. Nou wend sy haarself tot dr. Eva vir raad... Lees meer...

5 menings 830 keer gelees
Gelaai deur
Barend
Die voortslepende drama

Corlea Botha gaan nog baie sukses beleef omdat sy ekstra moeite doen om haar musiek interessant te maak, skryf ’n leser. Lees meer...

3 menings 842 keer gelees

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Finance Manager

Johannesburg
The Personnel Concept
R700000 - R900000

Financial Accountant

Cape Town Northern Suburbs
Communicate Cape Town Engineering
R16000 - R19000

Financial Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town Engineering
R250000 - R300000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!
 

dienste

Nuusbriewe Kies wat jy wil hê

RSS Nuus eenvoudig afgelewer

Blogs Jou opinie oor alles en almal.

Selfoon Nuus24 op jou selfoon

Oor Ons Ontmoet Nuus24 se span

Nuus24 op jou iPhone Kry Nuus24-inhoud op jou iPhone.

 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.