Die storie Adv. Barbie 'ten volle gerehabiliteer' verwys...
Wat as dit jou kind was wat daar gesit het?
Mens doen vreeslike goed as mens onder die invloed van verkeerde mense kom, en nee ek keur nie haar gedrag goed nie dit was siek, sy is gestraf en sy moet haar vonnis uitdien!
Maar kan ons mense met soveel haat rondloop, wat het gebeur van vergewe en vergifnis, en as die hof werklik bepaal sy is gerehabliteer wat kan ons daarom doen, sy gaan vir die res van haar lewe met daai klad loop en niemand gaan hulle kinders naby haar vertrou nie so sy gaan haar deel kry.
Daar is gebid "laat geregtigheid geskied, so geregtigheid geskied mos nou, nou hoekom moet ons as mens haar uitmekaar skeer as sy klaar geboet het vir haar sonde, niemand is so sleg om nooit weer optestaan en te boet vir haar dade nie.
Sy het gefouteer, sy dien haar straf uit, so as sy klaar is en sy is gerehabiliteer, hoekom moet ons haar verder kruisig!
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.