Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
LET WEL:

MyNuus24 is 'n afdeling vir gebruikersgegenereerde inhoud op Nuus24. Die afdeling se stories word deur lesers verskaf.

 
AntonJJansen
 
Menings: 1
Artikels gelees: 119
 
 
Jongste kentekens:

 
Sien al AntonJJansen se kentekens.
 

Kultuurmonster of kultuursnob?

14 January 2013, 13:10

Toe ek in die SA-weermag gedien het, was ons ouens wat kultuurbehep was, aangespreek as “kultuurmonsters”. Dit het nooit vir my sin gemaak nie, aangesien ek myself nie as ‘n monster beskou het nie, maar eerder ‘n ontdekker van kultuur.

Mettertyd het ek tot die besef gekom dat die rede waarom ons so genoem was, was die feit dat ons geweier het om by die weermagkultuur aan te pas. Waar ander soldate op aandag gestaan het, met hulle hande styf langs die sy wanneer hulle met ‘n hoër rang gesels het, het ons kultuurmonsters sommer so lekker gehanna-hanna (ek weet tot vandag toe nie waar dit vandaan kom of wat dit beteken nie, maar dis basies wanneer jy ‘n veer voel vir weermagprotokol en dinge doen op jou eie manier) met die vername mense op die basis.

Ek het geweier om myself oor te gee aan hierdie walglike weermagkultuur, en was vir ‘n volle twee jaar ‘n kultuurmonster.

Gisteraand het ek saam met baie vername vriende gaan uiteet by ‘n baie classy restaurant in Taipei. Nou moet ek noem: hulle het als wat die alledaagse man se hart begeer – fantastiese huise, duur karre, ontwerpersklere en sakke vol geld.

Daar aangekom, het ek my sit gekry in my eksotiese nagmarkklere sonder labels, en die spyskaart deeglik bestudeer. Vir my as ‘n gewone mens was die pryse ietwat skokwekkend, en dit was nie so maklik om die “goedkoopste” te bestel nie, want dit wat goedkoop was, was als wat ek nie my mond aan sou waag nie! Net daar besef ek dat ek ‘n kossnob is. Nadat ek die foto’s van my bestelling op Facebook geplaas het, het ek besef dat daar onder my vriende net soveel snobs is. Hulle aanmerkings oor die kos was histeries. En toe kom die skokbesef: ek is steeds ‘n kultuurmonster!

In elk geval, so het die gekuier oor die gebraakte kos toe voortgeduur tot vervelens toe. Die plaaslike vriende het die wasige kos besing – net omdat dit so duur was. Vir my was daar ‘n hele paar goedjies wat ek maar heel dikvellig afgesluk het, want dis kultuur onder die Taiwanese: jy eet wat hulle eet!

Jy wens soms dat die wêreld maar regtig tot ‘n einde gekom het verlede jaar, want om sommige van die lekkernye so af te wurg, is darem ‘n baie groot verleentheid.

So sit ek met my goedkoop klere, omring deur ryk Taiwanese wat duur kos kou met hulle monde oop, en jy sien hoe die malers hulle werk doen; en intussen praat hulle met die mondjies vol dat die spoeg spat, en jy moet maar so dan en wan die koskorrels wat jou oog tref, so ongemerk moontlik uit die oog vee – net om nie aanstoot te gee nie.

Na elke paar happies word daar eers lekker winde gebreek voor die geselsskap verder sleep en spoeg. En, ek dink by myself, dis nou mense met geld, maar hulle het geen idee van die bestaan van basiese tafelmaniere nie. Ek kou en sluk maar eers voordat ek ‘n opinie uiter; dis mos darem hoe ek by die huis geleer is: mens eet toemond en jy praat nie met ‘n mond vol kos nie.

Weereens besef ek, ek is ‘n kultuurmonster! Ek sweer, my ma kry die oorval van haar lewe as ek so “varkagtig” met ‘n klap van my mond (vr)eet – uitgegroei of nie. My ma sal sulke gedrag net nie goedkeur nie.

Na afloop van die ete kom die betaalslag, en nou moet ek sê, deel van die plaaslike kultuur is dat jy nie vir jou kos betaal as jy genooi word nie. Dis hulle (die gasheer/-vrou) se voorreg. Jy kan maar protesteer soveel jy wil, maar jou beursie kom nooit te voorskyn nie, want dis ‘n klap in hulle gesig. Wie is nou die kultuurmonster?

Jare terug, toe ek in Maleisië gewerk het, het ek ook ‘n ete bygewoon, en soos die gebruik onder ons Westerlinge is, skud ons graag blad met die ontmoeting van ‘n nuwe persoon. So ontmoet ek toe een van die vroue-skoolhoofde, en toe ek my hand uitsteek met ‘n “Aangename kennis” het sy my die koudste skouer gegooi, soveel so dit het gevoel soos winter in Ysland. ‘n Kollega het toe maar in my oor gefluister, “Jy mag nie aan ‘n Moslem vrou se hand vat nie!”

Soos die jare aanstap, besef ek net daagliks meer en meer dat kultuur en kulturele aanpassings eintlik ‘n baie moeilike ding is om te doen of om mee vrede te maak, en dit laat my wonder: is ek ‘n kultuursnob of ‘n kultuurmonster?

Verskillende geslagte het hulle eie kultuur, en so het verskillende nasies hulle eie kultuur, en verskillende groepe onderskei hulle weer van ander met hulle eie gewoontes en kultuur. En dit bring my by my eintlike vraag: wie is nou reg en wie is verkeerd?

Eet ek toemond en sonder ‘n burpdink die Chinese ek het nie maniere nie, maar doen ek dit, dink die Westerlinge weer ek is kommin en onopgevoed? Mens kan nie wen nie! Soms is jy seker maar die snob, en soms is jy die monster.

Ek bid net dat ek nooit in my lewe met meer as twee kulture op ‘n slag omring word nie, want ek weet sommer ek sal nie links van regs kan onderskei nie, en normaalweg is daar niks met my rigting verkeerd nie.

Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.
 
Share Print

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Lees meer van ons Gebruikers

Gelaai deur
DelusionBuster
Die krag van gebed: Wat is die fe...

Meeste gelowiges glo dat God gebede verhoor, maar op een van drie maniere. Dié leser meen gebed werk net in sekere gevalle... Lees meer...

0 menings 0 keer gelees
Gelaai deur
ChristovdM
Waaroor die histerie?

Waarom is daar mense wat vordering op wetenskaplike gebied as ‘n aanslag op die Christendom sien?  Lees meer...

15 menings 136 keer gelees
Gelaai deur
Wouter Willemse
Waar is julle trots?

Halfkaal foto's, danse en bier. Hoe ver sal studente gaan om die beste te wees en weet ouers wat hul kinders doen? ’n Leser deel sy mening. Lees meer...

21 menings 903 keer gelees
Gelaai deur
Simon Riekert
Die Springbokke speel vir almal

Daar is verskeie tipes rugbyondersteuners, maar die Springbokke speel vir almal, skryf 'n Nuus24-leser. Lees meer...

2 menings 135 keer gelees
Gelaai deur
ChrisAkkedis
Is jy ‘n internet trol?

‘n Internet trol ‘n wrede en kwaadwillige gebruiker wat 'n aanlyn-gemeenskap besmet met haat en verdeeldheid, skryf ’n leser. Lees meer...

60 menings 670 keer gelees
Gelaai deur
pieterpompies
Ons is ’n kwesbare spesie

Ten spyte van ons eie subjektiewe opinie oor ons self, is ons maar uiters gemiddeld wat vermoëns betref...  Lees meer...

16 menings 247 keer gelees

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!
 

dienste

Nuusbriewe Kies wat jy wil hê

RSS Nuus eenvoudig afgelewer

Blogs Jou opinie oor alles en almal.

Selfoon Nuus24 op jou selfoon

Oor Ons Ontmoet Nuus24 se span

Nuus24 op jou iPhone Kry Nuus24-inhoud op jou iPhone.

 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.