Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
LET WEL:

MyNuus24 is 'n afdeling vir gebruikersgegenereerde inhoud op Nuus24. Die afdeling se stories word deur lesers verskaf.

 
jaydee
 
Menings: 42
Artikels gelees: 573
 
 
Jongste kentekens:


 
Sien al jaydee se kentekens.
 

Keelvol vir dié soort opmerkings

25 October 2012, 08:00

Die ou sinnetjie is nou al so holrug gery: "Julle onderwysers kry te veel vakansies en sit heeldag voor die klas en les gee"!

Kom ons klaar die storie eens en vir altyd op: onderwysers is meer as geregtig op die vakansies en 'n onderwyser wat in die tyd en eeu nog voor by sy tafel sit en les gee is die uitsondering op die reël.

Om geestelik, emosioneel en "breinmoeg" te wees, is duisend maal erger as om fisies moeg te wees!

Die gewone klerk/ werker kom vanoggend by sy of haar werk aan, skakel die rekenaar aan en begin waar hy/ sy gister opgehou het. Vanmiddag met uitskeityd word die rekenaar afgeskakel, die pik en graaf word net daar gelos; soms word daar nie eers twee keer gedink om dit weg te pak nie, die voertuig word geparkeer na aflewerings ens. en sleutels opgehang.

By die huis gekom, word die skoene uitgeskop, neergeplak voor die TV of daar word begin met die gunsteling aktiwiteit of tydverdryf tot en met etenstyd. Hoeveel van die werk het saam huistoe gekom en hoeveel tyd word na werksure daaraan bestee?

Onderwysers daarenteen begin die dag as dit "normaal" is met ouers te woord staan omdat Jannie die vorige dag "anders as eenders" wou wees of omdat daar 'n "krisis" by die huis was en meneer/ juffrou kan dit moontlik help oplos; die amptelike skooldag het nog nie eers begin nie!

Onderwysers wat moontlik nie vir werk gaan aanmeld nie en reëlings moet getref word vir diesulkes se klasse; amptelike skooldag begin eindelik en voor jy ordentlik aan die gang is, is dit tyd om te ruil want die periode(s) is verstreke en nou moet na die volgende klas(se) geruil word.

Tussendeur is daar versoeke en oproepe na en van die kantoor en ander klasse/ kollegas wat hulp/ leiding nodig het. Boek word gehou van gelde ingesamel, vergaderings en werkswinkels bywoon, sport-en kultuurbyeenkomste en pouses aanmeld vir terreindiens en of by die snoepwinkel diens doen.

Na skool is daar detensieklasse, sport en ander wedstryde hanteer en bywoon, behalwe vak- en graadvergaderings! Wanneer die onderwyser uiteindelik huiswaarts keer, is dit met stapels boeke wat gemerk en nagegaan moet word, voorbereiding vir môre se lesse, administratiewe werk wat nie by die skool afgehandel kon word nie en intussen kan nie bekostig word om verpligtinge op die tuisfront af te skeep of agter te laat nie.

Teen hierdie tyd droom die meneer/ dame wat onderwysers uitkryt van "te veel vakansies en by die tafel sit en les gee" seker sy vyfde droom en die onderwyser wat nog "ou nag" by die "vetkers" sit en swoeg om van Jannie 'n "aanvaarbare burger" vir die land te probeer maak.

So, meneer/ dame, maak daardie stellings as u bereid is om vir een kwartaal plekke met 'n onderwyser te ruil.

Sal u dan nog dieselfde deuntjie sing: "Julle kry te veel vakansies...".

Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.
 
Share Print

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
42 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Lees meer van ons Gebruikers

Gelaai deur
ChristovdM
Waaroor die histerie?

Waarom is daar mense wat vordering op wetenskaplike gebied as ‘n aanslag op die Christendom sien?  Lees meer...

13 menings 107 keer gelees
Gelaai deur
Wouter Willemse
Waar is julle trots?

Halfkaal foto's, danse en bier. Hoe ver sal studente gaan om die beste te wees en weet ouers wat hul kinders doen? ’n Leser deel sy mening. Lees meer...

21 menings 876 keer gelees
Gelaai deur
Simon Riekert
Die Springbokke speel vir almal

Daar is verskeie tipes rugbyondersteuners, maar die Springbokke speel vir almal, skryf 'n Nuus24-leser. Lees meer...

2 menings 135 keer gelees
Gelaai deur
ChrisAkkedis
Is jy ‘n internet trol?

‘n Internet trol ‘n wrede en kwaadwillige gebruiker wat 'n aanlyn-gemeenskap besmet met haat en verdeeldheid, skryf ’n leser. Lees meer...

56 menings 638 keer gelees
Gelaai deur
pieterpompies
Ons is ’n kwesbare spesie

Ten spyte van ons eie subjektiewe opinie oor ons self, is ons maar uiters gemiddeld wat vermoëns betref...  Lees meer...

16 menings 245 keer gelees
Gelaai deur
Wouter Willemse
Kommentaar of commin-taar?

Kommentaar is die geleentheid om standpunt te deel en jou insig te toon, nie om ander aan te val nie... Lees meer...

7 menings 256 keer gelees

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!
 

dienste

Nuusbriewe Kies wat jy wil hê

RSS Nuus eenvoudig afgelewer

Blogs Jou opinie oor alles en almal.

Selfoon Nuus24 op jou selfoon

Oor Ons Ontmoet Nuus24 se span

Nuus24 op jou iPhone Kry Nuus24-inhoud op jou iPhone.

 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.