Ek en my vroutjie stry altyd oor wie bestuur.
Sy sê dat ek nie kan rigting hou nie en dat ek baie die pad byster raak. Sy het ook al ‘n paar keer uitgewys dat ek per ongeluk oor ‘n stopteken gery het. Sy het seker ‘n punt beet.
Hierdie betrokke dag moes ek haar by haar werk optel, so ek het alreeds die hef in die hand gehad en die stuurwiel in die ander hand. Suggend klim sy in en gordel haar vas. Na ‘n lang dag se werk wil jy darem veilig by die huis aankom.
So ry ons. “Liefie, stop gou by Spar.”
Ek weet al dat ‘liefie’ in hierdie geval eintlik chauffeur beteken het. Ek stem in, en daar gaan ons. Ek maak sommetjies in my kop oor hoeveel ek het, en hoeveel die baas gaan spandeer.
By Spar aangekom. Nou, ek weet nie of dit my ou tjorrietjie is wat die karwagte afskrik nie, maar daar is 9 uit 10 keer nooit een wat aanbied om na my kar te kyk nie. Oudergewoonte los ek my kar oop – wie sal dit tog wil steel in elk geval?
Spar het ons ‘n rekordtyd geneem en ek kon nie glo dat ons binne tien minute weer terug by die parkeerarea was nie. Wonderwerke gebeur en ek kon darem vir my ook ‘n swietie kry. Dit kon net beter gaan.
Op pad na my kar gewaar ek ‘n figuur agter my vrou; ek stap nader aan haar en hou haar handsak met hand vas.
Die stem van agter sê vir my: “Ek het mooi gekyk meneer.” Met so effense klem op kyk. Ek gee hom ‘n kyk en sê vir hom: “Ek het ook nou mooi gekyk” fronsend weet die bebaarde leer-vel man nie wat om te sê nie. Skielik voel ek ‘n elmboog in my ribbes.
“Liefie, hy het gekyk”
“Het jy hom gevra?”
“Nee, maar hy was dan hier.”
“Liefie, hy het ons gevolg”
“Ag jy is nou net weer ongeskik, kyk of jy geldjie het vir die man”
“Ek het gekyk” sê ek nadat ek my laaste paar sente in my beursie bewonder.
“Gaan jy nie vir hom gee nie?”
“Ag beep OK” sê ek kortaf en gee vir die man ‘n vyfrand. Winkels gee mos nie meer tienrand-note nie, hulle gee vir jou twee vyfrande, so asof hulle agter die hele karwag storie sit.
Daar gaan my swietie.
Na ‘n ruk van stilte: “Liefie, ek het vergeet om piesangs te koop! Het jy sigarette?” Ek sou die piesangs gelos het, maar ek moes sigarette kry. Ons stop toe by Pick n Pay.
Weereens niemand in sig om agter jou kar te kyk nie.
Uit by Kies en Betaal, en daar staan meneer en wag vir geldjie. ‘n Mens kon sien hy is al gesout in dit met sy subtiele bewegintjies en regte woorde op die regte tye.
Daar gaan nog ‘n swietie.
Voor ek wegtrek, kyk ek deur my tru-spieel vir die man. ‘n Kar het intussen in my plek ingetrek en die man was weer soek. Ek het nog ‘n rukkie gewag en die man het gaan sit. Normaalweg sal ek nie ‘n probeelm met karwagte hê of mense wat hul werk doen nie, maar dit was vir my nogal verbasend!
Ek weet hy het nie gekies om daar te wees nie...
In elk geval, uiteindelik pak ek en my vrou die laaste skof huistoe aan. Ek moes padkos gepak het want dit het begin voel asof ek Durban toe ry.
Ons ry en kom toe by ‘n robot aan. Voor ons gewaar ek ‘n blinde man met sy vriend of broer of kennis wat staan en bedel.
“Liefie! Kyk wie’s voor ons! My hel!” My vroutjie waai en waai maar al wat terugwaai was die blindeman met die kartonbord wat vir geld vra. Letterlik. Ek sweer.
Ek was verstom.
My vrou gewaar ook die mannetjie en wys vir hom die beroemste handteken.
Stilte het geheers in die kar.
Ek wou sê dat sommige bedelaars en karwagte verwag dat jy hulle moet betaal net oor hul situasie, toe los ek dit maar, want my vrou was heel duidelik omgekrap. Sy sou my gemaak het iets vir die blinde knapie gee, want sy het simpatie. Sy sou seker gemaak het sy kon hom help, want dis hoe sy is.
Deesdae is dit ‘n ander storie…
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.