Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
LET WEL:

MyNuus24 is 'n afdeling vir gebruikersgegenereerde inhoud op Nuus24. Die afdeling se stories word deur lesers verskaf.

 
Barend
 
Menings: 28
Artikels gelees: 591
 
 
Jongste kentekens:
 
 

’n Nuwe party kan tot groot kompetisie lei

10 October 2012, 07:15  - Barend

Wie onthou nog daardie dinge van ‘die Zuma-skildery’? Pffff. Mens kan eintlik vra, wie onthou dit nie? Die ‘Spies van die nasie’?

Zuma, geverf met dáái kleure, met dáái liggaamsdeel so erg ontbloot. En ou Barend le Grange wat tog net wil seker maak dat almal weet dat ‘ons is nie almal só’ nie. Ons is nie almal die nare rassiste wat sommige van die Zuma-skildery se felste kritici, na afloop van uitgebreide studie en kritiese nabetragting tot die gevolgtrekking gekom het ‘ons’ is nie.

Ek haat eintlik sarkasme en is nie regtig ’n sarkastiese mens nie. Ek blaas net bietjie stoom af hier, so verskoon my asseblief.

Ja, die Zuma skildery. Daar was daai tyd mense wat naderhand gesê het ag, asseblief, kan ons net asseblief aanbeweeg nou? Hierdie saak raak nou bietjie afgesaag. Ek self het tot drie keer kort na mekaar oor die saak geblog – wat ’n rekord vir my moet wees. Drie keer oor presies dieselfde saak! Maar hier is die ding.

Die ding wat mense soms vergeet. En dit is dat, in sekere sake, waar die debat net voortwoed en voortwoed en voortwoed sonder enige skynbare einde in sig, en waar mense naderhand skreeu – kan ons asseblief nou net bietjie aanbeweeg – in súlke sake gaan dit heel dikwels nie oor die spesifieke saak sélf nie, maar veel eerder oor die beginsel.

Hoekom stry en baklei mense tot vandag toe nog oor ’n boek wat Charles Darwin in die 19de eeu gepubliseer het? Dit het weinig met die boek self te doen. Dit gaan oor die beginsel. Dit gaan oor die implikasies van wat dit als behels. Want dit beïnvloed ons op die mees intiemste maniere. Van waar ons ons boeke koop tot hoe gesinne hulself organiseer...

Ek was ook daai tyd ’n kritikus van die skildery. Ek is nie ’n voorstander van publieke naaktheid nie. Maar ek kon toegee dat daar sin is in wat die kunstenaar daarmee wou sê. Want daardie skildery was ’n klassieke voorbeeld van wat kuns en kunstenaars dikwels in samelewings doen en regkry. Dit vra vrae. Dit daag mense uit.

Want in Suid-Afrika is die tradisionele roetes om vrae te vra, om krities te dink, om die demokrasie pro-aktief te dien, daardie opsies is nie regtig meer opsies nie. In die parlement sal daar nie gehuiwer word om vir jou te sê jou mening is onbelangrik nie – want jy is ’n “minderheid”. Die media word gedreig met muilband wetgewing. Die regstelsel is nie eens meer altyd ’n welkome bondgenoot nie en moet gedurig ‘hervorm’ word.

En dáárom het Suid-Afrika die ‘Spies van die nasie’ skildery gehad.

Daar word nou gereeld gehoor in die media dat pres. Jacob Zuma eintlik baie sterk staan op pad na die Mangaung konferensie. Dit is in teenstelling met wat ek self verwag het en voorspel het hier. Die pro-Zuma provinsies, so word daar gewaarsku, het groei getoon en sal meer afgevaardigdes na Mangaung kan stuur as die res.

Ek probeer onthou, ek het iewers oor die naweek, vermoedelik in die koerant, gelees hoe iemand sê: ons kort skole en klinieke in Suid-Afrika, nie paleise vir die president nie...

En ek lees wat word daar geskryf van die gissings oor die ‘nuwe party’. Ek kan nie presies saamstem met al die detail van wat gesê word nie, veral nie dat dit niks sal verander nie. Gissings oor ’n ‘nuwe party’ was maar nog altyd daar. Al sedert 1994. Almal weet dat die stryd teen apartheid ’n baie uiteenlopende ‘broad church’ van mense saamgetrek het in wat vandag die ANC is. En die wegbreek van COPE kan waarlik nie in dieselfde asem genoem word nie! Want COPE was nie  ’n populistiese wegbreek nie…

’n Skeur in die ANC gaan die politiek baie lewendig maak. Dit sal tot groot kompetisie lei. In hoe ’n mate dit ons demokratiese waardes kan verdiep sal afhang van die substansie van die nuwe party se leiers, asook in ’n groot mate oor hoe die ANC op die nuwe party sal reageer. Sal dit steeds voortgaan om leiers te kies wat die staatskas stroop?

Hierdie dinge van die president. Van die 200 miljoen rand. Dit is dinge wat besig is om mense bitter te maak. Miskien is dit so dat die regerende party weer vir president Zuma sal herkies in Desember. Maar die party kan homself lelik in die voet skiet indien dit gebeur.

Opposisiepartye sal waarskynlik in die stilte die herverkiesing van Zuma verwelkom. In die publiek sal hulle natuurlik die besluit kritiseer, maar in hulle harte, vermoed ek, sal hulle net dalk juig. Want nóg 5 jaar van wat ons sedert Poliokwane gehad het gaan dalk nie goed wees vir Suid-Afrika nie, maar net soos in 2009 gaan dit goed wees vir die opposisie by die stembus in 2014.

- Hierdie is een van Barend se jongste blogs.
 

Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.
 
Share Print

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
28 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Lees meer van ons Gebruikers

Gelaai deur
Willem Morris
Iets moet nou gebeur

Behuising en dienslewering is ’n baie groot probleem in Suid-Afrika. Dis tyd dat politici daad by hul woord voeg, skryf ’n leser. Lees meer...

4 menings 96 keer gelees
Gelaai deur
Hannes du Preez
Om te spel of nie...

As dit kom by spelling is hy nie die beste, maar ‘n skool moet tog weet hoe om te spel, skryf ’n leser. Lees meer...

8 menings 304 keer gelees
Gelaai deur
Morgan
Geen einde aan debat oor stadion

Die Stad Kaapstad sukkel so met die stadion, maar met WP Rugby aan die stuur kan die stadion vir minstens 10 maande in die jaar gebruik word.  Lees meer...

2 menings 297 keer gelees
Gelaai deur
Elmarie Badenhorst
Kinders het te veel regte

As kinders minder regte het en meer pak kry sal skole baie meer gedissiplineerd wees, skryf ’n leser. Lees meer...

17 menings 461 keer gelees
Gelaai deur
Vlam
Die jaloerse kêrel

Marie het ’n probleem... Sy sit met ’n kêrel wat baie jaloers is. Nou wend sy haarself tot dr. Eva vir raad... Lees meer...

5 menings 840 keer gelees
Gelaai deur
Barend
Die voortslepende drama

Corlea Botha gaan nog baie sukses beleef omdat sy ekstra moeite doen om haar musiek interessant te maak, skryf ’n leser. Lees meer...

3 menings 843 keer gelees

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Branch Manager

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Project Estimator

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Qualified CA

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!
 

dienste

Nuusbriewe Kies wat jy wil hê

RSS Nuus eenvoudig afgelewer

Blogs Jou opinie oor alles en almal.

Selfoon Nuus24 op jou selfoon

Oor Ons Ontmoet Nuus24 se span

Nuus24 op jou iPhone Kry Nuus24-inhoud op jou iPhone.

 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.