Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
LET WEL:

MyNuus24 is 'n afdeling vir gebruikersgegenereerde inhoud op Nuus24. Die afdeling se stories word deur lesers verskaf.

 
Barend
 
Menings: 11
Artikels gelees: 741
 
 
Jongste kentekens:
 
 

’n Kultuur van swak eet

12 October 2012, 13:30  - Barend

Ek lees dat 33% van alle Suid-Afrikaanse mans en tot 66% van Suid-Afrika se vroue aan vetsug ly. Die koste verbonde aan hierdie epidemie is natuurlik astronomies. Die staat kreun as’t ware onder die vetrolle.

Om van die skade wat rook doen nie eens te praat nie...

Maar ek wil dit vandag waag om te beweer dat baie Suid-Afrikaners, inderdaad baie mense op aarde, waarlik tot ’n groot mate slagoffers is. Natuurlik is elke mens  vir hom/ haarself verantwoordelik. Maar in Suid-Afrika sit ons vasgevang in wat ek nie anders kan as om te beskryf as ’n kultuur van swak eet nie. Verkeerd eet is waarlik so deel van ons as wat rugby en braaivleis is.

Ek onthou jare gelede, toe ek nog ’n kind was, toe maak die een tannie van my die een dag vir my kos. En ek kan nie presies onthou wat dit alles behels het nie, maar dit was ’n ordentlike bord ‘Boerekos’, of dan nou ‘kookkos’, soos ons dit leer ken het.

En dit het altyd ’n kombinasie van die volgende behels. Ten minste één tradisionele ‘stysel’. Ten minste. Dikwels meer as een. Hierdie ‘stysels’ het tipies uit die volgende bestaan: rys, stampmielies, koring en aartappels.

Dan die vleis. Daar was altyd vleis. Altyd ten minste een vleisgereg. En gladnie ongewoon as daar twee is nie.

En dan die groente. Wortels, pampoen, beet, ertjies en boontjies. Die boontjies is dikwels gemeng met aartappel. So ook tipies die spinasie. En saam met daai spinasie/ aartappel... vet. Tipies botter.

Sélf het jy hierdie tipe ete as goeie, gesonde, maar bowenal gebalanseerde kos beskou. Dit bevat tog drie groente dan nie? Soos die dokter aanbeveel. En dit smaak hemels. Hoe kán dit dan nou ‘sleg’ vir jou wees.

En hoekom onthou ek dié spesifieke dag met my tannie só goed? Wel, ek het dié dag die ondenkbare skande gepleeg deur ‘net een keer te skep’. Geen tweede porsie nie.

Ja né. Só is dit in baie boerefamilies. Die kostafel is ’n plek waar jy in jou spoor moet trap. Eintlik is dit beter as jy jou skoene uittrek daar. Want dis heilige grond. En om ’n tweede porsie van hulle kos te weier is so goed jy verwerp hulle God.

En as jy iets grensend aan ’n oorlog wil sien, dan kritiseer jy die kos. Jy sê die ete bevat te min komplekse stysels en te veel suiker en toegevoegde vet. Die heel heel ergste verraad, so het ek dit al self beleef, is om jou eie slaaitjie gou-gou aan mekaar te slaan om saam met jou stukkie vleis te eet. Gou-gou kan dit lelik raak – o so ou Barend, my kos is nie goed genoeg vir jou nie, en ék is ook seker nie goed genoeg vir jou nie né?!

En so eet ons onsself siek. Jaar in en jaar uit. Boervroue laat die tafels kreun onder hierdie ongebalanseerde geregte. En pappa glimlag nét so breed en hy soen vir mamma diep en innig terwyl hy die strome water moet wegsluk soos die aptyt gewek word.

En die ergste van alles is, ons dink daai kos kan onmoontlik ‘ongesond’ wees. Ons dink ‘ander mense’ eet ongesond. Nie óns nie.

En dit is nie net ’n ding wat die ‘Boere’ doen, hierdie ding van ongesond eet nie. Om verkeerd te eet en te glo jy eet reg is uiteindelik in ons kultuur ingeweef. En selfs al weet jy van beter (en baie mense weet régtig nie van beter nie), hoe ontsnap jy die kultuur? Hoe sê jy ‘nee’ sonder om ’n broedertwis te begin wat oor generasies kan strek?

Dit is net so onmoontlike taak soos om ’n roker te oortuig om op te hou. Dit is eintlik maar ’n verlore stryd.

Ten minste is die gety darem besig om teen rook te draai. Maar wat kos betref is ons besig om te verloor.

- Hierdie is ’n uittreksel uit een van Barend se jongste blogs.

GESELS SAAM: Stem jy saam met die skrywer? Laai jou mening hier.

 

Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.
 
Share Print

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
11 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Lees meer van ons Gebruikers

Gelaai deur
Simon Riekert
‘Pierre Spies ‘n regte ysterman’

Dié Nuus24-gebruiker meen Pierre Spies ‘n regte ysterman. Op die veld doen hy sy werk en van die veld af is sy werk sy lewe... Lees meer...

0 menings 258 keer gelees
Gelaai deur
Alicia
‘Ek was amper bokveld toe…’

Haar motor het tot ‘n rukkende stilstand gekom. Toe belsuit sy om die treinspoor te volg en hulp te soek... Lees meer...

0 menings 878 keer gelees
Gelaai deur
Tanya Jordaan
Moet nie ander afjak

Elke dag is ’n stryd om liggaam en siel bymekaar te hou. So moenie mense afjak, jy weet nie watse paadjie daai persoon moes loop nie, skryf ’n leser.  Lees meer...

0 menings 558 keer gelees
Gelaai deur
Sergio Bowkers
‘Wees meer verantwoordelik’

Die lewensgehalte word verhoog en geldsake hou nie by met die vinnig groeiende verhoogde lewensstandaarde, skryf ’n Nuus24-leser.  Lees meer...

0 menings 190 keer gelees
Gelaai deur
KatrinaO
My keuse

’n Leser wonder hoekom ateïste so maklik en vinnig Christene aanval, verkleineer of verkeerd probeer bewys. Wat het geword van wedersydse respek? Lees meer...

0 menings 876 keer gelees
Gelaai deur
Fanie.Os.Oppie.Jas
Oor name, vanne, diere en dorpe

Daar skuil báie agter ’n naam. Veral as jy ’n Afrikaner in Engeland is, skryf ’n Nuus24-gebruiker Lees meer...

0 menings 811 keer gelees

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Sylvia Day se Entwined with You

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Maak onvergeetlike oomblikke joune op DVD en Blu-ray

Ongelooflike winskopie-aanbod – twee vir R99, vir ’n DVD of Blu-ray. Maak onvergeetlike oomblikke in rolprente deel van jou versameling. Koop nou!

Sensasionele besparing op speletjies, nabootsers – bespaar tot 25%

Moenie hierdie fantastiese spesiale aanbod misloop nie: vlieg vliegtuie, wees in beheer van ’n polisiemag in die grootste stede en nog veel meer. Moenie talm nie – die aanbod is net geldig vir ’n beperkte tyd en solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Uitverkoping van huisware – bespaar tot R1000

Daar kan kwalik ’n beter aanbod wees. Bespaar tot R1000 op uitgesoekte toerusting en huisware-produkte. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!
 

dienste

Nuusbriewe Kies wat jy wil hê

RSS Nuus eenvoudig afgelewer

Blogs Jou opinie oor alles en almal.

Selfoon Nuus24 op jou selfoon

Oor Ons Ontmoet Nuus24 se span

Nuus24 op jou iPhone Kry Nuus24-inhoud op jou iPhone.

 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.