Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
LET WEL:

MyNuus24 is 'n afdeling vir gebruikersgegenereerde inhoud op Nuus24. Die afdeling se stories word deur lesers verskaf.

 
Barend van der Merwe
 
Menings: 8
Artikels gelees: 440
 
 
Jongste kentekens:
 
 

Wie dra skuld vir slagting op paaie?

07 January 2013, 10:11  - Barend van der Merwe

Daar was al weer so baie tragedie die afgelope tyd. Jy is sommer lus en stuur ’n onvriendelike gebedjie na die "ander kant" toe.

Die ergste vir my is die storie van die kind Erica, wat Woensdag dood is. En dit as gevolg van die ouer wat per ongeluk die kind raakgery het. Nou weet ek al uit die bietjie wat ek van die lewe weet dat daar mense is wat sulke dinge ‘oorleef’, maar andere bly vir die res van hul lewens stukkend. Wat ’n tragedie! Mens het net nie woorde nie.

Motors, en so ook fietse, maar veral motors, is gevaarlike goed. Ek dink min mense sal vandag hieroor verskil. Maar mense moet nie ontmoedig word nie. Dit is miskien so dat motors baie mense se lewens verwoes, maar dink aan hoeveel mense se lewens gered word omdat hulle, as gevolg van motors, vinniger by ’n dokter gebring was.

’n Mens moet nooit ’n gebeurtenis in isolasie lees nie. Ek was altyd skepties oor motorsport. Altyd gewonder, wat is die punt daarvan om so om en om en om in die rondte te jaag? Tot ek geleer het van die wonderlike tegnologie wat al uit motorsport uit ontwikkel het wat al miljoene mense se lewens gered het, want daardie tegnologie beland later in "gewone" motors.

En boonop is die mens nou maar eenmaal so. Ons moet net altyd die beste dit en die beste dat kies. As daar nou een ding is wat ek tog sukkel om te verstaan, dan is dit fietswedrenne. Dit is die laaste tyd, na afloop van die dood van die bekende Olimpiese fietsryer so dat die beskuldigings nou weer oor en weer waai. Wie is nou eintlik die varke in die verhaal? Die fietsryers of die motoriste?

Self is ek vreesbevange vir fietsryers. Dit is altyd so dat, wanneer ek met fietsryers gesels, dat hulle ontken dat hulle ooit langs mekaar op die pad ry. Maar ou matta laat ek net met hulle te doen kry, dan sien ek nee, hulle ry langs mekaar.

Ek het altyd gedink dat hulle dit doen vir die geselskap. Of sommer net vir. Of dalk om mekaar te kan sien, dalk is die hele punt om mekaar te sien en ‘saam’ te wees op ’n manier. Tyd saam spandeer. Die lewe is tog so gejaag. Maar toe leer ek by kenners van die sport dat die ding wat hulle eintlik doen is om die wind vir mekaar af te keer. Dís hoekom sulle so langs mekaar ry. Die ou wat in die "slipway" ry kan krag spaar. Hy of sy hoef nie so hard te trap nie . . .

Nou wil ek geensins hiermee impliseer dat motorbestuurders engeltjies is nie. Allesbehalwe. Al wat ek sê is dat die saak nie presies so wit en swart is soos wat sommige mense jou sal wil laat glo nie. Ek moes al baaaaaie in my lewe uitswaai vir fietsryers wat langs mekaar ry. En op daai manier stel ek die aankomende verkeer in gevaar (presies net soos die uitswaai vir slaggate).

Daar is geen partye wat hul hande in onskuld kan was as dit by die slagting op ons paaie kom nie.

– Die bostaande is 'n uittreksel uit 'n blog deur Barend van der Merwe. Lees die res van sy bloginskrywing hier.

Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.
 
Share Print

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Lees meer van ons Gebruikers

Gelaai deur
Willem Morris
Iets moet nou gebeur

Behuising en dienslewering is ’n baie groot probleem in Suid-Afrika. Dis tyd dat politici daad by hul woord voeg, skryf ’n leser. Lees meer...

4 menings 78 keer gelees
Gelaai deur
Hannes du Preez
Om te spel of nie...

As dit kom by spelling is hy nie die beste, maar ‘n skool moet tog weet hoe om te spel, skryf ’n leser. Lees meer...

5 menings 278 keer gelees
Gelaai deur
Morgan
Geen einde aan debat oor stadion

Die Stad Kaapstad sukkel so met die stadion, maar met WP Rugby aan die stuur kan die stadion vir minstens 10 maande in die jaar gebruik word.  Lees meer...

2 menings 278 keer gelees
Gelaai deur
Elmarie Badenhorst
Kinders het te veel regte

As kinders minder regte het en meer pak kry sal skole baie meer gedissiplineerd wees, skryf ’n leser. Lees meer...

15 menings 447 keer gelees
Gelaai deur
Vlam
Die jaloerse kêrel

Marie het ’n probleem... Sy sit met ’n kêrel wat baie jaloers is. Nou wend sy haarself tot dr. Eva vir raad... Lees meer...

5 menings 819 keer gelees
Gelaai deur
Barend
Die voortslepende drama

Corlea Botha gaan nog baie sukses beleef omdat sy ekstra moeite doen om haar musiek interessant te maak, skryf ’n leser. Lees meer...

2 menings 835 keer gelees

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!
 

dienste

Nuusbriewe Kies wat jy wil hê

RSS Nuus eenvoudig afgelewer

Blogs Jou opinie oor alles en almal.

Selfoon Nuus24 op jou selfoon

Oor Ons Ontmoet Nuus24 se span

Nuus24 op jou iPhone Kry Nuus24-inhoud op jou iPhone.

 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.