Insake: Renosterstropery
Die handel in renosterhorings moet gewettig word! Dit maak tog sin.
As daar met renosters geboer word, juis vir hul horings, gaan stropery onbenullig wees en hulle (die stropers) sal geen baat daaruit vind nie.
Om gif in die horings te spuit help ook nie. Die renoster word steeds geskiet aangesien die stroper nie weet van die gif nie.
Dieselfde met ’n opsporingstoestel, die renoster moet eers doodgemaak word voor jy dit kan track.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.