Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
LET WEL:

MyNuus24 is 'n afdeling vir gebruikersgegenereerde inhoud op Nuus24. Die afdeling se stories word deur lesers verskaf.

 
Barend
 
Menings: 1
Artikels gelees: 448
 
 
Jongste kentekens:
 
 

Werksoek is harde werk

27 December 2012, 08:48  - Barend

Ek was vir ’n tyd lank in my lewe werkloos. Sonder enige heenkome. Vir ses maande. Om presies te wees.

Toe begin ek maar studeer. Meer om my besig te hou seker as iets anders, maar tog met die hoop dat dit my kanse sal verbeter. Eintlik het ek in daai tyd werk gekry, maar dit nie gevat nie weens omstandighede. ’n Mens wat in Durban bly wil nie graag hoef Springbok toe te trek nie, en andersom. Tensy jy regtig nie omgee om weg te gaan nie.

Nietemin. So kry ek toe uiteindelik werk. En ek werk te lekker. Ek werk naderhand al ’n hele jaar lank.

En dan kry jy skielik die volgende. Mense loop in jou vas en vra jou, so hoe voel dit nou om bietjie voldag te werk? En as jy dan vir hulle sê jy is gek daaroor, dit is vir jou heerlik, dan reageer hulle met verbasing. En dit is dan ook die vinnigste manier om hulle monde te snoer. Wees net eerlik. Sê net hoe jy dit geniet om nou 40 ure te kan werk. Daar is niks soos die waarheid nie. Want sulke mense is gewoonlik nie besig met enige waarheid as hulle na jou werksbevrediging vra nie. Sulke mense maak dikwels eerder ’n statement. Hulle sê met hulle vraag – ja, jy het mos rondgelê en niksdoen, en nou moet jy ook bietjie hard werk nes die res van ‘ons’, en wat sê jy nou pappie?

Maar wat my totaal en al verstom (maar eintlik ook nie so heeltemal nie), is dat mense sommer net aanneem dat jy dit moes geniet het om werkloos te wees. Dat dit een kommervrye, idilliese bestaan van laat slaap en geen worries is nie. Dit is hoekom ek my voorgeneem het ek gaan my nooit, ooit weer steur aan mense wat nog nooit werkloos was nie. As iemand dus met sy/ haar aanmerkings begin dan stel ek eers vas of dié persoon ook al werkloos was. Dan vat ek dit van daar af.

Dis amper soos mense wat kinders aan die dood afgestaan het. Hierdie een skrywer (sy het later erg opslae gemaak met haar opmerkings teenoor swartmense), gaan so toe eendag en skryf in die koerant dat as mense jonk doodgaan, dan is dit gewoonlik swak opvoeding en dat die kind verkeerd gelewe het. En dit het my arme ma gebreek. Dit was so erg sy het ’n brief aan daardie koerant geskryf, maar nooit weer van hulle gehoor nie.

Dit is waar wat Brynard in haar mees onlangse boek geskryf het van ‘die breë register van brutaliteit’.

Ek vind dat my swart vriende baie meer simpatiek is teenoor mense wat sukkel om werk te kry. En ek praat nie van hulle aanvaar lui mense nie. Ek praat van hulle openbaar baie groter simpatie vir ’n mens wat sy of haar bes probeer. Ek en my een goeie vriendin het eendag so lank oor die saak gesels. Sy is presies so oud soos ek en was ook ’n hele lang ruk werkloos.

Sy ken die hele stresvolle prosedure. Die honderde e-posse wat jy stuur. Dit is naderhand so dat as jy die eerste letters van daai e-posadres intik waarnatoe jy jou CV wil stuur, dan vul die rekenaar sommer self die res in van die adres. Want dis nie die eerste keer wat jy vir daai mense jou CV stuur nie. Dit is die twee of derde keer, onthou jy nou.

En dan is dit die honderde, soms duisende kilometers wat jy aflê vir onderhoude. Ek onthou ek het eenkeer amper 700 km gery vir ’n onderhoud, en niks weer van die mense gehoor nie. En self was ek nog nie een keer vergoed vir my onkoste om onderhoude te gaan doen nie. Ek het al daarvan gehoor, maar het dit nog nooit beleef nie.

En dan kry jy die teenstrydighede.

Die een dag ry ek ook so hele ent na ’n stad. Goeie Christen en ek sit die dag daar en die man sê vir my, meneer Van der Merwe, ek het jou maar nou laat kom vir die onderhoud maar eintlik bied jy my nie veel nie. En jy is so geskok, maar later is jy woedend. Hoe op god’s aarde laat kom jy ’n mens vir ’n onderhoud as jy nie regtig veel dink van die mens se CV nie? Dit is totaal en al harteloos. Al die moeite om te gaan vir iemand wat jou net vir die pret laat rondry.

Dan weer kry jy ’n oproep uit die bloute uit. Nee jirre meneer Van der Merwe, kyk net na hierdie CV van jou! Ek kry die ding via ’n oud-kollega van my en kyk net wat jy als al bereik het! Nee jy hoef nie eens ’n onderhoud te kom doen nie jy moet net kom man.

Dít het ek ook al beleef. Sommer twee ouens gelyk wat jou nie eens nooi vir ’n onderhoud nie, net sê KOM.

En tussen dit als deur is daar die worries want jy wil nie te ver van jou familie en ou bekende omgewing af wegtrek nie. Húlle hoop in die stilte jy trek nie te ver weg nie. En jou geld raak op en jy het rekeninge. En asof dit alles nie genoeg is nie, moet jy lewe met die aanmerkings en die vernedering en die minagtende manier waarop jy behandel word deur mense wat hulleself die reg toe-eien om jou te beledig omdat jy nie werk het nie.

Maar die mees verstommendste ding vir my is dat daar mense is wat dink dat jy op ’n manier terug sal verlang daarna. Dat dit vir jou ‘lekkerder’ en ‘kommervry’ en ‘makliker’ was toe jy nie werk gehad het nie. Dit is totaal verstommend. Maar miskien moet ek ‘hulle’ ook maar vergewe. Dis gewoonlik mense wat nog nie self ‘dáár’ was nie. Maar dan weer is dit ook gewoonlik die tipe ou wat regtig baie graag ’n kla en kerm buddy in jou soek. Want hy stel tog nie regtig belang in of jy ook nou die 40 uur werksweek as uitputtend ervaar nie, hy wil eintlik net by jou kla oor hoe swaar die lewe vir hom is. Maar vir hom om te kan kla soek hy ’n mini-him wat ten minste ook sy eie werk haat. Dis hoekom die gesprek dadelik eindig as jy dan eerlik kan sê jy geniet dit verskriklik om te kan werk...

Maar ek het besluit dat ek my nie langer gaan steur aan iemand wat nog nie self werkloos was nie. Ek mag miskien nie veel van die lewe beleef het nie, maar ek was al werkloos in die nuwe Suid-Afrika, en dis ’n ondervinding wat, pynvol soos dit was, vir my ’n kosbare ervaring was. Dit is ’n belewenis waaruit jy nie uitstap sonder dat jy wonderlike vaardighede soos o.a. geduld en simpatie vir andere geslyp het nie.

Vandag werk en studeer ek tegelykertyd. En ek het nog nie een keer gekla en gekerm daaroor soos ek daai mense hoor kla wat nog nooit werkloos was nie...

Ek wil nie by wees as daai ou ooit sy werk verloor nie, maar ten minste sal dit hom iets gee om oor te kla...

- Hierdie is een van Barend se jongste blogs.
 

Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.
 
Share Print

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Lees meer van ons Gebruikers

Gelaai deur
Elmarie Badenhorst
Kinders het te veel regte

As kinders minder regte het en meer pak kry sal skole baie meer gedissiplineerd wees, skryf ’n leser. Lees meer...

7 menings 141 keer gelees
Gelaai deur
Vlam
Die jaloerse kêrel

Marie het ’n probleem... Sy sit met ’n kêrel wat baie jaloers is. Nou wend sy haarself tot dr. Eva vir raad... Lees meer...

4 menings 574 keer gelees
Gelaai deur
Barend
Die voortslepende drama

Corlea Botha gaan nog baie sukses beleef omdat sy ekstra moeite doen om haar musiek interessant te maak, skryf ’n leser. Lees meer...

3 menings 758 keer gelees
Gelaai deur
Tanya Jordaan
Laat geregtigheid geskied

Geen onskuldige man moet boet vir ’n daad van ander nie, maar so ook moet geen moordenaar en verkragter los kom deur swak ondersoek nie, skryf ’n leser.  Lees meer...

1 menings 185 keer gelees
Gelaai deur
Johan Jacobs
‘Bring die lat terug’

’n Pakslae in skool is soos die dood straf. Toe dit weg val toe is die kinders baas met hul eie regte, meen ’n Nuus24-leser.  Lees meer...

18 menings 415 keer gelees
Gelaai deur
Fanie.Os.Oppie.Jas
Oor die tekens van die tyd

Daar kom ‘n tyd in elke mens se lewe dat hy moet erken dat die tekens van die tyd deeglik sigbaar is... Lees meer...

9 menings 1078 keer gelees

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Cost Accountant

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Investment Associate

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Financial Accountant

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!
 

dienste

Nuusbriewe Kies wat jy wil hê

RSS Nuus eenvoudig afgelewer

Blogs Jou opinie oor alles en almal.

Selfoon Nuus24 op jou selfoon

Oor Ons Ontmoet Nuus24 se span

Nuus24 op jou iPhone Kry Nuus24-inhoud op jou iPhone.

 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.