Wil net sê dat ek nooit weer hierdie sentrum sal besoek as ek nie moet nie.
Daar was geen sekuriteit wat mense weg gehou het van die toneel waar die gevaar (’n gewapende rooftog) afgespeel het nie en ook was dit so 'n deurmekaarspul dat niemand geweet het waar om uit te gaan terwyl die rowers nog besig was nie.
Die sekuriteitswagte het ook niemand gekeer om in die sentrum in te kom nie. Soos ons uit beweeg het, het ons mense gewaarsku dat 'n gewapende rooftog besig is om plaas te vind sodat hulle nie in gaan nie.
Die sentrum sal regtig aan 'n noodplan moet werk sodat mense nie onwetend instap en in gevaar gestel word nie.
Net sodra mens sien alles lyk weer normaal en besighede maak weer deure oop, dan sien jy mense weer hardloop en gil, dan pluk al wat 'n winkel is sy deure toe en kruip weg agter die rakke ens.
Dit was erg traumaties vir my kindertjies. Sal regtig wil weet waar al die sekuriteitsmense was wat orde in sulke situasies moet handhaaf.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.