Lesers het hul mening op Nuus24 se Facebook-blad gedeel oor Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, wat gesê het openbare skole kan nie met privaatskole vergelyk word nie...
Frances van der Westhuizen: “Die uitslae (van die nasionale jaarlikse assesseringstoetse) was skrikwekkend. Staatskole 29 persent invergelyking mte privaatskole se 90 persent. Wat gaan sy doen? Dis haar Kers probleem.”
Natasha Beukes: “Sy is doodreg ja, dit kan nie vergelyk word nie. By privaatskole gaan daar nog iets aan, by openbare skole gaan min of niks aan.
Elna Barnard Van Zyl: “Wat gaan sy doen omtrent dit, hoeveel jaar is dit nou, geen vordering nie.”
Amanda Norval: “Daar gaan lankal NIKS in die openbare skole aan nie. Net jammer almal kan nie privaatskole bekostig nie. Maar hoe verwag jy moet daar by enige afdeling in die staatsdiens iets aangaan?”
Trish Steyn: “Dit kan sy weer sê want die openbare skole het niks om te kan vergelyk nie. Sy moet liewer haar werk doen.”
Daleen Jonker: “Natuurlik kan ’n mens nie die twee met mekaar vergelyk nie. In privaatskole kry kinders ’n skool opleiding omdat die ouers ten duurste daarvoor betaal. Die probleem in die staatskole is, dat die ouers nie daarvoor betaal nie. As die ouers begin betaal daarvoor, dan kan hulle ook op hulle agterbene spring en demand. Die arme ouers wat moet betaal se kinders se skool opvoeding ly erg, omdat so baie nie betaal nie. Ek glo as jy nie betaal nie, dan kan jy nie demand nie.”
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.