Nuus24 het lesers gevra wie hulle dink gaan vanjaar die Curriebeker-toernooi wen.
J Hattingh: “Die Haaie is ’n sterk span, maar ek dink die span met die minste foute en goeie issipline op die dag, kan dit wen.”
Susan Vermaak: “My Leeu-hart sê WP!!! Breek die beker droogte!”
Piet Vd Vyver: WP het o.19, o.21 en die eerste span in die finale. Alhoewel ek wil hê die WP moet wen, dink ek die Haaie se vaste vyf en Lambie dalk die verskil mag wees, MAAR ons gaan hulle ’n "go" gee.”
Graham Manuel: “Die beker kom huistoe waar dit hoort, finish en klaar. Make us proud boys. Go Province!!!”
Johan Hough: “WP sal maar weer choke... soos hulle altyd doen. Go Sharkies!”
Jacques A Pretorius: “Dit gaan ’n bomenslike vertooning vat vir WP in die Haaie se agterplaas. As die scoreline laag bly kan ’n Habana-drie die verskil maak tussen wen en verloor. Maar ek voel die Haaie gaan dit vat.”
Elmarie Hechter: “Die Haaie gaan dit doen die naweek. You go SHARKS vat dit huistoe.”
GESELS SAAM: Kan die WP presies 11 jaar nadat Corné Krige die beker gelig het, hulle trofee-droogte tot 'n einde bring? Of gaan die Haaie op hulle tuisveld koning kraai? Laai jou mening hier of stuur ’n e-pos na terugvoer@nuus24.com.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.