Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
LET WEL:

MyNuus24 is 'n afdeling vir gebruikersgegenereerde inhoud op Nuus24. Die afdeling se stories word deur lesers verskaf.

 
Barend
 
Menings: 25
Artikels gelees: 958
 
 
Jongste kentekens:
 
 

Twyfel oor die hemel

21 November 2012, 07:41  - Barend

“In die begin het God die hemel en die aarde geskep”.

En so begin die heel eerste boek in die Bybel. God, so word mens geleer, bestaan nog altyd. Daar is eintlik geen tyd by God nie. Daar is nie ’n Breitling brigade in die ewigheid nie. Jy los daai Breitling hier in die fisiese dimensie. Hy gaan nie saam nie.

En die hemel dan?

Ek het nog nooit die boek Die hemel is ’n werklikheid gelees nie, maar ek wil nog eendag. Ek is nuuskierig.

Daar is hierdie een man wat sê die Here bly nie in die hemel nie. Ek meen, dis ’n goeie vraag. As God tog nog altyd bestaan, sonder begin of einde, dan was ‘die hemel’ tog nie Sy tuiste nie. Want die “begin” wat Genesis na verwys, is nie die begin van God nie, maar die begin van die mens. Of wat praat ek alles? En die Bybel is duidelik dat die hemel nie sedert alle ‘tye’ bestaan het nie (hieroor stem die Bybel en die sterrekundiges wonderbaarlik skynbaar saam).

Die hemel is ’n plek in die harte van gewone mense. Dit is ’n spirituele toestand. Dit is die Christen se nirwana, kan mens amper seker sê. Dit is die enigste verklaring.

In die kerke verkondig ons natuurlik dat Jesus ‘opgevaar het na die hemel … vanwaar Hy sal kom om te oordeel’. Nou ja, ek bely hierdie dinge ook, maar ietwat langtand dit erken ek.

Mens kan nie help om te wonder nie. Is Jesus tog nie maar net soveel ‘hier’ soos wat Hy in ‘die hemel’ is nie? Maar volgens ons belydenis is Jesus “aan die regterhand van God, vanwaar Hy sal kom om te oordeel, die wat nog lewe en die wat reeds gesterwe het.”

En ons sê dat Jesus ‘op die derde dag opgestaan het uit die dode, wat opgevaar het na die hemel, en sit aan die regterhand van God’. Jesus was met ander woorde drie dae dood. Maar volgens die Lukas evangelie het Jesus glo vir die man wat aan die kruis langs Hom gehang het gesê “Vandag sal jy saam met My in die paradys wees” (Lukas 23:43).

Dit is maar vreemd. Die woord ‘paradys’ is maar vreemd. Dit eggo iets van die hele 2de Adam interpretasie. Waar die mens teruggebring word na sy ‘oorspronklike toestand’, al die pad terug na die ‘paradys’ toe. Die tuin van Eden.

Die kritici sal sê dat hierdie opmerking van Jesus as ’n bewys dien dat Jesus eintlik geglo het dat Hy besig is om ’n aardse koninkryk te kom vestig. Maar net ’n ent verder kry mens vir Jesus waar Hy bid en sê ‘Vader, in u hande gee ek my gees oor’.

Dit is duidelik dat die ‘paradys’ nie ’n fisiese plek is nie. Die ‘paradys’ is ook nie regtig ’n ‘paradys’ nie. Dit is ’n toestand binne die beperkinge van die vlees. Dit is ’n ingesteldheid waar die gelowige leef in ’n stukkende wêreld sonder om self stukkend te wees.

Daarom twyfel ek of daar iets soos ‘die hemel’ is, soos wat talle mense dit verstaan as ’n plek waar die Here bly.

- Hierdie is een van Barend se jongste blogs.

GESELS SAAM: Dink jy die hemel bestaan? Laai jou mening hier of e-pos dit aan terugvoer@nuus24.com.

 

Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.
 
Share Print

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
25 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Lees meer van ons Gebruikers

Gelaai deur
Willem Morris
Iets moet nou gebeur

Behuising en dienslewering is ’n baie groot probleem in Suid-Afrika. Dis tyd dat politici daad by hul woord voeg, skryf ’n leser. Lees meer...

4 menings 74 keer gelees
Gelaai deur
Hannes du Preez
Om te spel of nie...

As dit kom by spelling is hy nie die beste, maar ‘n skool moet tog weet hoe om te spel, skryf ’n leser. Lees meer...

5 menings 269 keer gelees
Gelaai deur
Morgan
Geen einde aan debat oor stadion

Die Stad Kaapstad sukkel so met die stadion, maar met WP Rugby aan die stuur kan die stadion vir minstens 10 maande in die jaar gebruik word.  Lees meer...

2 menings 275 keer gelees
Gelaai deur
Elmarie Badenhorst
Kinders het te veel regte

As kinders minder regte het en meer pak kry sal skole baie meer gedissiplineerd wees, skryf ’n leser. Lees meer...

15 menings 442 keer gelees
Gelaai deur
Vlam
Die jaloerse kêrel

Marie het ’n probleem... Sy sit met ’n kêrel wat baie jaloers is. Nou wend sy haarself tot dr. Eva vir raad... Lees meer...

5 menings 814 keer gelees
Gelaai deur
Barend
Die voortslepende drama

Corlea Botha gaan nog baie sukses beleef omdat sy ekstra moeite doen om haar musiek interessant te maak, skryf ’n leser. Lees meer...

2 menings 835 keer gelees

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Project Estimator

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Qualified CA

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering

Assistant Director

Sandton
Communicate Cape Town Engineering
R750000 - R1000000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!
 

dienste

Nuusbriewe Kies wat jy wil hê

RSS Nuus eenvoudig afgelewer

Blogs Jou opinie oor alles en almal.

Selfoon Nuus24 op jou selfoon

Oor Ons Ontmoet Nuus24 se span

Nuus24 op jou iPhone Kry Nuus24-inhoud op jou iPhone.

 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.