Ek trou in November en die dink die troubedryf is ’n belaglike melking van mense se geld.
As jy ’n saal huur vir ’n troue betaal jy dubbel soveel as wanneer jy dit huur vir ’n gewone konferensie, dit sluit albei die dekor uit.
Fotograwe vra meer vir trou foto's as enige ander foto's. Die kos by die venue kos R60 per kop duurder vir ’n buffet-ete as wanneer dieselfde venue ’n buffet-ete hou op Sondae (en dan kan die mense soveel eet soos wat hulle wil). Sjampanje is ongeveer R40 per bottel duurder.
Ek dink dat van die swart mense ons hier een voor is. Hulle sny die venue en die venue se kos uit, maak ’n paar potte kos en gee al die drank.
Hulle troues werk hulle die helfte uit wat ons troues doen en hulle het ’n helse lekker tyd.
GESELS SAAM: Stem jy saam met die skrywer? Het jou troue jou ’n plaas se prys gekos? Stuur jou mening na terugvoer@nuus24.com.
Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's
Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.