Traumatiese hospitaal-ondervinding
deur Bennie
2009-11-02 08:23
Dit is met skok dat ek vandag by Kuilsrivier Hospitaal eerstehands ervaar het hoe swak hul diens by die noodeenheid is.
Ek het al soveel kere by ander mense klagtes gehoor maar nooit geglo nie.
Ek het 'n siek familielid vergesel en was genoodsaak om in die noodeenheid se wagkamer te wag totdat daar aandag gegee word aan die pasiënt.
In die tydjie wat ek daar gesit het, het daar 'n jong man op 'n rolstoel die eenheid binne gekom, baie duidelik in erge pyn.
Die ontvangsdame het dadelik probeer om die verpleeg personeel se aandag op die jong pasiënt te kry – dié het net mooi armpies gevou gestaan, vier stuks van hulle, en gesê die pasient moet maar sy beurt afwag. Skokkend!
Ek kon duidelik hul houding waarneem van waar ek was – die area tussen die ontvangs-wagkamer en waar hul geselsend gestaan het is oop.
Terwyl ek nog sit en wonder wanneer iemand hulself gaan verwerdig om die jong man uit baie ongemaklike medepasiënte se teenwoordigheid gaan wegneem kom daar 'n ander pasiënt in wat se neus aanhoudend bloei.
Weer staan die ontvangsdame dadelik op en rapporteer aan dieselde vier stuks dat daar 'n aktiewe bloeiende pasiënt is en vra of sy hom maar agtertoe kan stuur, en wragtig kry sy weer die antwoord dat die pasiënt ook maar moet wag.
Dit lyk toe of die ontvangsdame self besluit het om iets aan die saak te doen en sodoende is die pasiënt toe deur haar aangesê om asseblief deur te stap na die verpleegpersoneel toe.
Ek het teen die tyd al nader aan die ontvangstoonbank beweeg omdat ek wou sien watter reaksie die optrede gaan uitlok; sowaar, vier kopskuddende verpleegpersoneellede.
Nie een besig nie; staan net daar rond.
Ek kon ook duidelik waarneem dat hulle nie gelukkig was met die otvangsdame se besluit om die pasiënt agtertoe te neem nie, maar my leke-diskressie sê vir my dat sy heeltemal reg opgetree het.
Ons wat in die wagkamer sit het nie nodig om blootgestel te word aan hierdie traumatiese gevalle nie en as daar hande is om hulle te help, waarom nie?
A nee a, Kuilsrivier Hospitaal. Skud jul vere reg!
Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's
Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.