Ter viering van die onbenullige...
deur Hannes du Preez
2011-12-06 12:00
Hartlik welkom by die Onbenulligste toekenningseremonie van 2011! Moenie te veel verwag nie. Hierdie seremonie is nie flashy nie.
Hierdie seremonie beteken so veel soos die mense, die gebeurtenisse en die stories hierin. Met hierdie toekennings was daar ook nie ‘n groot paneel van “bekende” of “berugte” of “onbekende bekende” beoordeelaars nie, so vat alles maar met ‘n knippie sout; of net soos jy wil.
Laat die toekennings begin… Onbenullige mense
Die top drie finaliste in hierdie kategorie is ……………. Wag……… vir………….. dit……….. Hier…….. kom…….. dit……
1. Die Kardashians
2. Pippa Middleton
3. Dokter Conrad Murray
Julle mag sê dat daar altesaam vyf mense in plaas van slegs drie is, wel dis omrede dit drie K’s (Kim, Kourtney en watsenaam ) daardie plek deel.
Verduidelikings hoekom hierdie mensies die finaliste is, is soos volg:
Die drie K’s
1. Sensasie soekers
2. Verveelde ryk bedorwe brokkies
3. Dom
4. Mooi vir sommige mense, meerendeels die Amerikaners
5. As ek ook my privaat lewe so publiek sal kan maak, sou ek ook al lank al famous gewees het.
Pippa
1. Sy as mens is seker nice, maar die media maak van haar iets wat sy nie wou of moes wees nie
2. DIT. IS. AL. DESEMBER! en die Koninklike troue was in A P R I L. Hoekom is sy nogsteeds in die nuus?
3. Haar klere smaak, wat seker mans laat smeul. Jong, nie vir my nie. Sy is nie juis mooi nie.
4. Omdat sy ‘n koniklike se suster is
5. Wat het ek gemis?
Conrad Murray
1. Julle gaan seker geaffronteer voel. Maar die hoofrede dat hy op hierdie lys en die HEEL tyd in die nuus is, is omdat hy Michael Jackson se dokter was.
2. As MJ nie dood gegaan het nie, sou ons nooit eers van hom geweet het nie.
3. Die heksejag om hom te blameer oor hoekom MJ dood is, is in my opinie niks minder as verregaande, maar dis tipies mens om sulke dinge te doen.
4. Wat het hy werklik verkeerd gedoen?
5. Is daar nog iets?
Ek hoop julle vang die sarkasme.
Mense is so honger vir sensasie dat hulle allerhande snert sal lees. Wat maak hierdie mense regtig nuuswaardig? Het die mensdom regtig so “dom” geword dat sensasie al is waarin hulle belangstel? Is daar nie meer goeie leesstof daar buite nie? Ek kan ‘n roman lees, en veel meer genot daaruit put.
Onbenullige gebeurtenisse
Die top drie finaliste in hierdie kategorie is ……………. Wag……… vir………….. dit……….. Hier…….. kom…….. dit……
1. Lindsay Lohan se pa wat tronk toe gaan of wat ook al
2. Heinz se vrou wat ‘n babadagboekie het
3. Wie met wie ook al geslaap het
Oukei. Hierdie finaliste is ook meerendeels mens-agtig. Die rede hoekom hierdie drie finaliste hier is kan ‘n mens sommer met die volgende lysies opsom:
Lindsay en haar pa se alledaagse kommin doen-en-late
1. Lindsay Lohan is so nie meer nuus nie! Nog minder is haar pa! Ek meen, regtig, wie gee om oor sy doen en late?
2. Hulle is kommin, en as dit nie vir die TV was nie, sou ons nooit eers van hulle geweet het nie.
3. Ek het eintlik ‘n probleem omdat hierdie persoon se gebeurtenisse, tussen die finaliste kan wees, en dit is: ek het nou die dag ‘n wind gelaat waar ek nie moes nie – dit was nie eers in oorweging gebring nie! Miskien is dit omdat ek nie “beroemd” is nie… Hoekom is my winde nie so ook nuuswaardig nie? Dit maak nie sin nie
Die baba-dagboekie
1. Elke dag word miljoene vrouens swanger, en skenk miljoene vrouens geboorte, maar hierdie keer is dit anders en meer spesiaal…
2. Ek ken iemand wie onlangs geboorte geskenk het, en ek het gewonder of daar ook nuuskameras sou wees, maar daar was nie, hoekom nie?
3. Privaatheid bestaan nie meer nie, hoekom moet die hele wêreld eintlik elke keer weet wanneer die babatjie draai of poef?
Saam-slaap-fiasko’s
1. Mense is honger vir sulke nuus. Hulle put genot daaruit om te sien wie het nou alweer iemand verneuk. Dis waaroor NUUS deesdae gaan.
2. Soos vroëer genoem, privaatheid bestaan nie meer nie. Wat maak dit werklik ons besigheid om van nog iemand se smart te lees?
3. Daar is mos nie erger smart soos die nie. Nee. Dood, moord, verkragting en alles soortgelyk is nie meer belangrik nie!
Weereens, vang asseblief die sarkasme.
Hierdie tipe stories laat my dink aan ‘n fliek genaamd Idiocracy. Ek weet nie of julle dit al gekyk het nie. Julle moet as julle tussen die lyne kan lees.
Die wêreld word al hoe meer vermaak-gesentreerd, in plaas van werklikheid-gesentreerd. Werklike nuus is ook nie meer nuus nie. Dinge word weggesteek. Ons lees elke dag honderde slegte stories, waar is die voel-goed stories?
Moenie vir my sê dat daar absoluut niks goed daar buite aangaan nie? Moenie vir my sê dat normale mense se opinies en normale mense se belewenisse nie ook belangrik is nie.
Hoekom moet ons gebombardeer word deur, soos die Engelse sal sê, mind-numbing stories? En, die laaste, maar nie die minste….. onbenullige stories!
Die top finaliste in hierdie kategorie is ……………. Wag……… vir………….. dit……….. Hier…….. kom…….. dit……
Al die bogenoemde stories.
Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's
Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.