Brentie

Nuus24-gebruiker
Tweets Share Share line Print

Te min mediese verskaffers?

deur Brentie
2010-02-22 07:32

'n Mark waar daar 'n paar verkopers is waar almal min of meer dieselfde dienste aanbied is 'n oligopolie.

In die jongste tyd het van die kleiner skemas ook saamgesmelt, soos bv. Munimed met Global om saam Key Health te vorm.

Lidmaatskap van so'n skema is nie goedkoop nie.

Op bv. die Platinum-skema van Keyhealth sal 'n lid met een volwasse afhanklike en een mindejarige kind R5 920 per maand of R71 040 per jaar moet opdok.

In 'n land waar meer as 35% van die werkende bevolking heelwat minder as dit verdien is so'n skema dus buite bereik van hul inkomste.

Die goedkoopste opsie, Brons, sal R1 442 of R17 304 per jaar beloop. As 'n mens egter in ag neem dat skoonmakers by 'n groot Supermark +/- R1 500 pm verdien is dit duidelik dat dit ook buite hul bereik is.

Dit is die koste verbonde aan dié skemas wat die regering dus dwing om na ander alternatiewe te kyk.

'n Mens sal egter aanneem dat jy by die Platinum-keuse van Keyhealth geen bybetalings bv. tot sommige tandheelkundige dienste hoef te maak nie.

Dit is egter nie die geval nie. Op sommige dienste kan jy verwag om tot 15% bybetaling te doen op bv. krone en brue.

Die bybetaling is direk aan die verskaffer betaalbaar.

Bonitas en Keyhealth se tandheelkundige dienste is ook onderhewig aan die protokol van Denis.

Denis beskryf hulself soos volg: 'Dental Information Systems - Denis (Reg. no. 1996/000371/07) is the largest independent dental claims administrator in South Africa and during the past 10 years has successfully made its mark in the South African Healthcare Industry. Operating through selected existing medical schemes, Denis has become well established as the market leader in dental benefit management, currently representing 1.5 million lives in dental insurance benefits.'

Dit is dus duidelik dat hulle die diens wat vroeër deur mediese skemas verskaf is aan sy lede oorgeneem het as 'n spesialisdiens.

In beginsel is daar geen fout mee te vind nie.

Daar het egter 'n tendens na vore getree wat inmeng met die vrye mark en dui op vorming van 'n soort monopolie in die sin dat Denis vinnig besig is om die enigste aanbieder van die diens word.

Al hoe meer mediese skemas maak gebruik van die diens.

'n Mens sou nog ter wille van eenvormigheid met dit kom saamleef, maar Denis het onlangs besluit om tandartse wat nie hul protokol onderskryf nie vanaf 1 Januarie 2010 nie meer direk te betaal nie, maar om betalings aan lede van die fondse te maak van wie dit verwag word om die bedrae oor te betaal aan die diensverskaffer.

Dit is duidelik dat dit 'n strafmaatreël is wat tipies aan monopolieë is. Lede word dus gedwing om diensverskaffers te soek wat wel die protokol onderteken het en tandartse word gedwing om die pasiënte as privaat pasiënte te hanteer wat dan self hul eise moet indien.

Is dit 'n gesonde toedrag van sake dat een verskaffer die mark begin oorheers en aan die tandheelkundige bedryf begin voorskryf deur sy protokol af te dwing en strafmaatreëls teen die onwilliges in te stel?

Hoor graag wat Nuus 24 gebruikers sê.

Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's

Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Beoordeel hierdie artikel:
Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Jou Storie-kommentaar

jpstrauss sê... sudo add-apt-repository ppa:ubuntu-wine/ppa, sudo apt-get update, sudo apt-get install wine1.3 Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-16°C Passing showers. Scattered clouds. Cool. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 5-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-27°C Sunny. Pleasantly warm. PE: 13-19°C A few showers. More clouds than sun. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 TDi Sportline 5-dr Dsl
2005
R 159,950.00

NISSAN

Micra 1.4 Elegance 5-dr
2004
R 69,995.00

VOLKSWAGEN

Golf 4 1.9 TDi Highline 5-dr Dsl
2004
R 124,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.