Matt Heyns

Nuus24-gebruiker
Tweets Share Share line Print

Taal word nie voldoende beskerm

deur Matt Heyns
2010-09-01 07:43

Waarom is moedertaalskole van kardinale belang?

Afrikaanse moedertaalskole geniet nie die gewenste beskerming nie. ‘n Meertalige samelewing verwag van n grondwet om voldoende beskerming te bied. Die huidige ideologiese beleid van verengelsing is baie meer nadelig vir Afrikaans as wat Milner ooit van kon droom en rig afskuwelike skade aan 'n moderne pragtige en kragtige taal.

Miskien is daar onsekerheid oor die begrippe moedertaalonderrig en moedertaalskole. Diegene wat by die grondwetlike onderhandelings betrokke was het te kenne gegee dat moedertaalonderrig Afrikaanse onderrig sou beveilig. Hierdie siening was egter erg misleidend. 

Moedertaalonderrig sal moontlik wees al bly daar nie een Afrikaanse skool oor nie.

Moedertaalonderrig is nie waaroor dit gaan nie. Moedertaalskole, met 'n bepaalde etos en karakter, wat nie behoue bly nie, is die doring in die vlees van minderhede. Die sogenaamde wigte en teenwigte, waarmee die onbeholpe onderkonkelaars so gespog het, het toe nooit n werklikheid geword nie. Hierdie versuim grens aan 'n kriminele oortreding. Sommige noem dit n ernstige flater of mistasting.

‘n Beduidende aantal Afrikaanse skole is alreeds gedwing om parallel- of dubbelmedium-skole te word. Al hoe meer sal heelwaarskynlik hulle voorbeelde moet volg. Die skade wat berokken word is hartverskeurend. Is daar dalk 'n Afrikaanse kultuurliggaam wat dit nodig ag om 'n omvattende opname van hierdie skade te onderneem.

Die woorde van Bertus de Villiers, wat by die grondwetskrywende proses betrokke was, “Ons het in hierdie grondwet ons bes vir Afrikaans gedoen. Ons het nie 'n slegte ooreenkoms gekry nie,”  laat 'n mens opnuut wonder hoeveel ander onbeholpe onderkonkelaars by die skrywe van die finale grondwet vir SA betrokke was. Blykbaar het net die ANC , na die Notule Van Verstandhouding onderteken is, die grondwet voltooi soos dit hulle pas.

Reg van die begin af was dit duidelik dat die howe hierdie betrokke artikel anders vertolk. Skole is eenvoudig toegelaat om net Engels te gebruik. Daarna het die staatsdiens feitlik in sy geheel oornag na Engels oorgeslaan. Maar hef aan lê nog voor.

Gaan die US nou met studente gevoer word wat hoiti toiti Afrikaans as ‘n vak geslaag het in graad 12? Maar hoiti toiti Afrikaans klink darem beter as die hoiti toiti Engels wat nou mode is!


Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's

Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.

Beoordeel hierdie artikel:
Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Jou Storie-kommentaar

Blip sê... Ons het wel ander uitvoere -- minerale, veral -- wat ons buitelandse valuta inbring. Nes hoe die olieproduserende lande hul olie verkoop. Selfs toe ons deur sanksies geknel was het ons altyd genoeg olie uit die Midde-Ooste kon koop (al was dit teen 'n premie deur middelmanne) En voedsel kan altyd in soortgelyke krisisse bekom word. Ons hoef regtig nie ons te verbeel ons woon in 'n permanente beleg nie en dat ons daarom moet laertrek. Die ou sanksie-era is lankal verby en selfs dan was daar g'n voedselsanksies nie. Terwyl olie 'n skaars kommoditeit is en die aantal uitvoerprodusente beperk is -- en dus 'n kartel kan vorm -- is voedselprodusente byna onbeperk die wereld vol versprei en kompetisie is dus oop, wat kartelvorming beperk en pryse laag hou. Slegs natuurrampe soos droogtes, vloede, siekteplae ens kan tydelike tekorte en prysstygings skep, maar hulle kan ook jare van oorvloed en oorproduksie skep wat pryse so laag laat daal dat marginale produsente hul uit die mark onttrek omdat dit onwinsgewend is. Die wereldmark van handel is, natuurlik, 'n zero-som vergelyking: tel alle uitvoere in die wereld op, en dis presies dieselfde as alle invoere in die wereld, want elke uitvoerder verg 'n invoerder, en die omgekeerde. Solank jy, as 'n land, jou handelsbalans binne redelike noue perke hou, maak dit min saak wat presies jy uitvoer of wat jy invoer. Dus, voer net meer mangaan uit en voer dan meer mielies in. Alles in die haak! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 4-16°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Bid Controller

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Strong Mid-Level Java Developers - R300K - Randburg

Johannesburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R250000 - R300000

System Administrator

Centurion, South Africa
Reel Recruit Solutions CC
R15000 - R20000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S40 2.0 T Local
2001
R 64,369.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 129,990.00

TOYOTA

Landcruiser PU 4x4 Dsl
2005
R 225,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.