Insake: ANC soek nuwe taalbeleid
As hulle dit van toepassing wil maak op skole gaan hulle lelik vas sit. Die skool se beheerligaam stel die taalbeleid op.
Die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) sal nie inmenging duld nie. So is dit dat daar 'n hof-uitspraak was vanjaar dat die staat en sy departemente nie mag inmeng met 'n skool se beleide nie.
Ons LOLT (language of learning and teaching) is Engels en Afrikaans want dis wat die ouers wou hê.
Ek glo die ANC moet gaan hoor wat die ouers wil hê, hoor wat die leerders verkies, hoor wat die onderwysers te sê het. Na hulle geluister het, moet hulle dan die wette van ons grondwet gehoorsaam.
Taal is die regsgoed van individuele regte. Die grondwet waarborg die regte. Die staat mag alle redelike onderwys-alternatiewe oorweeg, ook enkelmedium-instellings. So as die ANC die taalkwessie wil aanvat moet hul dink aan redelik wees. Los wat werk.
Laat die maar 'n waarskuwing wees vir die staat. Mors met ons taalkeuses en jul sal 'n hele klompie befoeterde ouers op jul voordeur hê.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.