Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
LET WEL:

MyNuus24 is 'n afdeling vir gebruikersgegenereerde inhoud op Nuus24. Die afdeling se stories word deur lesers verskaf.

 
Arno M
 
Menings: 1
Artikels gelees: 255
 
 
Jongste kentekens:
 
 

Sukkel-sukkel deur 2012

31 December 2012, 09:22  - Arno M

'n Mens wil graag aan die einde van 'n jaar terugkyk op gebeure en die positiewe aspekte uitlig. Tog is dit ná 2012 besonder moeilik om te doen.

Natuurlik is daar elke jaar negatiewe aspekte, en geen jaar is perfek nie, maar dit voel tog of hierdie jaar selfs moeiliker as ander was.

Op internasionale vlak het besparingsmaatreëls in Europa groot paniek veroorsaak en hoewel ons in Suid-Afrika nie te erg daardeur geraak is nie (nóg nie), het dit tog bygedra tot 'n mate van spanning.

Dié probleme ver van die huis af lyk egter klein wanneer dit vergelyk word met die probleme wat ons op 'n alledaagse basis raak.

Op onderwys-gebied dink 'n mens aan die fiasko wat met die handboekkrisis in Limpopo gepaard gegaan het. Ook die uitslag van 'n studie wat getoon het dat wiskunde- en wetenskaponderrig in Suid-Afrika onder die swakste in die wêreld is, het groot onrustigheid veroorsaak.

Dié spesifieke probleme is vir my veel erger as die ander, omdat dit nie net nou 'n impak op ons land het nie, maar ook groot vrae laat ontstaan oor die toekoms. Wanneer dit is hoe ons onderwysstelsel lyk, begin 'n mens baie bekommerd raak oor die toekoms van 'n land soos ons s'n in 'n wêreld waar alle spelers net meer mededingend word.

Gepraat van mededingend: 2012 sal ook onthou word as die jaar waarin Suid-Afrika se mededingendheid aansienlik gedaal word, veral in terme van ons arbeidsmark. Groot arbeidsonrus (soos by Marikana en onder plaaswerkers in De Doorns) het gewys dat die jaarlikse stakings deur werkers oral die volgende vlak bereik het, waar geweld en lewensverlies nie meer vreemd is nie. Intussen word ons al hoe minder mededingend – tot op die punt waar mynmaatskappye nou weer kyk na platinumproduksie in Zimbabwe, eerder as hier, waar werkers minder wil werk, vir meer geld.

Tesame hiermee was die Nkandla-sage ook 'n skerp herinnering dat diegene met mag nie noodwendig omgee wat met die armes gebeur nie, solank hulle vir hulself kan sorg.

Ek wil nie klink soos die ewige pessimis nie, want daar is heelwat om voor dankbaar te wees. Maar dis die bogenoemde faktore wat my regtig bekommerd maak oor die toekoms. Ek hoop dat ek nie oor vyf jaar sal terugkyk na 2012 as die jaar waar alles lelik begin skeefloop het nie.

Kom ons hoop dis ná 2013 makliker om die positiewe aspekte te identifiseer.

Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.
 
Share Print

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Lees meer van ons Gebruikers

Gelaai deur
Simon Riekert
Die Springbokke speel vir almal

Daar is verskeie tipes rugbyondersteuners, maar die Springbokke speel vir almal, skryf 'n Nuus24-leser. Lees meer...

2 menings 76 keer gelees
Gelaai deur
ChrisAkkedis
Is jy ‘n internet trol?

‘n Internet trol ‘n wrede en kwaadwillige gebruiker wat 'n aanlyn-gemeenskap besmet met haat en verdeeldheid, skryf ’n leser. Lees meer...

42 menings 401 keer gelees
Gelaai deur
pieterpompies
Ons is ’n kwesbare spesie

Ten spyte van ons eie subjektiewe opinie oor ons self, is ons maar uiters gemiddeld wat vermoëns betref...  Lees meer...

16 menings 224 keer gelees
Gelaai deur
Wouter Willemse
Kommentaar of commin-taar?

Kommentaar is die geleentheid om standpunt te deel en jou insig te toon, nie om ander aan te val nie... Lees meer...

7 menings 201 keer gelees
Gelaai deur
JanGreen
’n Ope brief aan alle ongelowiges

Lees hier ’n Nuus24-gebruiker se ope brief aan alle ongelowiges... Lees meer...

119 menings 2195 keer gelees
My pa, my hero

Vandat sy haar oë op haar pa kon lê was hy vir haar die mooiste, beste pappa in die hele wêreld en haar rolmodel in die lewe... Lees meer...

2 menings 502 keer gelees

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!
 

dienste

Nuusbriewe Kies wat jy wil hê

RSS Nuus eenvoudig afgelewer

Blogs Jou opinie oor alles en almal.

Selfoon Nuus24 op jou selfoon

Oor Ons Ontmoet Nuus24 se span

Nuus24 op jou iPhone Kry Nuus24-inhoud op jou iPhone.

 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.