Insake: Herregistrasie vir pensioentoelaag
Ek was vandag (Woensdag) by die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Welsyn (Sassa) in die Vrystaat. Ek is weggewys om te herregistreer omdat ek 700 kilometer ver in KZN bly.
Ek moet glo teruggaan na my tuisdorp en 'n brief van Sassa daar kry dat ek in die Vrystaat is (kuier) en nie hier mag herregistreer nie.
Ek het tot dusver geen brief ontvang dat ek moet herregistereer nie.
Indien ek dit nie doen nie sal ek vanaf 1 April 2013 geen pensioen ontvang nie. My dogter het op die internet gesoek vir "updates", maar niks gevind nie.
As ek bel vir inligting word die fone nie beantwoord nie.
Gee raad asseblief.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.