Stakings: Stuur jou foto's en stories
deur MyNuus24-redakteur
2010-08-18 15:52
Staatsdienswerkers het met ‘n landwye staking begin om op beter lone aan te dring, en sê hulle geduld met die regering is besig om op te raak.
“Die staking deur staatsdiensvakbonde sal voortgaan totdat die werkgewer die werknemers se vereistes tegemoet kom,” het Cosatu en die Onafhanklike Arbeidskoukus Dinsdag in ‘n gesamentlike verklaring gesê.
Intussen is 'n nuwe loonaanbod afgekeur, en dit lyk nie of daar enige vooruitsigte vir vinnige oplossings is nie. (Lees hier al die jongste nuus oor die stakings).
Is jy op die een of ander manier deur die stakings geraak? Het jy betogers afgeneem, of het jy 'n storie om te vertel wat verband hou met die stakings? Stuur jou foto's aan ons by fotos@nuus24.com, of stuur 'n storie oor jou staking-ervaring na terugvoer@nuus24.com.