Rene

Nuus24-gebruiker
Tweets Share Share line Print

Stakers saai paniek

deur Rene
2010-08-20 07:25

Nuus24-gebruiker Rene het vir ons hierdie e-pos oor die staking deur staatsamptenare gestuur:

Al was ek nie daar nie, was ek daar. Dit het alles begin met hierdie e-pos van my vriendin, Antionette Terblanche, hoof-apteker by Sebokeng Hospitaal (Vereeniging).

19 August 2010 10:54:03 AM

Hulle strike erg hier  by ons.


Van die 32 personeellede is ons net drie aptekers oor wat onsself in die apteek toegesluit het. Ons het nou net nuus gekry hulle kom om ons uit te haal. Bid asb!!

Daarna SMS sy net; geen meer epos nie. Sy sê hulle ruk aan die deure, en dat sy en die twee ander aptekers hulself in haar (Antionette) se kantoor toegesluit het en die ligte afgesit het. Antionette is agt maande swanger, en sy is 'n pragtige Christenmens wat almal altyd help. Hoekom sy vandag gaan werk het, weet ek nie – sal haar nog moet vra!

Na 'n rukkie SMS sy my weer en vra ek moet my vriendin, adj. off. Michelle Stephenson van Boipathong Polisie, vra om die polisie uit te stuur, maar omdat Boipathong nie jurisdiksie het oor Sebokeng nie, kon A.O. Stephenson net 'n patrolliewa uitstuur om te gaan kyk.

Die ding was juis – niemand (nie die polisie) het geweet die drie vrouens is vasgekeer in die apteek, in die hartjie van die hospitaal nie. Alhoewel die polisie teenwoordig was by die hospitaal, het hulle nie van die drie vrouens se penarie en vrees geweet nie. Hulle was wel teenwoordig, maar sou nooit dink daar is mense in die apteek nie. Die skare het geraas en rondbeweeg.

A.O. Stephenson het toe die stasiekaptein gebel by Sebokeng, ene kaptein Sharlee. Ek het ook, uit paniek, die kaptein gebel en was eers van bakboord na stuurboord gestuur, maar uiteindelik praat ek toe met (vroue) kaptein Sharlee. Ek het toe op die vrou/ma in haar staatgemaak, en haar vertel my vriendin is agt maande swanger, bang en verskrik en dat hulle hulself toegesluit het binne-in die kantoor in die apteek, en dat hulle hoor hoe die mense aan die deure ruk en skree: "we know you're in there!".

Ek het gebid, ek het God gevra om sy engele met hulle kragtige swaarde om die aptekers te span, en Psalm 91:11 oor hulle uitgespreek – "want Ek sal my engele opdrag gee om julle te beskerm en julle op die hande te dra, sodat julle nie julle voete teen 'n klip stamp nie".

En ek het my hele gebedslys aangetree om te bid vir hierdie drie mense.

Die kaptein het my gevra of die aptekers hulself toegesluit het, en ek het gesê ja – want hulle vrees vir hul lewens.

Omtrent 15 minute later bel my vriendin my en se "Ons is uit!". Ek was sowaar huilerig en bewerig; seker naskok! Later het sy ge-SMS en gesê sy het heeltyd goed kopgehou, maar dat sy nou, nadat alles verby is, lekker sit en huil.

As mens nie daar is nie, kan jy jou nie in die situasie indink nie. Maar noem 'n mens dit nou geluk? Is hulle "gelukkig" om ongedeerd daaruit te kon kom? Watse soort geluk is dit? Watse soort land bly ons in?

Hierdie jaar alleen is ek in my huis in Vanderbijlpark gehuisroof, vier mans met pistole – hulle het Goddank net my kar, kamera en selfone gevat, en ons niks aangedoen nie. My vriendin is voor haar huis geroof – einste A.O. Michelle Stephenson. Die onnosele mense kon nie eens die kar ordentlik bestuur nie – dit was 'n polisiekar, en dit is later weer gekry.

Myne is nooit gekry nie. My verlies. A.O. Stephenson se niggie is sowat 'n maand gelede ook gekaap, haar karretjie gevat. My ander kar is in 2000 gesteel, my handsak is al gesteel. My vriend van Vaaloewer, Vanderbijlpark, is al drie keer met wapens geroof; die laaste keer het hom erg geruk. Elke dag lees ons van moord, verkragting, roof. Daar is nie meer einde nie, dis of dit spoed vang. Gister is my vriendin van Bloemfontein in haar winkel in Harveyweg met 'n pistool teen die kop aangehou, maar die onnosel dief het self die panic button per ongeluk gedruk toe hy dit gegryp het. Hy het weggehardloop, maar sy maatjie is deur die mense in die omgewing vasgevang, en goed opgefoeter voor die polisie kon opdaag.

My vriendin is getraumatiseer, maar gelukkig is sy 'n sterk mens. Dis asof jy "uit" is as dit nog nie met jou gebeur het nie... regtig, net God kan jou beskerm. Laasjaar het hulle dieselfde met haar man gedoen – die wapen selfs gespan teen sy kop. Ek kan aangaan en aangaan... dis nie meer stories wat jy van ver af hoor nie – dis nou jy, of jou naastes, wat geraak word.

Ek dink ons bid te min.

– Het jy 'n ondervinding van jou eie om te deel? Stuur vir ons jou foto's of storie oor die stakings.

Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's

Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Beoordeel hierdie artikel:
Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-29°C Showers early. More sun than clouds. Warm.
Jhb: 17-26°C A few showers. Afternoon clouds. Mild. Bfn: 19-29°C Strong thunderstorms. Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 23-29°C Showers late. More clouds than sun. Warm. PE: 20-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Network Engineer

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
R20000 - R32000

Data Manager

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
Market Related

PL/SQL Oracle Developer

Midrand
Nu Beginnings Recruitment Specialists
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Vivo 1.4 Trendline 5-dr
2011
R 119,900.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2007
R 164,900.00

NISSAN

Tiida 1.6 Visia+ AT
2010
R 119,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.