Nuus24-lesers deel hul mening oor Popcru wat meen die dele van Die Stem moet uit die volkslied verwyder word.
Bennie Smith Snr: “Plaas die polisie vakbond eerder fokus op orde en dissipline en nie op dinge wat werk nie, of wil hulle oral chaos inbring.”
Hein Schmidlin: “Ek respekteer die lied klaar nie meer nie, want ek praat niks anders as Afrikaans en Engels nie. As die lied my kultuur nie langer gaan verteenwoordig nie sal ek dit totaal verwerp en nie eers meer op aandag staan nie. My voorstel: Kry 'n gemeenskaplike volkslied wat al die kulture in ons land verteenwoordig en stel dit beskikbaar in al ons landstale met Engels as die internasionale weergawe.”
Kobus Muller: “Verwyder Die Stem, dan verwyder ek die volkslied uit my lewe. Hoe kan dit n "VOLKSlied" wees as dit net ’n sekere gedeelte van die volk verteenwoordig?”
Nicolene Blom: “Ek hou nie daarvan nie. Dan kan jy dit nie 'n volkslied noem nie!”
Anel Bezuidenhout: “Natuurlik beteken Die Stem iets! Die Afrikaanse EN Engelse weergawe. Dit is deel van ons kulturele erfenis en geskiedenis- ou sowel as nuwe Suid-Afrika- Is die simboliek dan nie dat ons ten spyte van verskillende rasse kon "verenig" nie? EK sal beslis standpunt inneem om dit te behou, want as Afrikaans sprekende is dit my verantwoordelikheid om my kinders kultureel en godsdienstig op te voed...”
Anita Pieterse: “Narrowmindedness... Soos dit is verteenwoordig dit darem vier entiteite. Maak dit eerder dan Engels. Dan is dit niemand se moedertaal nie...”
Beulah Matthyse: “Ek kan nie sien hoekom Popcru hulle uitsit oor die stem en lede in DKD en SAPD sukkel met soeveel belangrike kwessies in hul werksplekke nie. Maak die volkslied Engels. Dan is alles mos reg want dis waaroor die groot bohaai gaan...”
Amanda Strydom: “Ons is ’n reënboognasie! As hulle dit verwyder kan hulle net sowel die reënboog ook verwyder! Dit is net nie reg nie. Wit, swart of pienk, almal het ’n sê en reg!”
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.