Só voel lesers oor Smith
deur Nuus24-lesers
2012-01-20 14:29
Nuus24-lesers deel hul mening oor Graeme Smith se plek in die Proteas-span...
Reynold Blom: “Hy moes al lankal die trek pas gekry het! Pos hom!”
Christo: “Hy het 'n afrigter met guts nodig om sy tegniek te verander en weer reg te maak. Sy grip is verkeerd hy kan net edges kry en oor die lyn speel. Geen wegkant spel is moontlik met so greep nie so jy beperk jou areas om lopies aan te teken.”
Rose-Mare Venter: “Hy verdien beslis nog 'n kans.”
Fanie Terblanche: “Pos hom.”
Adriaan Horn: “Dankie vir alles Graeme, maar jy is klaar!”
Barry Gerber: “As Gary so voel, gee hom dan kans om sy vorm te herwin maar soos enige ander krieketspeler by sy provinsie, nie waar hy die nasionale span onder druk plaas nie. Dit werk so met al die ander spelers hoekom nie met Smit nie?”
Smit: “Gee hom ’n kans, as niks gebeur van sy kant nie, moet hy self besluit dat hy nie daar hoort nie!! Lopies wen wedstryde,en nie jare se ervaringe? Hy het sy deel gedoen,en dit is gewaardeer. Sterke maat.”
Pieter Venter: “Hoekom kan hy nie sy voete gaan vind in Provinsiale-krieket nie? Hy hou ander belowende spelers uit die span en dit is nie regverdig nie. Gary, asseblief, doen die regte ding en laat hom uit die span.”
Louis Heyns: “Hy is oor die muur, raak ontslae van hom. Die bietjie krieket wat ek sien is pateties as hy kolf.”
Omar Khan: “Ek glo nie met al sy ondervinding dat hy nou al moet gaan nie. Skuif hom na sesde of sewende plek om te kolf. Laat ons dan sien, sy kennis as kaptein kan baie beteken vir De Villiers en in die glippe is hy ook nog baie kosbaar.”
Marius de Lange: “Smith moet gaan.”
Kobus van Staden: “Ek dink Smith moet gepos word. Dit is sy werk. Hy deel nog in die wedstryd geld ook al presteer hy nie. Dit plaas meer stremming op die ander wat na hom moet kom kolf. As ek so misluk in my werk, word ek geskuif. Ek glo geen werknemer sal ’n werkgewer soveel kanse gee nie.”
Kobie Koekemoer: “Die tyd het vir Smith gekom om te gaan.”
Stoffel Erasmus: “Ek kyk of luister nie meer krieket nie. Waarom? Smith.”
Tienie Prinsloo: “Smith moet bly, ek stem saam met Kirsten.”
Riekie: “Soos ek vroeër genoem het is daar ‘n tyd om te kom en ‘n tyd om te gaan! DIE is Graeme se tyd om te gaan, hy hou ander belowende krieketspelers terug. Hy het sy kans gehad, dit is dalk tyd om terug te staan vir die jonger geslag wat nog eager is en ‘n rede het om hulself te bewys! Hy WAS ‘n goeie kaptein, en krieketspeler in die verlede, MAAR is dit nie meer nie! Hy het lanklaas regtig bygedra tot die span se oorwinnings. Nee wat pos vir Graeme en kry jong bloed in die team.”
Peet: “Hy het sy tyd gehad gee ander spelers kans.”
Schallie Van Schalkwyk: “Laat hy eers weer sy voete vind by sy klub. Hy plaas die span onder druk.”
Louis Uys: “Die vraag moet liewer lees; "sal ander goeie spelers ook soveel kanse kry om hul voete te vind?" Ek sê nee, laat hy by sy Provinsie sy voete gaan vind, nie ten koste van topspelers nie. Hy het nou genoeg genadebrood geeët.”
Op Nuus24 se Facebook-blad het lesers ook hul mening gedeel.
Marcia Engelbrecht: “Sy gesig is miskien sinoniem met die Proteas, maar sy vrot kolfwerk gaan nie vir SA die beker gee nie!”
Jack Damon: “Stuur hom terug na sy klub/provinsie sodat hy sy kolfwerk kan reg kry en laat hom kolf op 5. Persoonlik dink ek nie die publiek het hom vergewe vir sy slapgat houding na verlede jaar se Wêreld-beker.”
Lettie Swanepoel: “Ek persoonlik dink hy moet bly, almal gaan deur slegte stadiums, Jaques Kallis het ook so rukkie terug, maar hy is nou weer terug met ’n slag. Greame sal weer regkom, gee hom kans.”
Amour McCarthy: “Ek kyk nie rerig krieket nie, maar soos dit vir my klink probeer Smith al vir die afgelope 2 of 3 jaar "sy voete vind". Daar kom ’n tyd wat sportmanne net moet erken sy dae is verby en uittree en plek maak vir nuwe spelers. Kyk vir Matfield. En baie "kwotaspelers" het al ons spanne gedra in tye wat die vet oumanne ons net terug gehou het. Hulle klou so vas aan wat was dit voel amper as dit nie vir kwotas was nie sou daar meer ou opgespeelde spelers wees. Aan die einde van die dag is dit net ’n game.”
Frieda Greyling: “Daar is ’n tyd om te kom en ’n tyd om te gaan. Baai Graeme. Maak plek vir jong bloed.”
Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's
Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.