Nuus24 het lesers op hul Facebook-blad gevra wat hulle dink van die Springbok-span wat Saterdag teen die All Blacks uitdraf.
Marius Baartman: “Ek sal verstaan as Heyneke Meyer die span bou vir die volgende Wêreldbeker, maar met die ervaring van die All Black gaan dié span dit nie maak nie.”
Erich Leibbrandt: “Dink daar is paar ouens wat nie op die bank hoort nie, maar sal maar moet wag en kyk wat gebeur!”
Nols Esterhuyse: “Nee wat Morné Steyn weer op loskakel? Hy is nie op vorm nie!!! Waar is Elton Jantjies? Peeter Grant ens.? As die afrigter nie wil hoor nie! Dan moet die Bokke maar voel!”
Hennie Pienaar: “Hy kan maar net nie sonder sy Bul-geskiedkundiges nie. Ons gaan Saterdag ’n pak slae kry.”
Pieter Engelbrecht: “Waars Heinrich Brüssow, Pat Lambie en Craig Burden? Miskien het die Bokke dan ’n kans!”
Hilda Harmse: Sonder Flip van der Merwe, Zane Kirchner en Morné Steyn asseblief. Sit Heinrich Brüssow en Johan Goosen in en ons het dalk 'n kans.”
GESELS SAAM: Wat dink jy van die span wat teen die All Blacks uitdraf? Dink jy die Bokke kan dié wedstryd wen? Vertel ons by terugvoer@nuus24.com.
Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's
Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.