Die Nduli Recycle Swop Shop (NduliRSS), benut 'n omgewingsprobleem, besoedeling, om minder bevoorregte kinders van Nduli te help om hulself te help.
Nduli RSS poog om basiese omgewingsbewustheid te kweek en die waarde van herwinning tuis te bring. Ook word daar gepoog om deur herwinning die nood in die basiese behoeftes van die kinders te help verlig.
Die samestelling van Nduli RSS maak ook die kinders bewus van basiese ekonomiese beginsels.

Kinders onder 12 jaar herwin rommel, weeg dit in en kry dan punte na gelang van die soort rommel en die massa daarvan, ingebring.
Hierdie punte word dan geruil vir skoolbenodigdhede of items vir persoonlike higiëne. Elke kind wat rommel inbring word dan ook beloon met 'n vrug voordat hy/sy die perseel verlaat.
Die projek word bestuur deur Wyk 2 van NG Kerk Ceres in samewerking met talle vrywilligers vanuit die gemeenskap en in noue samewerking met Nduli Primary School.

Die projek het so gevorder, dat van die kinders wat rommel inbring, nou in die “Swop Shop” behulpsaam is.

Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's
Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.