Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
LET WEL:

MyNuus24 is 'n afdeling vir gebruikersgegenereerde inhoud op Nuus24. Die afdeling se stories word deur lesers verskaf.

 
Barend
 
Menings: 4
Artikels gelees: 276
 
 
Jongste kentekens:
 
 

So is dit met fiksie

28 September 2012, 13:01  - Barend

Ek kon uiteindelik daarin slaag om Spoor klaar te lees – die mees lywigste Deon Meyer boek wat daar waarskynlik is.

Ek is oor die algemeen skepties oor boeke wat ek al voorheen probeer lees het en toe neergesit het. Maar ek was lus vir ’n bietjie fiksie. En die boek het hier gelê. En ek was gewaarsku maar ag, nou weet ek ook. Nou kan ek ten minste sê ek ís deur hom en ja, dit is nie die heel opwindendste een van Meyer wat ek al gelees het nie.

Ek het nou al die Deon Meyer boeke gelees met die uitsondering van een. Wie met vuur speel, is die een se naam. As ek reg onthou. Dit lê ook iewers. Maar toe ek dit wou lees toe sien ek daar is bladsye wat nie gedruk is nie. Dit is nou maar eenmaal die naarheid van harde kopie boeke. En die ding is redelik lank terug gekoop by ’n boekwinkel halfpad om die aarde.

Die titels wat my nou nog die meeste bybly is Infanta, Orion, 7 dae en 13 uur. Onsigbaar is ’n ander goeie een. Ek dínk dit was Onsigbaar. Dis die een waar Lemmer die heel eerste keer verskyn. Die een waar hy vir Emma moet oppas. Die een waar Mat Joubert die sielkundige vastrek was ook ’n lekker een. Die naam ontgaan my nou.

Ek gebruik die woord ‘uiteindelik’, want dit neem tyd as jy nie ’n boek wáárlik geniet nie. As die ding nie jou aandag gryp nie. Jou nie vasgenael hou nie. Dit is amper soos vervelige films. Vervelige films is net 1 000 maal érger as vervelige boeke. Maar selfs hierdie Spoor, wat vir my net eenvoudig te (by gebrek aan ’n beter woord) ‘cluttered’ is, selfs in híérdie boek van Meyer kom sy briljantheid as skrywer elke af en toe deur.

Daar was spesifieke plekke in die boek waar ek gevoel het sjoe, nou behoort ek eintlik notas te maak. Want jy gáán iets wil skryf en dan gaan jy sukkel om weer daardie plekke te kry en waaroor dit gegaan het. En nou wrintiewaar, ek was natuurlik reg. Ek wou toe inderdaad skryf en my soektog na daardie paragrawe was net ’n futiele frustrasie.

Maar daar is té veel detail. Té veel karakters. Té, té, té. Dis bendes en dis wapens en dis huismoles en Zimbabwe en Kaapstad en dis renosters en diamante en die toeval, ag jinne die toeval.

Lemmer met sy onderonsie met die motorfietsryers op Loxton, net om hulle later weer so in die verbygang raak te loop in ’n ander dorp en dan die kans kry om hulle gou reg te sien. En dan is een van daardie menere toevallig Milla se vervreemde man.

Maar so is dit met fiksie. As dit anders was sou niemand dit waarskynlik gelees het nie. As die karakters minder aantreklik was, meer voorspelbaar. En so meer.

Dis maar net soos hierdie TV-reekse. Daai forensiese ondersoekspanne met die stringe begeerlike vroue. Grootste nonsens uit die aard van die saak. Ek was al in ’n forensiese laboratorium. En die mense daar lyk maar heel gewoon. Soos SAPD tipe mense. Net sonder uniform.

Dit is hoekom ek nie mal is oor televisie nie. Gee my maar net die nuus, dis eintlik al erg genoeg – word nog altyd gebruik om te breinspoel.

Die heel ergste is reklame. Dis net leuen op leuen op leuen.

In elk geval. Ten minste is my behoefte aan bietjie fiksie vir eers daarmee heen. Nou kan ek weer fokus op meer gewigtige leesstof.

Hierdie is een van Barend van der Merwe se jongste blogs.

GESELS SAAM: Van watter tipe leesstof hou jy die meeste? Het jy onlangs ’n goeie boek gelees wat jy dink ander moet lees? Vertel ons hier.
 

Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.
 
Share Print

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Lees meer van ons Gebruikers

Gelaai deur
Hannes du Preez
Om te spel of nie...

As dit kom by spelling is hy nie die beste, maar ‘n skool moet tog weet hoe om te spel, skryf ’n leser. Lees meer...

0 menings 2 keer gelees
Gelaai deur
Morgan
Geen einde aan debat oor stadion

Die Stad Kaapstad sukkel so met die stadion, maar met WP Rugby aan die stuur kan die stadion vir minstens 10 maande in die jaar gebruik word.  Lees meer...

1 menings 210 keer gelees
Gelaai deur
Elmarie Badenhorst
Kinders het te veel regte

As kinders minder regte het en meer pak kry sal skole baie meer gedissiplineerd wees, skryf ’n leser. Lees meer...

8 menings 326 keer gelees
Gelaai deur
Vlam
Die jaloerse kêrel

Marie het ’n probleem... Sy sit met ’n kêrel wat baie jaloers is. Nou wend sy haarself tot dr. Eva vir raad... Lees meer...

4 menings 744 keer gelees
Gelaai deur
Barend
Die voortslepende drama

Corlea Botha gaan nog baie sukses beleef omdat sy ekstra moeite doen om haar musiek interessant te maak, skryf ’n leser. Lees meer...

3 menings 809 keer gelees
Gelaai deur
Tanya Jordaan
Laat geregtigheid geskied

Geen onskuldige man moet boet vir ’n daad van ander nie, maar so ook moet geen moordenaar en verkragter los kom deur swak ondersoek nie, skryf ’n leser.  Lees meer...

1 menings 198 keer gelees

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!
 

dienste

Nuusbriewe Kies wat jy wil hê

RSS Nuus eenvoudig afgelewer

Blogs Jou opinie oor alles en almal.

Selfoon Nuus24 op jou selfoon

Oor Ons Ontmoet Nuus24 se span

Nuus24 op jou iPhone Kry Nuus24-inhoud op jou iPhone.

 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.