Sê jou sê: Bekende sienier in SA
deur MyNuus24-redakteur
2010-08-04 11:21
Nadat die bekende TV-siener John Edward verlede jaar vir vol sale in Gold Reef City se Lyric-teater gesorg het, is hy binnekort weer terug in die land.
Edward se TV-produksie John Edward Cross Country is tans Saterdae om 23:00 te sien op DStv se Zone Reality-kanaal (lees die volledige berig hier).
Edward is wêreldwyd ’n bekende medium en sy boeke boer op die topverkoperlyste – maar Suid-Afrikaners is, soos in die res van die wêreld, verdeeld oor sy optredes.
Wat dink jy van sieners soos John Edward? Glo jy dis moontlik om met "die ander kant" kontak te maak? Of is hy bloot 'n kansvatter wat geld maak uit ander se goedgelowigheid?
Ons wil weet wat ons lesers dink oor dié omstrede figuur. Gee jou mening in die kommentaar-blok hieronder, of stuur jou brief vir publikasie na terugvoer@nuus24.com.
Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's
Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.