SÊ JOU SÊ: Staatsrede 2012
2012-02-09 20:30
Pres. Jacob Zuma het Donderdagaand sy vierde staatsrede by die parlementsopening in Kaapstad gegee.
Soos elke jaar die geval is het sy toespraak gemengde reaksie ontlok, met verskillende partye en belangegroepe wat op spesifieke sterk punte en leemtes in sy toespraak gewys het (lees al die nuus oor die staatsrede hier).
Hoe voel jy oor hierdie jaar se toespraak? Dink jy pres. Zuma het die belangrikste punte op 'n bevredigende wyse aangeraak, of het hy sekere onderwerpe vermy? Wat is jou reaksie op sy toespraak en hoe voel jy oor die algemene rigting wat die land kan inneem ná hierdie jaar se staatsrede?
Gesels saam in die kommentaarvenster hieronder, of stuur 'n brief vir publikasie aan terugvoer@nuus24.com.