Nuus24-lesers het Riaan Cruywagen voorspoed toe gewens...
Ben Little: “Baie dankie, Riaan Cruywagen, vir al die jare se puik diens. Dit is en was altyd 'n besonderse voorreg om vir jou op die "kassie" te sien die nuus afkondig. Ek is al, van kleins af, een van jou bewonderaars - jy was en is nog altyd die "stylvolste" man op TV. Mag die Vader jou ryklik seën en vir en jou familie nog vele jare saam gee. Ons waardeer jou.”
’n Haasdas-maatjie: “Riaan, ek gaan jou verskriklik mis op my beeldradio. Jy is enig in jou soort en naas jou sal daardie plek nie weer gevul kan word. Jou skoene is eenvoudig net te groot wat jy agterlaat. Ek wens jou alles van die beste toe en ek gun jou die tyd saam met jou gesin.”
Arrie Warrie: “Sjoe, oom Riaan. Dis die einde van ‘n ERA! Tussen my werk en 1 000 kinders, hoop ek regtig ek onthou om jou heel laaste bulletin te kyk! Geniet die tyd saam met jou gesin en familie. Dis kosbaar. Sal jou vriendelike, spitsvondige, dog professionele aanbieding van die uus seer sekerlik mis.”
Johann Rossouw: “Met u uittrede kom ’n era ook in my lewe tot ’n einde. Ek was vyf toe TV begin het en u gesig van meet af sinoniem met die Afrikaanse nuus was. Baie dankie dat u oor ’n leeftyd en deur twee politieke bedelings heen in as’t ware twee verskillende lande die beste Afrikaanse deugde so konsekwent beliggaam het: toegewydheid, hoflikheid, innemendheid, voortreflikheid. Mag u aftrede ewe geseënd as u loopbaan wees.”
Marlies Taljard: “Riaan, TV sal nooit weer dieselfde wees sonder jou nie. Jy is die mees professionele TV-aanbieder wat Afrikaans ooit gehad het! Mag jou voorbeeld baie jongmense inspireer. Geniet die aande tuis!”
Pieter Badenhorst: “Wat ‘n ware legende in Suid-Afrika se geskiedenis. En nie vir politiek, sport of geld nie, maar vir nuus lees. Nooit gedink iemand sal dit regkry nie, maar hy het. Hy moet die rus geniet en weet dat ons dit voorwaar vir hom gun.”
Marlene Steinmann: “Dankie vir baie jare van deel wees van elke familie deur Tv. Jy verdien jou rus. Geniet dit en jou familie. Dit is op die einde die belangrikste persone in ons lewens. Ek salueer jou!”
Erhardt Loubser: “Ai Riaan, mens wil seker nie hê jy moet weggaan van die nuus af nie want ‘n oukie soos ek het grootgeword met jou voor die televisie met nuus lees deur die jare en algemene kennis opbou want jy moet seker die beste “algemene kennis brein” in die wêreld hê. Dit gaan hartseer wees om jou te sien gaan want jy is ‘n voorbeeld vir baie mense in hierdie wêreld en nie net in SA nie. Maar daar het seker ‘n tyd gekom om te bly en ‘n tyd gekom om te gaan. Mens raak mos maar ouer en wil ander dinge aanpak. Maar dankie vir jou bydrae en diens deur die jare. Wens baie ander mense wil ook jou tipe van voorbeeld volg. Ek weet jy gaan seker nie die boodskap lees nie, maar dis oraait. Jy is legende in jou eie reg. En ek weet jy haat swak Afrikaans en jy wil nie as ‘n celebrity gesien word nie so ja. Tot weer siens vir eers.”
Sue Willemse: “Riaan, dit was heerlik om jou in ons huis te kon hê met nuustyd. Baie dankie vir al die jare wat jy so gemaklik by ons kon kuier. Ek onthou dat daar dikwels ook so lekker laggie was, en soms ook swaarmoedigheid, afhangende van wat jy aan ons moes oordra. Nietemin, ons sal jou gewis baie mis, maar wens jou ook al die beste toe vir die jare vorentoe saam met jou mense. Nou kan jy uiteindelik jou gesin s’n word! Lekker lees, kuier, sommer net buite rondloop omdat jy kan, vakansie hou...aag sommer alles. Ons bid die Vader se seën oor jou en jou gesin toe; en dank Hom dat hy so spesiale mens soos jy aan die luisteraars/ kykers gegee het om die belangrike nuus aan ons op jou eie unieke manier oor te dra. Mooi loop.”
Klik ook hier vir lesersbydrae.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.