Insake: Moratorium vir Skaliegas ontginning opgehef
Ons het nog geen resultate vir die ondersoek gesien nie en ons minister van energiesake besluit eensydig om voort te gaan.
Wat het geword van deursigtigheid? In ons demokrasie bestaan die beginsel lankal nie meer nie want die demokrasie bestaan nie meer nie.
Vir ons regeringsamptenare: Die woord demokrasie beteken volksregering – regering deur mense wat deur die inwoners van die land verkies is op ’n vry en regverdige wyse om die land te bestuur tot voordeel van die inwoners, nie die regeringsamptenare nie.
Ontginning deur hidrobreking het die potensiaal om onomkeerbare skade aan die oerlandskap van die Karoo aan te rig. Indien daar net ’n klein kansie is dat dit wel die geval kan wees dink ek dat die bevolking van die land inspraak moet hê. Ons is nie almal ongeletterde, naiewe mense nie en dit is ons demokratiese reg.
Dit gebeur te dikwels dat besluite namens ons geneem word, asof ons breindood is en nie die tegniese aspekte van ’n verslag sal kan verstaan nie. Ons liewe Minister moet besef dat die besluit nie syne is om te maak nie. Hier is mense in hierdie land wat meer tussen die ore het as die somtotaal van sy hele departement.
Die roete vir hierdie verslag is duidelik uitgespel in die omgewingswetgewing of is dit net van toepassing vir die gepeupel?
- Hierdie is ’n uittreksel uit blogger Scilla se jongste blog.
GESELS SAAM: Stem jy saam met die skrywer? Wie moet besluit oor hidrobreking in die Karoo? Vertel ons by terugvoer@nuus24.com.
Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's
Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.