Nuus24 het lesers op hul Facebook-blad gevra of hulle weer hoop vir die Springbokke het ná die afgelope naweek se vertoning teen die Wallabies? So voel van die lesers.
Andre Mare: “Nog altyd gehad... Die mense moet besef dat Heyneke Meyer ’n nuwe span moet bou en dit vat nie een dag nie...”
Sergio Magnify Bowkers: “Heyneke Meyer weet en besef die hele wêreld sien Morné is out of form, maar hy is bang vir verandering. Patriotisme werk nie op die sportveld.”
Piet Visser: “Aangesien ons die twee weg toetse teen die Aussies en die All Blacks weggegooi het, het ek verwag dat ons met 20-plus sou wen teen die Aussies. Ons kan en gaan die All Blacks Saterdag skrik maak en ek sien ’n close wedstryd met vyf tot 10 punte verskil die keer vir die Bokke.”
Piet Vd Vyver: “Ek het nog altyd hoop gehad. Vandat hulle die bal die werk laat doen, en minder skop, lyk dit na Bokrugby! Sterkte.”
Marina van der Walt: “Aag dit was so lekker om te kyk.”
Hans Van Ginkel: “Ai ai ai kyk tog nou net hoe wapper en buig al die slap riete nou in die wind... SA was nog maar altyd minder suksesvol met wegtoetse in Australasië. Heyneke Meyer het die potensiaal om SA se beste Bok-afrigter ooit te word (Nick Mallet ingesluit). Hy moet net sy eie ding aanhou doen, op die regte tyd en hom nie deur die histeriese publiek laat lei nie. Sy suksesrekord preek vanself. Al die potensiaal is daar, selfs Morné Steyn sal weer terugkom soos Bryan Habana en die volgende IRB Wêreldbeker is nog ver.”
Johan du Toit: “Verseker... My bloed is groen. Dit gaan nie maklik wees nie, maar as daar dringendheid is, hoekom nie!”
Phillip Botha: “Daar is hoop, maar wen eers Saterdag.”
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.