Insake: Is ouetehuise werklik die laaste uitweg?
Ek werk in 'n ouetehuis. In die afdeling vir persone met Alzheimer se siekte.
Elkeen van my pasiënte is vir my soos my eie ouma en oupa. Die kinders wat gereeld kom kuier, praat met soveel lof en dankbaarheid van ons.
Ons is opgelei om na hul om te sien. Soveel van my oumensies gaan uit om te gaan kuier, en na 'n uur wil hulle net terug kom, want hulle voel veilig by hulle eie plekkie.
Hulle kinders kom kuier by hulle: nou is hulle ontspanne en kan hulle ouers geniet sonder al die stres en uitputting wat hulle moes deurmaak om self na hulle te kyk.
Ek haal my hoed af vir elke seun of dogter wat daai groot besluit neem. Om hul geliefde ouer in opgeleide mense se hande te plaas omdat hul soms self nog klein kindertjies het wat ook hul aandag nodig het.
Maar daar is gevalle wat steeds normaal kan funksioneer buite 'n versorgingseenheid. Daar is soveel wonderlike opgeleide tuis versorgers wat altyd bereid is om te help
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.