Nuus24-leser Corrie vertel van sy oorsese-ondervinding...
Oorsee. Ja. Amerika. Kalifornië, Sacramento. Maar ek kon nie lank uithou nie, net ‘n jaar.
Toe kom ons terug want die verlange, die grootmaak van oupa en oums se kleinkind daar in die verte het net nie reg gevoel nie, en is net nie reg nie. Om te weet jou eie mense is in Suid-Afrika, besig om ouer te word en dat jy dalk ‘n vlug sal neem Suid-Afrika toe, as dit na een van hulle se begrafnis toe sal wees.
Daardie tyd het Facebook en die dinge nog nie bestaan nie. Ons het maar te duurste gebel net om ‘n bekende se stem te hoor. Jy verlang na alles en sien in alles om jou iets van jou eie land. Dalk omdat ‘n mens alles wil vergelyk en jy weet jy moet nie.
Maar dit is nie maklik nie, want jy verlang. Verlang na dinge wat jy hier as so vanselfsprekend aanvaar het.
Op ‘n keer skakel ek ‘n vriend wat op daardie staduim in Colorado ook in Amerika was. Maar hy was al lank daar, meer as twee jaar. Ek vra so deur die gesprek, ‘Johan wat doen jy op die oomblik?’ sy antwoord, ek sit prente van die Kalahari en die Krugerwildtuin teen my mure op, jy weet as verlange verby is, kom die heimwee. Wat hy eintlik sê, dit word in baie gevalle net erger.
Ja, ek glo dit want gedurende ons tyd daar ontmoet ons ‘n dame. Haar nooiensvan was Van der Merwe. Jare gelede was sy ‘n Vrystaater. Sy was getroud met ‘n Amerikaner.
Twee weke voor ons terugkeer gaan groet ons haar in haar speelgoedwinkel wat sy bedryf het. Sy was al oor die 30 jaar in Amerika. In goeie Afrikaans en met ‘n traan in die oog, verseker sy ons dat sy sou saamkom as sy kon. Tyd het ook haar verlang en heimwee nie kon genees nie.
Om daar te wees is nie maklik nie. Ek glo Afrika is iewers in elkeen van ons ingebore. Dit is baie moeilik om daarvan ontslae te raak.
Maar met dit alles gesê gee dit wat alles hier in ons eie land aan die gebeur is seker vir baie mense die rede om iewers anders ‘n heenkome te gaan soek. Ons mag hulle nie verkwalik nie.
As iemand naby jou vermoor, verkrag of gemartel is, en dit somtyds net vir ‘n R10 noot of ‘n leë beursie kan ek verstaan dat mense hulle goed wil vat en loop.
Maar weet net daar in die vreemde sal jy altyd ‘n xpat bly. Jou kinders of dalk jou kleinkinders kan daardie ‘label’ dalk eendag in die toekoms afgooi.
GESELS SAAM: Het jy al oorsee gebly? Deel jou ondervinding met ons by terugvoer@nuus24.com.
Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's
Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.