Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
LET WEL:

MyNuus24 is 'n afdeling vir gebruikersgegenereerde inhoud op Nuus24. Die afdeling se stories word deur lesers verskaf.

 
Fanie van der Merwe
 
Menings: 8
Artikels gelees: 447
 
 
Jongste kentekens:
 
 

Oor herwaarts of derwaarts (Deel II)

28 May 2012, 07:51  - Fanie van der Merwe

Hierdie is deel II van Nuus24-leser Fanie van der Merwe, wat vir 14 jaar in Londen bly, se oorsese ondervinding...

...maar dis die alledaagse, toevallige prikkels wat mens telkens laat besef in watter land jou hart nou éintlik steeds lê. ‘n Koerantopskrif wat iets oor ‘South Africa’ verkondig of ‘n Afrikaanse gesprek op die moltrein doen dit. ‘n Verbyswiepende black cab wat Suid-Afrika as toeristebestemming bemark doen dit ook, en dáái veelkleurige vlaggie op ‘n wynrak in Sainsbury’s doen dit baie beslis.

Want jy mis die mense. Jóú mense. Die reuk van jou ouerhuis. Die liefde van jou familie. Jy mis jou vriende; jou bondgenote wat áltyd jou beste belange op die hart dra. Mens mis die breë publiek, met wie jy kan identifiseer, wat jou taal praat, met wie jy in ‘n oogwink ‘n aanknopingspunt of gemene deler kan vind.

Jy mis die biltong, 7de Laan en elke dag se sonskyn, Desembers waar mens nóóit op Oukersaand werk nie, die lentereuke en kinders wat kaalvoet skool toe gaan, die Wildtuin, die stilte van die bos en die geraas van branders, Loftus, Oppikoppi, kerkbasaars, om as ‘oom’ deur vreemde kinders aangespreek te word, pap en sous, donderweer op die Hoëveld en soms, net soms, mis mens selfs die PT-broekies en two-tone hemde.

Maar tóg raak jou selfkonsep toenemend vervleg met jou identiteit as Suid-Afrikaner wanneer jy ‘n expat is. Straks méér so as wat die geval is met Suid-Afrikaners daar te lande. Want jy’s die Suid-Afrikáánse kollega by die werk en die Suid-Afrikáánse buurman by die huis. Jou nasionaliteit raak inherent en onlosmaaklik deel van jou en almal wie jy ontmoet, assosieer jou daarmee en skep ‘n eerste indruk op grond daarvan.

En dis oukei, want dit ís tog wie jy is. Jy kan ‘n boom uit die grond uit lig en 10 000 km verder gaan plant, maar sy wortels sal steeds dieselfde bly. ‘n Britse paspoort breek nie jou bande met Suid-Afrika nie en dit versag nie jou Afrikaanse aksent nie. Jy lees nog daagliks die Media24-koerante en luister na RSG op die web. Jy koop Mrs. Balls by die SA shop en jy laai Afrikaanse MP3’s van Rhythm Records se saait af. Jy kyk die Curriebeker en Super 15 op Sky Sports 4 en as die Bokke of ‘n SA band hier kom speel, is jy dáár.

Omtrent al jou Facebook-vriende is Afrikaans en behalwe tydens werksure, is dit die enigste taal wat jy praat.

Die kulturele kokon wat jy om jou weef, word ‘n veilige hawe. Iets om aan vas te hou in hierdie maalstroom van kulture. Jy verlustig jou daarin om ‘n Suid-Afrikaner te wees, meer as wat voorheen die geval was. Jy raak, inderwaarheid, skaamteloos verknog daaraan. Party mense sê jy moet jou losmaak daarvan. Dat mens nie kan leef met jou liggaam en gees op twee verskillende kontinente nie. Maar jy kan. En jy doen. Want Londen, met al haar verkwiklikhede, is ‘n kleinood. ‘n Welkome stop op jou lewenspad. ‘n Leerskool duisend besaai met geleenthede. Maar dis die land daar onder, die land waar jy belong, wat jou onvermydelike eindbestemming bly. In liggaam óf in gees.

GESELS SAAM: Het jy al oorsee gebly? Deel jou ondervinding met ons by terugvoer@nuus24.com.

 

Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's

Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.

Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.
 
Share Print

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Lees meer van ons Gebruikers

Gelaai deur
Hannes du Preez
Om tegnies gestremd te wees...

Luister wanneer jou vrou praat en jou net wil help, jy sal baie geldjies spaar, skryf ’n Nuus24-leser. Lees meer...

0 menings 0 keer gelees
Gelaai deur
Simon Riekert
‘Pierre Spies ‘n regte ysterman’

Dié Nuus24-gebruiker meen Pierre Spies ‘n regte ysterman. Op die veld doen hy sy werk en van die veld af is sy werk sy lewe... Lees meer...

0 menings 432 keer gelees
Gelaai deur
Alicia
‘Ek was amper bokveld toe…’

Haar motor het tot ‘n rukkende stilstand gekom. Toe belsuit sy om die treinspoor te volg en hulp te soek... Lees meer...

0 menings 1114 keer gelees
Gelaai deur
Tanya Jordaan
Moet nie ander afjak

Elke dag is ’n stryd om liggaam en siel bymekaar te hou. So moenie mense afjak, jy weet nie watse paadjie daai persoon moes loop nie, skryf ’n leser.  Lees meer...

0 menings 624 keer gelees
Gelaai deur
Sergio Bowkers
‘Wees meer verantwoordelik’

Die lewensgehalte word verhoog en geldsake hou nie by met die vinnig groeiende verhoogde lewensstandaarde, skryf ’n Nuus24-leser.  Lees meer...

0 menings 202 keer gelees
Gelaai deur
KatrinaO
My keuse

’n Leser wonder hoekom ateïste so maklik en vinnig Christene aanval, verkleineer of verkeerd probeer bewys. Wat het geword van wedersydse respek? Lees meer...

0 menings 940 keer gelees

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Sylvia Day se Entwined with You

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Maak onvergeetlike oomblikke joune op DVD en Blu-ray

Ongelooflike winskopie-aanbod – twee vir R99, vir ’n DVD of Blu-ray. Maak onvergeetlike oomblikke in rolprente deel van jou versameling. Koop nou!

Sensasionele besparing op speletjies, nabootsers – bespaar tot 25%

Moenie hierdie fantastiese spesiale aanbod misloop nie: vlieg vliegtuie, wees in beheer van ’n polisiemag in die grootste stede en nog veel meer. Moenie talm nie – die aanbod is net geldig vir ’n beperkte tyd en solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Uitverkoping van huisware – bespaar tot R1000

Daar kan kwalik ’n beter aanbod wees. Bespaar tot R1000 op uitgesoekte toerusting en huisware-produkte. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!
 

dienste

Nuusbriewe Kies wat jy wil hê

RSS Nuus eenvoudig afgelewer

Blogs Jou opinie oor alles en almal.

Selfoon Nuus24 op jou selfoon

Oor Ons Ontmoet Nuus24 se span

Nuus24 op jou iPhone Kry Nuus24-inhoud op jou iPhone.

 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.