Simon Riekert

Nuus24-gebruiker
Tweets Share Share line Print

Ondersoek polisiediens meer intensief

deur Simon Riekert
2012-01-17 14:10

Ek krap gister in die Instituut vir Sekerheidstudies (ISS) se Desember 2011-uitgawe van die publikasie “Crime Quarterly” rond vir inligting oor ‘n ander onderwerp (ja, dis oor korrupsie!) en ek vind toe hierdie artikel;

“Measuring outputs, neglecting outcomes: The Auditor General’s role in SAPS performance assessments” geskryf deur David Bruce in die SA Crime Quarterly no. 38 van Desember 2011.

Bruce, ’n onafhanklike navorser het onder andere gaan kyk na die Ouditeur Generaal se ouditverslag oor die funksionering van die SAPD en die volgende goeie bestuurspraktyk bevindings gemaak:

* ’n duidelike, tydige en geredelik beskikbare rekord van ondersteuningsdokumente bestaan,
* Die kwaliteit van finansiële state en bestuursinligting
* Die tydigheid van finansiële state en bestuursinligting
* Die beskikbaarheid van sleutelpersoneel gedurende oudits
* Voldoening aan risikobestuur, goeie interne beheer en goeie bestuurspraktyk

Bemoedigend, maar die oudit is ook gedoen oor die sogenaamde “service delivery” komponent wat polisiestasies en die 10111-noodlyn ingesluit het, en hier klink 'n ander deuntjie.

Die fokus van die ondersoek het op sektorpolisiering, voertuigbestuur (management), opleiding en gemeenskapsdiens, gesinsgeweld, koeëlvaste baadjies en die 10111 diens gegaan, hier is van die uitslae en opmerkings:

* Die kwaliteit van bestuursinligting en opleiding het bevind dat daar onakkurate bestuursinligting bestaan in die nasionale personeel databasis oor die hoeveelheid lede wat spesifieke opleiding in sekere modules gehad het;

* In die ondersoek na die standaard prosedure waarop stasies met gesinsgeweld moet deel, het “verskeie gevalle” voorgekom waar die Nasionale Instruksies nie gevolg is nie. By een stasie waar 15 gevalle ondersoek is (75%), was die voorgeskrewe verslagdokumente nie voltooi nie en die voorvalleboek (OB) nommer was nie gemeld in die gesinsgeweld register nie. Die oudit het bevind dat mense eerder nie die voorvalle sal aanmeld nie en dit tot gevolg sal hê dat meer strafregtelike klagtes gele word;

* Wat die aanwending van beskikbare hulpbronne binne die SAPS aan betref, is daar bevind dat by die 10111-oproepsentrum in Gauteng, meer as 4 000 voertuie nie die gesofistikeerde AVL (automated vehicle location) benut nie en die voertuie dus nie gebruik word nie;

* Personeel se vaardigheid of kwalifikasies is ook ondersoek en daar is bevind dat daar by een polisiestasie 74% van die operasionele personeel is wie nie ’n geldige bestuurderslisensie het nie. Die verslag spel soms die implikasies uit, naamlik in hierdie geval dat operasionele lede sonder bestuurderslisensies beteken dat skofte beman word deur onopgeleide bestuurders, wat meebring dat daar oneffektiewe sektorpolisiering en gebrekkige reaksietyd op klagtes is.

Die sogenaamde prestasie-oudit gee ’n duideliker beeld van die operasionele aspekte van die SAPS, maar spreek nie aspekte soos die wedersydse verhouding met die gemeenskap en die standaarde van integriteit en menswaardigheid by polisiestasies in nie.

Soos Bruce opmerk is die kernfunksie van die polisie in ’n demokrasie, om te dien en te beskerm.

Hy stel voor dat die Ouditeur Generaal polisiestasies en die polisiediens meer intensief moet ondersoek deur vrae soos die volgende te vra:

* verminder die polisie se diens misdadigheid, onrus en vrees en word openbare veiligheid nagestreef
* hoe effektief is hulle om oortreders aan die pen te laat ry
* word daar op ‘n professionele manier met die publiek gekommunikeer
* hoe reageer hulle op die behoeftes van sensitiewe groepe in die samelewing
* werk hulle saam met ander polisiëring groepe om misdaad op alle vlakke van die samelewing te bekamp
* hoe professioneel is al die vlakke van die diens?

Inderdaad is dit ’n reuse-taak om by die 200 000 mense by 1122 polisiestasies effektief te bestuur en daadwerklike ingryping is vanuit president Zuma se kantoor nodig.

Die vraag is, weet hy en die regering hoe?
 

Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's

Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.

Beoordeel hierdie artikel:
Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Jou Storie-kommentaar

Hoppies sê... Politici beheer enige land (demokraties of komunisties). Ons leef gelukkig in 'n demokratiese land waar die politici demokraties verkies word en in die meerderheid se beste belange moet optree. So ja, indien hulle dit in die belange van ons kiesers vind om 'n Franchise in die Oos-Kaap oop te maak laat dit so wees.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

MERCEDES-BENZ

C 180 Classic AT
2000
R 109,300.00

FORD

Ranger 1800 SWB XL
2002
R 59,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.