Johann Marx

Nuus24-gebruiker
Tweets Share Share line Print

Onbeholpe polisie moet fokus op voorkoming

deur Johann Marx
2010-08-26 07:43

Daar was onlangs verskeie artikels gepubliseer oor die dood van Theo de Jager van Rietfontein aan die Wesrand, wat beswyk het aan sy wonde nadat hy, as lid van die GPF, self twee rowers agterna gesit en probeer arresteer het.

Die belangrikste vraag in die artikel, is dit: “Wanneer gaan die regering die probleem van misdaad ernstig opneem?” , en die antwoord is eenvoudig: Hulle gaan nie…

Nie solank as wat GPF’s en lede van GPF’s die polisie se werk namens hulle doen nie. Nie solank as wat GPF’s aanhou patrollies doen, padblokkades hou, en die lui en onvermoënde polisiebeamptes bly ophelp een aanpor nie. Die doel van ‘n GPF is om te kyk dat die polisie hulle werk doen, nie om die polisie se werk namens hulle te doen, en dan te wonder “Wanneer gaan die regering die probleem van msidaad ernstig opneem?” nie.

Die regering van Suid Afrika was suksesvol daarin om die gemeenskap te oortuig om alles “self te doen”. Hulle kan blykbaar niks alleen regkry sonder die “aktiewe deelname” van die gemeenskap nie, en dit nadat dieselfde gemeenskap die helfte van hulle hard verdiende inkomste aan dieselfde regering oor betaal het om te doen wat ons nou “self” moet doen. Is dit nie pateties nie?

Sal jy by ‘n groentewinkel instap, R1000 se groente en vrugte koop, dit by die kasregister los en uitstap huis toe en jou eie groente en vrugte gaan kweek? Natuurlik sal jy nie; maar ons is tevrede om die regering te betaal vir ‘n diens, en dan met die geld wat oorbly daardie diens by ‘n privaat verskaffer te gaan koop, of erger nog, om dit “self” te doen.

“Wanneer gaan die regering die probleem van misdaad ernstig opneem?” Hulle gaan nooit, want niemand dwing hulle om hulle verpligting teenoor die belastingbetaler na te kom nie. Ons laat toe dat die situasie lyk soos wat hy lyk…en dan is ons kamtig verbaas waarom dit so lyk.

Lees ook die laaste sin van die artikel, en amper elke ander artikel met dieselfde onderwerp. “Die polisie ondersoek…” En dan, wanneer die slagoffer of die slagoffer se familie begin navraag doen oor die ondersoek (wat nie gedoen word nie), dan is die antwoord: Daar word nie gevorder met die ondersoek nie want daar is ‘n tekort aan personeel, ‘n tekort aan voertuie, ‘n tekort aan toerusting, ‘n tekort aan ondersteuning, ‘n tekort aan tyd… Van alles is daar ‘n “tekort”.

Het iemand al gevra “Waarom?”. Daar is ‘n tekort van alles omdat die polisie niks doen om misdaad te voorkom nie. Hulle is net die heeltyd besig om misdaad wat alreeds plaasgevind het te “ondersoek”. Daarom het elke inspekteur of speurder of wat ookal hulle hulleself nou noem, ‘n stapel werk wat hy of sy nie kan hanteer nie. Die polisie en die regering sal nooit enige sukses hê in die stryd teen misdaad as hulle in kantore sit en wag vir misdaadvoorvalle om aangemeld te word, en dit dan te “ondersoek” nie. As jy 50% van die misdaad wat tans plaasvind kan voorkom, het jy onmiddelik ‘n 50% verligting van die werkslas op die “ondersoekers” van misdaad voorvalle. Dan sal daar genoeg voertuie, genoeg personeel, genoeg tyd, genoeg toerusting en genoeg van alles wees. Selfs ons howe sal ‘n verligting van werksdruk ondervind…

Verander nou daardie vraag “Wanneer gaan die regering die probleem van misdaad ernstig opneem?” na die volgende vraag toe: Hoe gou gaan ons begin om die regering van die dag verantwoordelik te hou vir sy onvermoë om die diens te lewer waarvoor ons hulle betaal het?”

Die oomblik wanneer die hele Suid Afrika daardie vraag beantwoord het, sal die vorige vraag nie nodig wees nie.


Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur.
Stuur jou nuusfoto's

Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur.

Beoordeel hierdie artikel:
Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Jou Storie-kommentaar

Jurie sê... Dewald, jy sit met 'n probleem. Dit is basies dat die stelsel nie eerstens bedoel is om gebruikersvriendelik te wees nie. Dan is jou behoeftes die uitsondering (maar goeie genade, dit behoort nie so te wees nie!) en die stelsel is absoluut rigied en onaanpasbaar. Boonop het die werknemers geen ruimte om eie inisiatief te gebruik nie - wat moontlik te verstane is, gegewe die geneigdheid tot korrupsie en diefstal. My raad? Wel, die "openbare vervoer"-ding werk duidelik nie. Lyk my jy is gedoem tot die gebruik van die teerpad, ten minste totdat die Gautrein "bykom". en ek sou nie probeer asem ophou totdat dit gebeur nie. Baie sterkte! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-29°C Isolated tstorms. Mostly cloudy. Warm.
Jhb: 16-27°C Passing showers. Afternoon clouds. Mild. Bfn: 21-30°C Strong thunderstorms. More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 22-29°C Light rain. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-25°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Vivo 1.4 Trendline 5-dr
2011
R 129,837.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

CHEVROLET

Corsa 1.4 Base Utility MY10 PU
2010
R 99,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.