MyNuus24-redakteur

Nuus24-gebruiker
Tweets Share Share line Print

Nuus24 se kommentaarbeleid

deur MyNuus24-redakteur
2012-02-07 09:18

Nuus24 en die res van ons netwerk het 'n paar maande gelede oorgeskakel na 'n nuwe Facebook-kommentaarstelsel, wat effektief beteken lesers kan net kommentaar lewer op artikels deur 'n Facebook-profiel.

Ons het die laaste paar jaar met 'n verskeidenheid formate vir ons kommentaarfasiliteit eksperimenteer. Eers het ons 'n modereringstelsel gebruik, maar dit het kommentaar en interaksie teruggehou – en dié interaksie is immers een van ons hoofprioriteite.

In 2010 het ons na 'n gemeenskapsmodereringstelsel oorgeskakel, wat gebruikers in staat stel om dadelik kommentaar vir verwydering te rapporteer. Gebruikers kan dit doen deur op die "Rapporteer"-skakel langs elke kommentaar te kliek. Dit stel ons in kennis van die kommentaar, en laat ons toe om dit te verwyder as dit nie met ons beleid ooreenstem nie. Die krag lê dus in ons gebruikers se hande om kommentaar te rapporteer en gebruikers wat die fasiliteit misbruik van ons webwerf te verwyder.

Ons het dit goedgedink om weer ons kommentaarbeleid te beklemtoon, om te verseker dat ons lesers daarvan bewus is.

Nuus24-kommentaarbeleid:

Die doel van Nuus24 se kommentaarfasiliteit is om oop besprekings van aktuele sake vir ons gebruikersgemeenskap moontlik te maak. Kommentaar wat nie tot dié doel bydra nie, of wat duidelik nie met ‘n artikel verband hou nie, kan verwyder word.

– Geen persoonlike aanvalle op ander gebruikers sal toegelaat word nie. Gebruikers wat hulle herhaaldelik aan dié soort gedrag skuldig maak se gebruikersrekeninge sal gekanselleer word.

– Haatspraak en kommentaar wat geweld aanhits word nie toegelaat nie. Dit sluit in rassisme, seksisme, homofobie, anti-Semitisme en enige ander uitspraak wat enige bevolkings- of kulturele groep verkleineer of beledig. Kommentaar met kru of onvanpaste taal of enige vorm van haatspraak sal verwyder word. Gebruikers wat hulle skuldig maak aan haatspraak se gebruikersrekeninge kan gekanselleer word.

– Telefoonnommers, e-pos-addresse en ander privaat inligting sal verwyder word.

– Kommentaar wat skakels bevat na onvanpaste inhoud sal verwyder word. Skakels na persoonlike blogs wat wel verband hou met artikels is toelaatbaar.

Nuus24 onderneem om soos altyd kommentaar wat gerapporteer word binne 12 uur na te gaan. Ons behou egter die reg voor om kommentaar wat gerapporteer is wat wél aan ons kommentaarbeleid voldoen, nie te verwyder nie.

Lesers wat ons kommentaarbeleid herhaaldelik verontagsaam se gebruikersrekeninge sal verwyder word, en hulle sal nie meer in staat wees om kommentaar te lewer nie.

Indien jy enige vrae of voorstelle het, stuur dit aan ons by terugvoer@nuus24.com.

Beoordeel hierdie artikel:

binne nuus24

Nuutste Jou Storie-kommentaar

Hoppies sê... Politici beheer enige land (demokraties of komunisties). Ons leef gelukkig in 'n demokratiese land waar die politici demokraties verkies word en in die meerderheid se beste belange moet optree. So ja, indien hulle dit in die belange van ons kiesers vind om 'n Franchise in die Oos-Kaap oop te maak laat dit so wees.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

MERCEDES-BENZ

C 180 Classic AT
2000
R 109,300.00

FORD

Ranger 1800 SWB XL
2002
R 59,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.