Nuus24-lesers deel hul mening oor KwaZulu-Natalse skole wat sal begin kyk hoe kondome aan leerlinge verskaf kan word...
Stefan Botha: “Toe ek nog op skool was, as ek dit sou durf waag om van seks te praat dan het my pa my gebliksem. Nee, dit gaan nie werk nie. Ouers moet hul kinders reg opvoed.”
Hugo-mari Van den Heever: “Ek dink nie dit gaan werk nie. Selfs al versprei hul die kondome is daar net daardie "eenkeer" wat die man/seun nie die ding gaan aansit nie en dan is die meisie swanger. Ek dink wat beter gaan werk is om die meisies te leer om NEE te sê en vir die seuns leer om nie "advantage" van ’n meisie te vat nie. En ja, die ouers moet geleer word om hul kinders reg op te voed.”
Surita Du Preez Swanepoel: “Kondome gaan nie help nie. Die land is al klaar te oorvol. Maak dan maar soos in China, 1 kind. Steriliseer die kinders wat klaar 'n kind gehad het.”
Charmaine Burger Vd Heever: “Hulle hits die kinders aan. Wat gaan van ons kids word?”
Danie Janse van Rensburg: “Is die skool nie daar om te leer nie of gaan dit nou die baba-fabriek word!!!”
Sarah Pretorius: “Vat liewer die grant geld weg, hulle kry babas ter wille van die grant, vir geen ander rede nie, kinders word van kleins af oor "safe sex" geleer in die skool.”
Adel Beukes: “Ek dink nie die kondome ding gaan werk nie kids luister nie en worry ook nie. Daar moet meer streng in die skole opgetree word en ouers moet hulle kids dissipline leer.”
Johan Botha: “As dinge so aangaan gaan die onderwysers eersdaags van seks geleer word deur die kinders... Dit sal altyd ’n tammeletjie wees of ons daarvan hou of nie, die jonges wil eksperimentee.r... Sterkte vir die ouers en onderwysers wat direk geraak word! Hou die gulpies toe...”
Christa Van Zyl: “Aangesien die skole dink dis beter om seks met kondome aan te wakker om swangerskappe te voorkom, moet hul tog maar 'n seks periode ook instel om verkragtings te voorkom.”
Juliana Koen: “Ja help nie ons maak ons oë toe nie... Seks gebeur, alledaags... Probeer eerder swangerskappe keer...”
Annalise Farrow: “Nou gaan daar eers seks wees. Kondome gee? Hoekom nie onderrig gee?”
Charl Henning: “Kondome is die defenisie van jy kan maar seks hê my kind, moenie worry nie, daar is nie iets soos swangerskappe, vigs, crabs, ens. nie.”
GESELS SAAM: Dink jy die uitdeel van kondome bevorder seks onder jongmense? Sal die verskaffing van kondome swangerskappe verminder?
Laai jou mening hier of e-pos dit aan ons.
Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.