Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
LET WEL:

MyNuus24 is 'n afdeling vir gebruikersgegenereerde inhoud op Nuus24. Die afdeling se stories word deur lesers verskaf.

 
Oupa Teddie
 
Menings: 1
Artikels gelees: 209
 
 
Jongste kentekens:
 
 

‘Net twee bakstene en ‘n bietjie groot’

28 December 2012, 11:57  - Oupa Teddie

Ek was vandag nogeens in die groot winkelsentrum hier in ons dorp. Partykeer wonder ek of ek in ‘n wêreld vol reuse lewe. Want oral waar ek heen beweeg is daar net sulke vreeslike groot mense en diere.

Laat ek my voorstel. Ek heet Duppie de Korte en ek is drie jaar oud. Ek is net twee bakstene en ‘n munststuk hoog of sê mens lank. Ek is nog in die “groei stadium” van my lewe en sal hopenlik een dag ook solank word soos omtrent al die ander grootmense of is dit reuse. Op hierdie stadium lewe ek maar voort in ‘n reuse wêreld.

Dit is dae soos vandag wat ek graag plekke met my Ma wil omruil. “Hoekom”, sou jy my dalk vra, “dis mos lekker om ‘n kind te wees. Jy het mos geen probleme of stres nie”.

Wel, laat ek jou so bietjie inlig rondom my huidige situasie. Ek is nog nie ‘n meter hoog nie so kom dan daal jy wat grootmens is af na my hoogte toe. Kom sit hier neffens my op die grond. Dan is ons omtrent ewe groot of hoog. Kom, kom sit… Daar’s hy.

Nou kyk bietjie om jou heen en vertel my wat jy sien. Kom dat ek jou so bietjie help om dit neer te pen.

Ek sien hier langs ons ‘n paar vuil skurwe voete met toonnaels wat smag na ‘n bietjie aandag. Ek is oortuig dat as hul eienaar net die naellak wat nog nie afgeskilfer het nie afhaal, sal hulle klaar beter lyk. Die paar plakkies is ook nie ver van weggooi status nie. Kyk, sien jy die skurwe hakke aan die paar voete wat daar anderkant staan. Sjoe die krake in die hakke is amper so diep soos die leivore in ons dorp en dan is hulle nie eens in enigiets wat soos skoeisel lyk nie. Ai en jy sal seker genoeg vullis onder die naels kan uitkrap om die asblik by die huis byna te vul. Kan jy dit sien daar waar jy tot op my vlak gedaal het?

Nou draai bietjie om en kyk agter ons. Wat sien jy? Is dit nie ‘n pragtige gesiggie wat daar op die skouers van die babatjie in die stootwaentjie pryk nie? Kyk hoe vriendelik glimlag sy. Ek is oortuig dat sy nie lank gelede hier aangekom het nie. Sy is nog te ontspanne en vriendelik daarvoor. Wag nog net so ‘n tydjie dan sal jy sien hoe haar gemoed verander.

Nou my liewe maatjie hier op die grond saam met my, wat dink jy van die klere wat die mense dra? Wat bedoel ek? O, jy sien nie veel nie. Maar wat sien jy? Ek verstaan, ja, jy sien eintlik net die broekspype of die roksome as dit nie knie knoppe is nie. Die enigste klere wat jy werklik sien is die ander kinders, dwergies of babas in stootkarretjies. Nou sien jy, my maatjie hier op grondvlak, ons kort mensies sien nie rêrig baie opwindende dinge raak nie. Ons lewens is maar bietjie valerig hier vanuit die onderste gestoeltes. Nou, aangesien ons dan nie ‘n vreeslike opwindende dag hier beleef nie, kom ons gaan kyk of die winkels iets beter aanbied.

Dit is hier waar ek redelik onopsigtelik saam met my nuutgevonde maatjie wegsluip om die res van die winkelsentrum te gaan verken. Ons eerste stop is die supermark met al sy mooi liggies en baie rakke. Ons baan ons weg na die rak waar al die lekkergoed uitgestal word. Dis net hier waar die groot ontnugtering my en ook my nuwe maatjie tref.

Moenie vergeet dat my maatjie eintlik ‘n grootmens is nie, maar nou op sy agterstewe op die grond sit sodat hy die lewe naby grondvlak kan meemaak. So sit hy dan langs my en verwonder hom aan die mooi lekkergoed wat so pragtig en met groot sorg deur die personeel uitgepak is. Wel hy probeer ook om die mooistes raak te sien toe ons naby die rak kom. Hier waar ons nou sit/ staan sien ons net pakkies lekkers wat nie so kleurvol is soos daardie wat ons van ver af gesien het nie. Is dit alweer ‘n geval van waar die mooi uitstallings net vir die grootmense se voordeel gepak is?

Goed, ons besluit toe maar om na die koelkaste te gaan en daar te gaan kyk. So gesê, stap ek en my maatjie na die koelkaste toe. Ai ek met my twee baksteen lengte, moet ook soveel meer treë gee as die grootmense. Daar aangekom, wat dink jy kry ons te sien... Die wit sykante van die koelkaste. Niks van die aanloklike roomyse en goeters nie.

Terwyl ons nog so staan en wonder waarheen ons nou kan loop om te gaan kyk waaroor almal by die huis so oor kan uitwei en vreeslik gesels oor wat hulle by die winkelsentrum gesien het, kom daar ‘n man en hy kyk ons vreeslik snaaks aan. Moenie vergeet nie, ek is net twee bakstene en ‘n bietjie groot en my maatjie wat ‘n grootmens is, sit langs my op die grond. Hy vra toe so met ‘n frons op sy gesig wat my naam is. “Duppie de Korte”, antwoord ewe kordaat.

Sy frons verdiep en hy kyk my maatjie bietjie snaaks aan, so al asof hy nie mooi kan verstaan wat maak die grootmens dan op die vloer nie. Op daardie oomblik verskyn my ma om die hoek van die koelkas en ek kry sommer dadelik daardie gevoel dat ek nou in die moeilikheid is. Langs haar staan ‘n vrou en sy lyk vir my eerder erg bekommerd as kwaad. Hierdie vrou kom dadelik na my maatjie geloop en neem sy hande om hom op sy voete te help. Ek merk dat sy trane in haar oë het. Ek vra toe hoekom sy dan so hartseer is. Sy kyk my aan en sit haar hand op my kop en sê: “Ai my kindjie, ek is so bly dat jy saam met Francois is en dat julle nie weg is nie”.

Ek is nie seker hoekom sy so iets sê nie. Toe is my ma ook by my en tel my op. In plaas daarvan dat sy met my raas, gee sy my ‘n drukkie. Ek verstaan nie mooi wat aangaan nie. By hierdie tyd het daar al ‘n klomp mense om ons vergader.

Ek sien dat my maatjie saam met sy ma aanstap. My ma begin om vir my te vertel dat die maatjie van my nie ‘n normale man is nie. Hy is siek en kan nie mooi dink of praat nie. Ek wil nog probeer om vir haar te vertel wat ons hier kom maak het, maar sy het my alweer neer gesit, my hand geneem en begin aangestap. Ek moet amper hardloop om by te bly.

Nou wonder ek net of, wanneer sy vanaand vir my pa gaan vertel van alles wat sy vandag gesien het, sy my ook gaan vra wat ek gesien het. Dis dan wanneer ek vir haar wil vertel dat sy net eendag na my hoogte moet daal en sien waarna ek heeltyd moet kyk wanneer ek saam winkelsentrum toe kom. Dalk sal sy besef hoe niks lekker dit is om winkelsentrum toe te gaan nie, en hoekom ek so moeilik kan raak. Al wat ek tog kan sien is mense se knieë, vuil of onversorgde voete, die onaantreklike dele van winkel rakke en die sykante van koelkaste.

Terloops daar is nog iets wat my grensloos irriteer... Ek haat dit as al wat leef my aan die ore gryp of my wang knyp en verklaar dat ek pragtige ore of wange het. As dit so aangaan is ek oortuig dat ek ‘n kompleks oor myself gaan ontwikkel.

Los hulle uit, ek dink by die tyd besef ek dat ek mooi ore het asook die die pragtigste wange. Ek het sekerlik nie nodig dat almal wat my sien dit moet herhaal nie.

Al wat ek julle klomp grootmense vra is om aan ons kort mensies te dink wanneer julle so heeldag in winkelsentrums rondloop. Ons kan nie alles wat julle sien uit dieselfde oogmerk waarneem nie. Neem ons situasie in ag en ons sal nie moeilik wees as ons saam met julle gaan nie…

- Hierdie is een van Oupa Teddie se jongste blogs.

 

Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.
 
Share Print

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Lees meer van ons Gebruikers

Gelaai deur
Elmarie Badenhorst
Kinders het te veel regte

As kinders minder regte het en meer pak kry sal skole baie meer gedissiplineerd wees, skryf ’n leser. Lees meer...

6 menings 138 keer gelees
Gelaai deur
Vlam
Die jaloerse kêrel

Marie het ’n probleem... Sy sit met ’n kêrel wat baie jaloers is. Nou wend sy haarself tot dr. Eva vir raad... Lees meer...

4 menings 571 keer gelees
Gelaai deur
Barend
Die voortslepende drama

Corlea Botha gaan nog baie sukses beleef omdat sy ekstra moeite doen om haar musiek interessant te maak, skryf ’n leser. Lees meer...

2 menings 753 keer gelees
Gelaai deur
Tanya Jordaan
Laat geregtigheid geskied

Geen onskuldige man moet boet vir ’n daad van ander nie, maar so ook moet geen moordenaar en verkragter los kom deur swak ondersoek nie, skryf ’n leser.  Lees meer...

1 menings 185 keer gelees
Gelaai deur
Johan Jacobs
‘Bring die lat terug’

’n Pakslae in skool is soos die dood straf. Toe dit weg val toe is die kinders baas met hul eie regte, meen ’n Nuus24-leser.  Lees meer...

18 menings 415 keer gelees
Gelaai deur
Fanie.Os.Oppie.Jas
Oor die tekens van die tyd

Daar kom ‘n tyd in elke mens se lewe dat hy moet erken dat die tekens van die tyd deeglik sigbaar is... Lees meer...

9 menings 1076 keer gelees

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Management Accountant

Sandton
Communicate Cape Town IT
R450000 - R500000

Management accountant

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Management Accountant

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!
 

dienste

Nuusbriewe Kies wat jy wil hê

RSS Nuus eenvoudig afgelewer

Blogs Jou opinie oor alles en almal.

Selfoon Nuus24 op jou selfoon

Oor Ons Ontmoet Nuus24 se span

Nuus24 op jou iPhone Kry Nuus24-inhoud op jou iPhone.

 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.