Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
LET WEL:

MyNuus24 is 'n afdeling vir gebruikersgegenereerde inhoud op Nuus24. Die afdeling se stories word deur lesers verskaf.

 
Barend
 
Menings: 13
Artikels gelees: 513
 
 
Jongste kentekens:
 
 

Moet jy die hele Bybel as norm gebruik?

12 November 2012, 15:17  - Barend

Dit is vir my teleurstellend dat ’n belangrike geestelike leier soos Kenneth Meshoe, ’n prediker in eie reg, homself en sy party beywer vir die behoud van Kersfees.

Ja, dit is nou weer amper Kersfees. Dit gaan in ons keelgatte afgedruk word of jy daarvan hou of nie. Hierdie ‘heidense’ Roomse-fees, waaraan die geboorte van Jesus eers veel later toegedig was, word gekenmerk aan vele praktyke wat weinig tot niks met die Christelike heilige geskrifte, wat kollektief as ‘die Bybel’ bekendstaan, te doen het nie.

Selfs die afbeeldings van Jesus se geboorte (afbeeldings wat eintlik verbode is ingevolge die 10 gebooie) bevat dikwels misleiding, soos byvoorbeeld die beweerde ‘3 wyse manne’.

Kersfees is natuurlik die tyd wat baie mense herinner word aan hoe arm hulle is. Net anderdag is daar op die TV-nuus gemaan dat mense liefs nie geld moet spandeer hierdie Kersfees nie. Maar baie gaan hulle nie hieraan steur nie. Want elke ouer wil sy kindjie ‘spoil’. Want almal doen dit mos. En ons moet mos soos almal wees.

Dit is ook die tyd waarin baie mense herinner word dat hulle eensaam in die wêreld is. Dat hulle nie regtig êrens inpas nie en ook nie vriende het nie. Dat hulle uiteindelik alleen en vervreem is en dat daar niemand meer eintlik op aarde is wat vir hulle omgee of selfs aan hulle dink nie. Dit is ’n tyd waarin derduisende eensame oumense in eensaamheid vergaan. Dit is geen wonder nie dat daar so baie selfmoord in hierdie tye is nie.

Want Kersfees is vir baie mense die heel grootste herinnering dat hulle uiteindelik alleen in die wêreld is...

Daar is nie een enkele plek in die Bybel waar Christene die opdrag gegee word om Jesus se verjaarsdag te vier nie. Maar daar is ’n baie ou ironie aan die Bybel, en hoe ons as Christene met hom omgaan, en dit is dat ons kies wat ons wil glo en wat nie.

Dit is soos ’n navorser wat vooraf besluit wat die resultate van sy/ haar ondersoek moet wees, en dan bloot toepaslike bewyse gaan soek.

Ek het nou die boek An introduction to the Bible van J.W. Roggerson gelees. Dit was ’n ongelooflike ervaring. In sy boek maak Rogerson ook hierdie punt – dat mense die Bybel selektief lees. Ons tel die Bybel op en ons haal daaruit net wat ons wil. As ons nie van gays hou nie, kan ons die Bybel gebruik vir diskriminasie. As ons van apartheid hou, dan is daar gedeeltes wat ons kan gebruik om dit te regverdig. As ons vroue as benede mans beskou, dan sleep ons die Bybel nader.

En die waarheid, en die werklikheid, so lyk dit my, is uiteindelik maar net iets wat onderhandel word. Ek het so lekker gesels met my een kollega die anderdag oor hierdie saak. Ek is nou totaal oortuig hiervan – die ‘werklikheid’ is beslis nie staties nie. As jy genoeg mense kan oortuig dat groen eintlik rooi is, dan sal groen uiteindelik rooi word.

Ek dink ons moet baie meer leer oor presies hoe om die Bybel te gebruik. Dit is die een ding wat ek oor en oor besef het toe ek Rogerson se boek gelees het. Dit is als goed en wel dat hier het jy nou die Bybel voor jou. Maar hoe presies moet jy dit gebruik? Moet jy die norme van die antieke wêreld presies net so as rigtingwysers in jou eie lewe gebruik?

Moet jy die hele Bybel as norm gebruik? Of net sekere gedeeltes, soos wat die moderne kerk vandag doen?

Dit is duidelik dat Rogerson in sy boek ’n lees van die Bybel bepleit wat wegbeweeg van die fundamentalisme. Hier is die besondere paragraaf waarmee hy eindig:

“The most profound use that can be made of the Bible is not to treat it as a law book, but to seek to hear and act in accordance with its prophetic voice, a prophetic voice that is disturbing and unconventional, and which can never be content with the world as it is.” (p. 188)

Hierdie is een van Barend se jongste blogs.

GESELS SAAM: Vier jy Kersfees? Laai jou mening hier.
 

Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.
 
Share Print

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
13 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Lees meer van ons Gebruikers

Gelaai deur
Elmarie Badenhorst
Kinders het te veel regte

As kinders minder regte het en meer pak kry sal skole baie meer gedissiplineerd wees, skryf ’n leser. Lees meer...

5 menings 114 keer gelees
Gelaai deur
Vlam
Die jaloerse kêrel

Marie het ’n probleem... Sy sit met ’n kêrel wat baie jaloers is. Nou wend sy haarself tot dr. Eva vir raad... Lees meer...

4 menings 558 keer gelees
Gelaai deur
Barend
Die voortslepende drama

Corlea Botha gaan nog baie sukses beleef omdat sy ekstra moeite doen om haar musiek interessant te maak, skryf ’n leser. Lees meer...

2 menings 739 keer gelees
Gelaai deur
Tanya Jordaan
Laat geregtigheid geskied

Geen onskuldige man moet boet vir ’n daad van ander nie, maar so ook moet geen moordenaar en verkragter los kom deur swak ondersoek nie, skryf ’n leser.  Lees meer...

1 menings 183 keer gelees
Gelaai deur
Johan Jacobs
‘Bring die lat terug’

’n Pakslae in skool is soos die dood straf. Toe dit weg val toe is die kinders baas met hul eie regte, meen ’n Nuus24-leser.  Lees meer...

18 menings 413 keer gelees
Gelaai deur
Fanie.Os.Oppie.Jas
Oor die tekens van die tyd

Daar kom ‘n tyd in elke mens se lewe dat hy moet erken dat die tekens van die tyd deeglik sigbaar is... Lees meer...

9 menings 1069 keer gelees

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Cost Accountant

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Investment Associate

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Financial Accountant

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!
 

dienste

Nuusbriewe Kies wat jy wil hê

RSS Nuus eenvoudig afgelewer

Blogs Jou opinie oor alles en almal.

Selfoon Nuus24 op jou selfoon

Oor Ons Ontmoet Nuus24 se span

Nuus24 op jou iPhone Kry Nuus24-inhoud op jou iPhone.

 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.