Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
LET WEL:

MyNuus24 is 'n afdeling vir gebruikersgegenereerde inhoud op Nuus24. Die afdeling se stories word deur lesers verskaf.

 
Nuus24-lesers
 
Menings: 4
Artikels gelees: 242
 
 
Jongste kentekens:
 
 

Menings verskil oor verspreiding van kondome

05 October 2012, 13:16  - Nuus24-lesers

Nuus24 het lesers op hule Facebook-blad gevra hoe hulle voel oor die moontlikheid dat kondome by skole versprei kan word...

Lizel Koen Bezuidenhout: “Dit is verregaande! Nee o hel dit is nou...dit is reg my kind jy mag voorhuwelikse seks hê, ons tref voorsorg. As elke ouer net die moeite doen dat hul kinders verstaan dit is nie lelik nie en ook nie sonde nie, maar daar is 'n baie goeie rede hoekom ons Vader wou hê dit moet binne die huwelik gebeur. Dit is iets mooi tussen mense wat werklik lief is vir mekaar en nie net as "wellus" die oorhand neem nie. Die jeug van vandag is reeds verward, maar hou so aan, ons maak ons kinders hopeloos te vinnig groot!”

Ina Vrettas: “Mense, kinders mag al op 12 aborsies laat doen sonder hul ouers se toestemming. Laat die skole asseblief die goed uitdeel waar ’n behoefte is en waar ouers hul kinders aan hul eie lot oorlaat.”

Margret van Sandwyk: “Realiteite. Waar daar hormone is gaan daar SEKS wees! Ons almal was jonk en super lustig! Met kondome makliker beskikbaar sal daar verseker minder swanger tieners wees! Die verband met beskikbaarheid van kondome en seks hang van die mensie af, ten minste kan hul dan beskerm wees teen geslagssiektes en ongewenste swangerskap! Wonderlik vir die tieners wat hul maagdelikheid wil behou, realisties is dit maar 'n druppel in die emmer wat dit wel sal doen!”

Sean O'Brien Snr: “Dit is absoluut verregaande! Kommunistiese doktrine wat voorskryf om die jeug te korrup en morele en godsdienstige waardes af te breek! Divide and conquer! En guess what, hulle kry dit reg, want ons wat eens 'n Godvresende nasie was kan nie eers saamstaan teen Mammon nie!”

Esmarie Smith: “Wel hulle doen dit in elk geval, dit maak dit darem so bietjie veiliger as hulle ten minste beskerming het van seksueel oordraagbare siektes en swangerskap. Gesels maar met oopkop tieners en julle sal geskok wees hoe dit deesdae regtig in die skole gaan. Daar is geen vergelyking met hoe dit in ons dae was nie. Al wat ek kan sê; DIS WOES!”

Thinus Lotz: “Die land gaan word soos Amerika, met miljoene wat nie matriek behaal nie en net soveel tienerswangerskappe het. Ja die land raak soos Sodom en Gamora, ons brand net op ’n ander manier."

Delene Pienaar: “Die realiteit is 80% van tieners is seksueel aktief! Al maak ons wat, dit gaan NIE verander nie! Die enigste rede hoekom ek die verspreiding van kondome voorstaan, is om 'n bevolkingsontploffing te voorkom! Hierdie land kan nie meer ellende en armoede hanteer nie!”

Philippa Hayes-Render: “As Christen, nee, voed kinders op met Christelike waardes en sedelike normes! Realisties gekyk na die jeug – hulle is verby die fase van Sondagskool-praatjies oor bytjies en blommetjies! Dus, waar trek jy die lyn? Seksueel oordraagbare siektes, ongewenste swangerskappe, trauma van aborsies of kinders wat in die wêreld gebring word om verwaarloos te word? Ongelukkig voel nie alle ouers soos ons Christene rakende die sakie nie.”

Wilma Crous: “Ek het onlangs met tieners 'n gesprek gehad... my mond het oopgehang. Dit help nie ons "voel" dis verkeerd en nee nie – hulle gaan eksperimenteer en dit doen, of ons dit goedkeur of nie. Ek sal liewer dat hulle dit versprei, want die kinders is doenig... Liewer dit as sonder dit. Voel ook dwelmtoetse moet gereeld gedoen word. Kinders van vandag is wild, ongedissiplineerd en hulle het geen dryf nie. Wil nie werk nie, nog minder studeer. As jou kinders nie so is nie – bid en dank die Here daarvoor en om hulle daar te hou, want die meeste kinders het hul pad reeds verloor.”

Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.
 
Share Print

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Lees meer van ons Gebruikers

Gelaai deur
Wouter Willemse
Waar is julle trots?

Halfkaal foto's, danse en bier. Hoe ver sal studente gaan om die beste te wees en weet ouers wat hul kinders doen? ’n Leser deel sy mening. Lees meer...

3 menings 249 keer gelees
Gelaai deur
Simon Riekert
Die Springbokke speel vir almal

Daar is verskeie tipes rugbyondersteuners, maar die Springbokke speel vir almal, skryf 'n Nuus24-leser. Lees meer...

2 menings 117 keer gelees
Gelaai deur
ChrisAkkedis
Is jy ‘n internet trol?

‘n Internet trol ‘n wrede en kwaadwillige gebruiker wat 'n aanlyn-gemeenskap besmet met haat en verdeeldheid, skryf ’n leser. Lees meer...

48 menings 487 keer gelees
Gelaai deur
pieterpompies
Ons is ’n kwesbare spesie

Ten spyte van ons eie subjektiewe opinie oor ons self, is ons maar uiters gemiddeld wat vermoëns betref...  Lees meer...

16 menings 234 keer gelees
Gelaai deur
Wouter Willemse
Kommentaar of commin-taar?

Kommentaar is die geleentheid om standpunt te deel en jou insig te toon, nie om ander aan te val nie... Lees meer...

7 menings 226 keer gelees
Gelaai deur
JanGreen
’n Ope brief aan alle ongelowiges

Lees hier ’n Nuus24-gebruiker se ope brief aan alle ongelowiges... Lees meer...

119 menings 2252 keer gelees

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!
 

dienste

Nuusbriewe Kies wat jy wil hê

RSS Nuus eenvoudig afgelewer

Blogs Jou opinie oor alles en almal.

Selfoon Nuus24 op jou selfoon

Oor Ons Ontmoet Nuus24 se span

Nuus24 op jou iPhone Kry Nuus24-inhoud op jou iPhone.

 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.